HUISKAT Titel Huiskat deur Elizabeth Eybers Afwesige lidwoord
• HUISKAT Titel : Huiskat deur Elizabeth Eybers • Afwesige lidwoord in die titel maak dit universeel – nie ‘n spesiefieke kat nie. • Gedig is dus nie plek of tydgebonde nie. • Titel dui aan dat die kat tem / mak is. • Dit is dalk iemand se troeteldier
Uiterlike bou • Gedig bestaan uit twee • Die derde strofe drie strofes. bestaan uit 6 versreëls en word sestet genoem. • Strofe 1 & 2 bestaan uit 4 versreëls elk en word • Rymskema is effgge; dus kwatryne genoem. omarmde rym en paarrym. • Saam vorm hulle die oktaaf – 8 versreëls. • Gedig bestaan uit 14 versreëls – dus ‘n • Rymskema is abba, sonnet. cddc; dus omarmde rym. • Italiaanse sonnet.
Woordverklarings : • strek – om uit te rek • strak – stywe • behaaglik • luiperdlies
• fluwelig • oopgevlek – oopgestrek • buik – maag / pens • siel – gees • anoniem - onbekend
• smal – dun • skerwe – fragmente / stukkies • agaat – edelsteen • staar – om stip te kyk • driehoekige – skerp gepunte • gelaat – gesig / gevreet
• arglistig – slim en slinks • vloeibaar – loperig • lenig – slank • versadig – bevredig • veearts – dieredokter • reggemaak - geopereer
• angs – vrees • voortbring – na vore te bring • smaak – ervaar • eenselwig – alleen • teerheid – sagheid • stuit - stop
• behoedsaam – versigtig • smalend – minagtend • kronkel – slinger / meander • greep – houvas
• Reël 1 – 4 : Hier verduidelik die spreker kortlik wat die kat besig is om te doen. Sy strek haarself eers uit op haar stywe bene. Daarna buig sy om haar kies te lek. As sy daarmee klaar is, draai sy op haar rug en lê op haar rug oopgestrek sodat sy in die son kan bak.
• Reël 5 – 6 : Ons noem haar “kat” want sy is sonder siel / en anoniem. • (Die gesinslede het haar nog nie ‘n naam gegee nie en noem haar bloot net “kat”. Dit doen hulle omdat sy nie ‘n siel het nie en dus is sy anoniem. ) • Reël 6 – 7 : Smal skerwe van agaat / staar koud uit die driehoekige gelaat. • (Die pupille van haar oë lyk soos stukkies swart agaat en sy staar sonder enige emosie na haar huismense. Haar gesig lyk ook driehoekig. )
• Reël 8 : Arglistig, vloeibaar soos ‘n blink reptiel (Verdere beskrywing van die kat se houding volg nou. Sy is slinks en slim –arglistig. En haar liggaam is vloeibaar soos die van ‘n slang – blink reptiel. )
• Reël 9 : van los en lenig wees versadig • (Die kat is los en slank en tevrede daarmee. ) • Reël 9 – 11 : sy / sal nooit – die veearts het haar “reggemaak” – ekstase en angs van lewe voortbring smaak. • (Nou kom hier ‘n tipe wending in die gedig na vore. Die kat, vol trots sal nooit die vreugde en vrees van geboorte skenk, ervaar nie, want haar eienaars het haar laat regmaak by die veearts. Die spreker se simpatie vir die kat skemer hier deur.
• Reël 12 : sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit (Hoewel die kat nou alleen is en nooit ouerliefde sal kan gee nie, stop sy ook alle toenadering en teerheid vanaf haar eienaars. • Reël 13 – 14 : Ek hol my hand behoedsaam, smalend sluit / sy haar oë, kronkel by my greep verby. • (Die spreker voel jammer vir die kat en reik na haar uit deur haar rug te wil vryf. Sy is egter versigtig as sy dit doen. Die kat se reaksie is egter nie tegemoetkomend nie. Sy sluit haar oë minagtend en ontwyk die eienaar se streling.
Verstegniese Aspekte • Metafoor word aangetref in “luiperdlies”. • Personifikasie kom voor in “dat die keel en bors en buik die son kan suig” • Polisindeton in reël 4 in “die keel en bors en buik” • Alliterasie in “bors en buik” / “son kan suig” • Vergelyking word gevind in “vloeibaar soos ‘n blink reptiel” • Die paradoks is opgesluit in die woord “reggemaak” • Parentese in reël 10 : word ingelei deur die aandagstreep en eindig weer daarmee. • Antitese kom voor in “ekstase en angs”.
- Slides: 14