Hooglied vir die verlede Ronel Nel Die digter

  • Slides: 15
Download presentation
[Hooglied vir die verlede] – Ronel Nel

[Hooglied vir die verlede] – Ronel Nel

 • Die digter skryf oor die verlies van ’n geliefde. • Omdat dit

• Die digter skryf oor die verlies van ’n geliefde. • Omdat dit ʼn loflied vir die verlede is, kan ’n mens aflei dat die verhouding verby is; dat sy dus terugdink aan hom en hulle verhouding en aan wat hy vir haar beteken het. • Positiewe en negatiewe kenmerke word uitgelig. • Kom egter in die slotreëls tot die besef dat hy nie net die begin of die einde was nie, maar veral die ”tussenin”. Dit wat gedurende die verhouding gebeur het, is steeds haar ”toevlug en psalm”. • Gedigteks is hoofsaaklik in die teenwoordige tyd; die eerste drie reëls is in die verlede tyd – soos ook die titel. Op ’n manier is die geliefde dus nog teenwoordig in die gees en die intellektuele dinge wat hulle gedeel het.

 • Die titel gee die sleutel tot die betekenis – Hooglied is ’n

• Die titel gee die sleutel tot die betekenis – Hooglied is ’n Bybelboek wat liefdesgedigte bevat. • Dit is ”vir die verlede” – dus ’n agternaperspektief – besef die geliefde is ook in die hede (”nou” ”hier”) teenwoordig. • Atmosfeer/stemming van die gedig is dié van hartseer.

1 my beminde had 'n groot kop vol groot woorde wat kort word (oo

1 my beminde had 'n groot kop vol groot woorde wat kort word (oo teenoor o = tipografie) 2 my beminde had breë hande wat 'n hart so sag hou dat dit breek 3 my beminde het vir die boland gestoei en oplaas teen 'n halfblinde opgegee en 4 leeggebloei • Enumerasie/opnoemtegniek in eerste reëls • Woordspeling kan op negatiewe kenmerke vd beminde dui.

5 my beminde lag en die see spoel hy kwispel met sy tong hy

5 my beminde lag en die see spoel hy kwispel met sy tong hy wag metafoor 6 my beminde is bang vir die lewe wat minder word bang vir die ouderdom 7 my beminde is my huis is bos is wêreld is nou is hier

8 9 hy is hooglied hy is wittgenstein hy is bed metafore hy is

8 9 hy is hooglied hy is wittgenstein hy is bed metafore hy is milton hy is luther hy is skuil hy is huil is veral huil 10 hy is uilhuis hy is stephanus hy is martelaar minnaar hy is woord. • hy is huil is veral huil = abstakte begrippe word deur herhaling en tipografie beklemtoon • Tipografiese breuke word gebruik in die plek van leestekens; sodoende word wlke woord/woorddeel afsonderlik beklemtoon

Ludwig Wittgenstein John Milton Martin Luther Oostenrykse filosoof Engelse digter/skrywer Duitse monnik - Christendom

Ludwig Wittgenstein John Milton Martin Luther Oostenrykse filosoof Engelse digter/skrywer Duitse monnik - Christendom

 • John Milton (1608 -1674) – Engelse skrywer, digter en staatsamptenaar. Taalfilosoof •

• John Milton (1608 -1674) – Engelse skrywer, digter en staatsamptenaar. Taalfilosoof • Martin Luther (1483 -1546) – Duitse monnik en Rooms. Katolieke priester – grondlegger van die Prostestantse beweging van die Christendom. Bybelvertaling. • Ludwig Wittgenstein (1889 -1951) – Oostenrykse filosoof.

Uilehuis – Nieu Bethesda / Graaff-Reinet

Uilehuis – Nieu Bethesda / Graaff-Reinet

 • Die Uilhuis is ʼn museum in die Karoodorp Nieu-betesda, 50 km noord

• Die Uilhuis is ʼn museum in die Karoodorp Nieu-betesda, 50 km noord van Graaf-Reinet. • Helen Martins het die huis van haar ouers geërf. Sy het die huis met sement, glas en draad begin versier. Sy het later beelde begin bou. Koos Malgas het vir haar begin werk en haar gehelp om die beelde van uile, kamele en mense op te tower. Al die jare se werk met gebreekte glas het Helen se oë aangetas en sy het begin blind word. Sy het in 1976 haar eie lewe beëindig.

Stefanus - steniging Stefanus was volgens oorlewering die eerste martelaar in die Christendom

Stefanus - steniging Stefanus was volgens oorlewering die eerste martelaar in die Christendom

11 hy is die begin die einde 12 en veral die tussenin my toevlug

11 hy is die begin die einde 12 en veral die tussenin my toevlug en psalm my plek van rus 13 my oord • Semantiese woorde beklemtoon wat hy vir haar beteken het: nie net aan die begin en die einde nie, maar veral tussenin • Tydperke word beklemtoon

 • Vrye vers = geen vaste rymskema, geen hoofletters en punktuasie (leestekens) ontbreek.

• Vrye vers = geen vaste rymskema, geen hoofletters en punktuasie (leestekens) ontbreek. • Slegs een leesteken =. wat dit laat lyk of die gedig daar eindig, maar dan kom die insig daarna: haar beminde is die tussenin en is steeds haar toevlugsoord. • Gedig is tog liries van aard wat aansluit by ”hooglied” wat na ’n loflied verwys.