KONTAK Antwoordgids 1 Die spreker wil weer kontak

  • Slides: 4
Download presentation
KONTAK Antwoordgids

KONTAK Antwoordgids

1. Die spreker wil weer kontak maak met iemand. Hy sukkel om met skrif

1. Die spreker wil weer kontak maak met iemand. Hy sukkel om met skrif en klank kontak met sy geliefde te maak. Hy gebruik dan ‘n duif. (2) 2. Die simkaart is gekrap en die battery is pap. (2) 3. Sy pen is krom en sy vingers is dom. Hy sukkel om te sê wat hy graag wil sê. (2) 4. Dit het in die niet verdamp, dit het verdwyn. (2) 5. Hy wou sy hart se hoeke uitwas. (1) 6. Hy wil sy hart skoonmaak deur alles te noem wat hom pla. Hy wil nie hê dat daar iets tussen hulle moet wees nie. Dan kan hulle “skoon” begin. (2) 7. ‘n Hart het nie regtig hoeke nie. Hy bedoel sy hele hart, elke hoekie en kantjie, net soos jy ‘n kamer vol stof en spinnerakke sal uitvee. (Die “hoeke” sluit ook aan by die “woorde” wat nie in die “koevert” pas nie. ) (4) 8. ‘n Selfoon en ‘n brief (2)

9. “toe” (1) 10. Hy wag, hoop en bid (3) 11. ‘n Takkie in

9. “toe” (1) 10. Hy wag, hoop en bid (3) 11. ‘n Takkie in die duif se bek. Dit takkie simboliseer hoop en die duif simboliseer vrede. (1) 12. ‘n Kwatryn (1) 13. ‘n Verlangende verteltrant. ‘n Gemaklike verteltrant. (1) 14. ‘n Simbool van hoop. (1) 15. Die duif is ‘n simbool van vrede. (1) 16. Hy bel haar nie en het baie verskonings hoekom hy nie kontak kan maak nie. Hy stuur ‘n duif (dalk die gedig? ), want die duif is minder persoonlik as om te skryf of te praat. Hy hoef haar nie te konfronteer nie. (2) 17. Die boodskap het verdwyn, dit het nie by die ander persoon uitgekom nie (1) 18. Die “skrif” verteenwoordig die brief en die “klank” verteenwoordig die selfoon (2)

19. Bybelse verhaal: Dit het 40 dae en 40 nagte gereën terwyl Noag, sy

19. Bybelse verhaal: Dit het 40 dae en 40 nagte gereën terwyl Noag, sy familie en diere op die ark was. Na 40 dae het dit opgehou reën. Noag kon nie land sien nie en het ‘n duif uitgestuur om uit te vind of die water al sak. Die duif het teruggekom met ‘n takkie blare in sy bek – die water was besig om te sak, maar net die bome se punte het uitgesteek. Dit simboliseer dat daar hoop was vir Noag en almal op die ark en vrede tussen God en die mense. (4)