Jahweh se Woning n plek van rus Jahweh

  • Slides: 25
Download presentation
Jahweh se Woning – ‘n plek van rus…

Jahweh se Woning – ‘n plek van rus…

Jahweh formeer die mens – volgens Sy beeld Gen 1: 26 En God het

Jahweh formeer die mens – volgens Sy beeld Gen 1: 26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al diere wat op die aarde kruip. Gen 1: 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Jahweh sluit verbond - Abram (Abraham) Gen 17: 2 En Ek wil my verbond

Jahweh sluit verbond - Abram (Abraham) Gen 17: 2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Gen 17: 4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. Gen 17: 5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. Gen 17: 7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. Gen 17: 8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.

Jahweh neem die kinders van Israel aan Exo 6: 3 (6: 2) En Ek

Jahweh neem die kinders van Israel aan Exo 6: 3 (6: 2) En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. Exo 6: 5 (6: 4) en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink. Exo 6: 7 (6: 6) en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ‘n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.

Die kinders van Israel neem Jahweh aan Exo 19: 5 As julle dan nou

Die kinders van Israel neem Jahweh aan Exo 19: 5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. Exo 19: 6 En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel. Exo 19: 7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het. Exo 19: 8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.

Jahweh besoek - Tent van Samekoms buite die laer Exo 33: 7 En Moses

Jahweh besoek - Tent van Samekoms buite die laer Exo 33: 7 En Moses het elke keer ‘n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. Exo 33: 9 En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.

Jahweh inwonend Tabernakel en ark Exo 40: 33 Hy het ook die voorhof opgerig,

Jahweh inwonend Tabernakel en ark Exo 40: 33 Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi. Exo 40: 34 Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul, Exo 40: 35 sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.

Jahweh stel laerorde in Die Leviete (priesteramp) naby Hom Num 1: 50 maar stel

Jahweh stel laerorde in Die Leviete (priesteramp) naby Hom Num 1: 50 maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan. Num 1: 53 Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Leviete diens van die tabernakel van die Getuienis waarneem.

Jahweh verklaar Sy liefde – die beloofde land Deu 10: 11 Maar die HERE

Jahweh verklaar Sy liefde – die beloofde land Deu 10: 11 Maar die HERE het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee. Deu 10: 12 En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, Deu 10: 13 om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan? Deu 10: 15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

Jahweh woon in Silo – die beloofde land Jos 18: 1 Daarop het die

Jahweh woon in Silo – die beloofde land Jos 18: 1 Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was. Jos 18: 10 Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die HERE; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings.

Silo – Plek van rus

Silo – Plek van rus

Israel neem die ark uit Silo uit – Jahweh verlaat Israel. 1 Sa 4:

Israel neem die ark uit Silo uit – Jahweh verlaat Israel. 1 Sa 4: 3 Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van Israel: Waarom het die HERE ons vandag voor die Filistyne verslaan? Laat ons die verbondsark van die HERE uit Silo na ons toe bring, dat dit onder ons inkom en ons verlos uit die hand van ons vyande. 1 Sa 4: 4 Daarop het die manskappe na Silo gestuur, en hulle het die verbondsark van die HERE van die leërskare wat op die gérubs troon, daarvandaan gaan haal; en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, was daar by die verbondsark van God.

Jahweh verlaat Israel. Psa 78: 60 En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee,

Jahweh verlaat Israel. Psa 78: 60 En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense. Jer 7: 12 Want gaan tog na my plek wat in Silo was, waar Ek my Naam vroeër laat woon het, en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk Israel.

