HOOFSTUK 2 : EENHEID 1 : VEILIGHEID IN LIGGAAMLIKE OPVOEDING
SLEUTELWOORDE • VEILIGHEID: beskerming van jou welstand • OPWARMING: 5 -10 minute van ligte oefeninge en strekke te doen om jou bloed te laat sirkuleer en jou liggaam vir oefening voor te berei. • AFKOELING: ligte oefeninge om jou hartklop te laat verminder en jou liggaam terug te bring tot sy rustende staat na oefening. • FIKSHEIDSKOMPONENTE: kardiovaskulêre uithouvermoë, spierkrag en soepelheid.
VEILIGHEID IN LIGGAAMLIKE OEFENING: • 1. 1. Kleredrag: dra los gemaklike klere, moet nie ‘n stywe gordel aantrek nie. Moet nie klere dra wat te styf span nie en dra altyd ‘n hoed. • 1. 2. Skoene: dra gemaklike skoene met veters wat vas is. ( nie hakskoene of sandale nie. ). Dra ook kouse om blasé te voorkom. • 1. 3. Oppervlak: verwyder skerp voorwerpe van die oppervlak en maak seker die aktiwiteit is gepas vir die oppervlak. Passop vir gate as jy op gras oefen.
• 1. 4. Spasiëring: staan vêr genoeg van die ander persoon af sodat julle nie bots nie. Gebruik die spasie wat beskikbaar is. • 1. 5. Instruksies: luister na die instruksies wat deur ‘n afrigter of ‘n onderwyser gegee word sodat beserings vermy kan word. • 1. 6. Padveiligheid: dra helder klere, draf altyd in die rigting van aankomende verkeer, draf op die sypadjie, draf agtermekaar en nie langs mekaar nie. • 1. 7. Moet nie oefen as jy siek is nie, • 1. 8. Ontwatering: drink genoeg water sodat jy nie al die vloeistof uit sweet en dan ontwater nie. • 1. 9. Warm ordentelik op en koel reg af. Bl 30 en 31 riglyne.