INFORMELE BRIEF VRIENDSKAPLIKE BRIEF LEER UITKOMSTE Hoe informele
INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
LEER UITKOMSTE: • Hoe ո informele brief lyk asook die verskil tussen formeel en informeel. • Hoe om ո vriendskaplike brief te skryf: • Is die adres op die regte plek. • Is daar reёls op die regte plekke oop gelaat. • Word die brief korrek afgesluit
WAT IS DIT? • ’n Vriendskaplike brief is persoonlik, openhartig en word in ’n informele styl geskryf. • Dit is gewoonlik ’n geselsbrief wat lewendig en interessant geskryf word. • Die toon en register (taalgebruik) moet pas by die tipe verhouding wat daar tussen die skrywer en ontvanger bestaan.
• Die inleidingsparagraaf skakel die ontvanger en die skrywer met mekaar. • Die slotparagraaf vat die brief saam en gee dalk ook ’n rede waarom die ontvanger moet terugskryf. • ’n Vriendskaplike brief moet nog steeds in goeie taal geskryf word.
VOORBEELD TEKS Ontongweg 17 Jou naam verskyn nêrens nie Geen punktuasie in jou adres nie Die datum word voluit geskryf Grassy Park 7941 14 April Liewe/Beste Leka Laat reël oop Dit was nou omtrent ’n groot verrassing om weer ’n slag jou stem te kon hoor. Ek hoop dit gaan sommer gou weer gebeur. Gelukkig is daar darem nog ’n manier om met mekaar in kontak te bly – skryf! Laat reël tussen paragrawe oop Laat reël oop Benut van nou af elke geleentheid – ook om met my kontak te hou! Laat reël oop Jou boekwurm van ’n vriendin Michelle 2013
• Kyk na die prente wat volg en skep vir jouself ո storie om vir jou vriend/vriendin, ouma of oupa te vertel.
VRIENDSKAPLIKE BRIEF: KONTROLEVORM JA NEE Struktuur Is die adres regs in blokvorm? Is daar geen leestekens in die adres nie? Is die datum voluit geskryf? Is daar reëls oop tussen paragrawe? Is daar geen reël oop na die afsluitingswoord nie? Is daar geen punt na die naam aan die einde van die brief nie? Inhoud Skakel die eerste paragraaf die skrywer en die ontvanger met mekaar? Is dit ’n lekker geselsbrief?
- Slides: 7