Israel verslaan deur Filistyne - Ark in Filistea – Jahweh het die Ark verlaat

Israel verslaan deur Filistyne - Ark in Filistea – Jahweh het die Ark verlaat 1 Sa 4: 10 Toe het die Filistyne geveg, en Israel is verslaan, sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tente toe. En die slagting was baie groot: van Israel het daar dertig duisend voetgangers geval. 1 Sa 5: 1 En die Filistyne het die ark van God geneem en dit van Ebenhaéser af na Asdod gebring. 1 Sa 5: 4 Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE; maar die hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die drumpel: net Dagon se lyf het aan hom oorgebly. 1 Sa 5: 8 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne by hulle byeen laat kom en gevra: Wat moet ons met die ark van die God van Israel doen? En dié het gesê: Laat die ark van die God van Israel oorgaan na Gat toe. 1 Sa 5: 9 En nadat hulle dit oorgebring het, was die hand van die HERE teen die stad met ‘n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het. 1 Sa 5: 10 Daarop stuur hulle die ark van God na Ekron. Maar toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekroniete geskreeu en gesê: Hulle het die ark van die God van Israel na my toe oorgebring om my en my volk dood te maak. 1 Sa 5: 11 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die ark van die God van Israel weg, dat dit na sy plek kan teruggaan en my volk nie doodmaak nie. Want daar het’n dodelike verwarring in die hele stad gekom: die hand van God was daar baie swaar.

Ark terug in Bet-Semes, weer verskuif na Kirjat. Jearim 1 Sa 6: 14 En

Ark terug in Bet-Semes, weer verskuif na Kirjat. Jearim 1 Sa 6: 14 En die wa (met die ark op) het by die land van Josua van Bet. Semes gekom en daar gaan staan; daar was ‘n groot klip, en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as ‘n brandoffer aan die HERE geoffer. 1 Sa 7: 1 Toe het die manne van Kirjat-Jeárim gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abinádab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Eleásar geheilig om die ark van die HERE te bewaak.

Dawid bring ark na Jerusalem 2 Sa 6: 16 Toe die ark van die

Dawid bring ark na Jerusalem 2 Sa 6: 16 Toe die ark van die HERE die stad (Jerusalem) van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van die HERE; en sy het hom in haar hart verag. 2 Sa 6: 17 Nadat hulle dan die ark van die HERE ingebring en dit op sy plek neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawid brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van die HERE.

Dawid wil ‘n huis vir Jahweh bou 2 Sa 7: 2 sê die koning

Dawid wil ‘n huis vir Jahweh bou 2 Sa 7: 2 sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ék woon in ‘n huis van sederhout, maar die ark van God woon binnekant ‘n tentdoek. 2 Sa 7: 6 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in ‘n tentwoning. 2 Sa 7: 12 As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig. 2 Sa 7: 13 Hy sal vir my Naam ‘n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid.

Salomo bou die tempel in Jerusalem 2 Ch 6: 41 Staan dan nou op

Salomo bou die tempel in Jerusalem 2 Ch 6: 41 Staan dan nou op na u rusplek (Silo), HERE God, U en die ark van u sterkte! Laat u priesters, HERE God, met heil bekleed wees, en laat u gunsgenote hulle verheug in die goeie. 2 Ch 7: 1 En net toe Salomo sy gebed voleindig het, het die vuur uit die hemel neergedaal en die brandoffer en die slagoffers verteer, en die heerlikheid van die HERE het die huis vervul; 2 Ch 7: 2 en die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.

Jahweh verlaat Israel alweer – Tempel word afgebreek – Israel word verstrooi Jer 7:

Jahweh verlaat Israel alweer – Tempel word afgebreek – Israel word verstrooi Jer 7: 14 daarom sal Ek aan die huis waaroor my Naam uitgeroep is, waar julle op vertrou, en aan die plek wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, doen soos Ek aan Silo gedoen het.

Die profesie van Jahshua as Silo (Plek van rus) Gen 49: 10 Die septer

Die profesie van Jahshua as Silo (Plek van rus) Gen 49: 10 Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.

Dieselfde begeerte – Dieselfde belofte Joh 14: 23 Jesus antwoord en sê vir hom:

Dieselfde begeerte – Dieselfde belofte Joh 14: 23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Ons liggame is nou die tempel 1 Co 3: 16 Weet julle nie dat

Ons liggame is nou die tempel 1 Co 3: 16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? 1 Co 3: 17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

Hemelse woning Heb 9: 11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die

Hemelse woning Heb 9: 11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, Heb 9: 12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring. Heb 9: 24 Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; 2 Co 5: 1 Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

AMEN!

AMEN!