Hulle weet ek was in hulle systems Hulle

























































- Slides: 57
“Hulle weet ek was in hulle systems. Hulle weet wat ek gedoen het. Hulle weet wie ek is. ”
Inhoud • Navorsing • Belangrike aspekte van die roman • Nuwe vrae vir vraestelle • Wat leerders my vra • Hulpmiddels • Stand van jeuglektuur
Die idee
Hoe wor d j y e e ? n e ? i W ? I n k S KUBERKRAKERS! i uid-A lr a f rika? a v e G Wat doen hulle?
Navorsing
Navorsing • Internetsoektogte • Krakerwebborde: hackers. co. za • Artikel oor Suid-Afrikaanse krakers • Die prokureur • Die kuberkrakers
Bykomende onderwerpe • Selfmoord onder tieners • Voëlgriep
Navorsing • Polisie: Kinderbeskerming • UV - Virologie • SUT - rekenaarkenner
Belangrike aspekte van die roman • Karakters • Buitestanders • Tema (Sosiale manipulasie en bevraag tekening van gesagsverhoudinge. ) • Motiewe (Onderwêrelde, rituele, rykdom en armoede, ens. )
Belangrike aspekte van die roman • Konflik • Struktuur van die roman • Boodskap
Bevraagteken jou wêreld
Vrae vir vraestelle Bespreek Onderwêreld as ’n moderne tragedie Definisie: 1. Verhaal waarin die hoofkarakter tevergeefs stry teen eie hartstog of teen die noodlot en so te gronde gaan. Treurspel. 2. Treurige voorval. 3. Smartvolle gebeure.
Vrae vir vraestelle Bespreek Onderwêreld as ’n moderne tragedie Definisie: 1. Verhaal waarin die hoofkarakter tevergeefs stry teen eie hartstog of teen die noodlot en so te gronde gaan. Treurspel. 2. Treurige voorval. 3. Smartvolle gebeure.
Vrae vir vraestelle Bespreek Onderwêreld as ’n moderne tragedie Antwoord: • Verliese: broer, kind, vriende, waardes, vryheid, persoonlikheid • Vernietiging van gesinne • Greg se ma – tragiese verhaal in die agtergrond
Vrae vir vraestelle Hoe betrek Eckardt se verdwyning vir Greg? Antwoord: • As verdagte • Blootlegger van gevaarlike ondergrondse projek
Vrae vir vraestelle Onderwêreld is ’n boek oor die bevraagtekening van dit wat jy as vanselfsprekend ervaar. Bespreek. Antwoord: • Bevraagtekening begin vir Greg wanneer Eckardt verdwyn. • Moet jy altyd gehoorsaam wees aan gesagsfigure? • Moet jy altyd die media glo?
Vrae vir vraestelle Bespreek die konsep van mag in Onderwêreld. Antwoord: • • • Die wêreld van geld. Die mag van groot korporatiewe maatskappye Mag van die polisie Mag van kuberkrakers Mag van skole
Vrae vir vraestelle Gee ’n definisie van witboordjiemisdaad en noem twee gevalle daarvan in Onderwêreld. Antwoord: • Finansieel gemotiveerde niegewelddadige misdaad deur besigheidsmense en politici. • Binnehandel • Korrupsie (omkopery van regter) • Project Nursery Rhyme
Vrae vir vraestelle Hoe is Onderwêreld anders as ander jeugromans? Antwoord: • Prof Johan Anker: Tematiese vernuwing, naamlik die jeug se betrokkenheid in die kuberwêreld.
Vrae vir vraestelle Bespreek die gebruik van simbole in Onderwêreld. Antwoord: • White hat / black hat • Lammervanger • Geboue (n. a. v. Le Corbusier se siening) • Lig en donker - Skoolwapen: Fakkel en Lux Hominum Vita (lig is die lewe van die mensdom) • 0 “If you look at zero you see nothing; but look through it and you will see the world. ” Robert Kaplan
Vrae vir vraestelle Bespreek gevalle waar ironie in Onderwêreld gebruik is. Antwoord: • • Kinderrympie word gebruik vir die bose projek Alice in Wonderland Medikasie wat lewens moet red, eis lewens Ironiese wending wanneer Eckardt onverwags aan Greg verskyn.
Vrae vir vraestelle Onderwêreld is in 2007 gepubliseer. Is die boek vandag steeds relevant? Antwoord: • • Kuberkrakery Voëlgriep Korrupsie Rykdom en armoede
Vrae vir vraestelle Vergelyk Greg en Eckardt soos ons hulle in die proloog en epiloog aantref. Antwoord: • • Ouderdom Ontnugtering Wêrelde tuimel inmekaar Die kwessie van naamgewing en identiteit kom in beide die proloog en epiloog na vore.
Vrae wat leerders my vra Wie is Neels?
Vrae wat leerders my vra Kom die pille wat John gedrink het van Plus. Ultra. Med?
Vrae wat leerders my vra Wat het in Jeffreysbaai gebeur?
Vrae wat leerders my vra Hoekom is daar ’n boek oor depressie in Eckardt se kamer?
Vrae wat leerders my vra Het die skrywer werklik alles bedoel wat die onderwyser in die boek raaklees?
Vrae wat leerders my vra Hoekom eindig Onderwêreld so?
Vrae wat leerders my vra Gaan daar nog ’n boek wees?
Hulpbronne • Prof Johan Anker - Onderwêreld as voorbeeld van die gesag- en magstryd in die jeugroman. • You. Tube-video’s – Fanie. Viljoen. Flieks • Dr Alet Mihalik se video op Litnet • Voorlesing deur Anrich Herbst – Audible (Amazon)
Studiewerkgids
Oorsig oor die stand van jeugverhale • • • Publikasielyste Kompetisies Te min boeke vir ouer tieners Te min spanningsverhale Skryfskole E-boeke en oudioboeke