HERSIENING ORGANIESE CHEMIE KOOLWATERSTOWWE Organiese verbindings wat slegs
HERSIENING ORGANIESE CHEMIE
KOOLWATERSTOWWE Organiese verbindings wat slegs uit waterstof en koolstof bestaan HOMOLOË REEKS 'n Reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word FUNKSIONELE GROEPE 'n Binding of 'n atoom of 'n groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van 'n groep organiese verbindings bepaal.
alkane alkene alkyne alkohole Alkielhalied/halo-alkane aldehiede ketone Esters Karbonielsure
enkelbinding dubbelbinding hidroksiel halied Karboniel met waterstof trippelbinding Karboniel met suurstof Karboniel met hidroksiel
1 MET IUPAC NAME 2 ET 3 PROP 4 BUT Fx groep -ol -al -oon -oënsuur -oaat PENT 5 HEKS 6 HEPT 7
IUPAC NAME 1, 2 di tri tetra Aantal C an #-iel # en yn Fx groep -ol -al -oon -oaat -oënsuur
IUPAC NAME 2 -metielbut-1 -een 1 -bromo-2 -chlorosiklopentaan 2 -metielprop-1 -ol 4, 4 -dimetielpent-2 -yn 3 -metielbutanal
IUPAC NAME pent-2 -oon propanoësuur metielbutanoaat
IUPAC NAME Wanneer haloalkane benoem word, kry die halogeen atome nie voorkeur bo alkielgroepe nie – nommering moet begin vanaf die kant naaste aan die eerste substituent, óf die alkielgroep óf die halogeen. In haloalkane, waar bv. 'n Br en 'n Cℓ dieselfde nommer het wanneer vanaf enige kant van die ketting genommer word, verkry Br alfabetiese voorkeur. Wanneer IUPAC-name geskryf word, verskyn substituente as voorvoegsels wat alfabeties geskryf word (bromo, chloro, etiel, metiel), met ignorering van voorvoegsels di- en tri.
VERSADIGDE VERBINDINGS Verbindings waarin daar geen meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings is nie. ONVERSADIGDE VERBINDINGS Verbindings waarin een of meervoudige bindings voorkom tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings +Br 2
MOLEKULÊRE FORMULE 'n Chemiese formule wat die tipe atome en die korrekte getal van elk in 'n molekuul aandui STRUKTUUR FORMULE 'n Struktuurformule van 'n verbinding toon aan watter atome aan mekaar gebind is in die molekuul. Atome word voorgestel deur hul chemiese simbole en lyne word gebruik om ALLE bindings wat atome bymekaar hou, aan te toon. GEKONDONSEERDE FORMULE Hierdie notasie toon die wyse aan waarop atome aan mekaar gebind is in die molekuul, maar toon NIE ALLE BINDINGSLYNE NIE.
ISOMERE STRUKTUUR KETTING POSISIONELE Organiese molekule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende struktuurformules. Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende tipes kettings Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies van die syketting, substituente of funksionele groepe op die stamketting
ISOMERE Heksaan 2 -metielpentaan 2, 2 -dimetielbutaan
VRAE OOR REAKSIES as jy die REAKTANTE het…
VRAE OOR REAKSIES as jy die REAKTANTE het…
VRAE OOR REAKSIES as jy die REAKTANTE & PRODUKTE het…
FISIESE EIENSKAPPE alkane alkene alkyne haloalkane alkohole aldehiede haloalkane ketone aldehiede ketone alkohole karboksielsure ester
KOOKPUNTE Sterkste kragte = hoogste kookpunte, want meer energie is nodig om die bindings te breek neem toe met grootte Want van der Waalskragte neem toe met grootte, so lang kettings het sterker kragte, so meer energie is nodig om die bindings te breek Vertaktheid laat kookpunte daal, want vertakte kettings kan minder styf teen mekaar gepak word, daarom is hulle verder van mekaar en is die van der Waalskragte swakker. Minder energie is dus nodig om die bindings te breek DAMPDRUKKE (hoe maklik dit verdamp) neem af met grootte, want van der Waalskragte neem toe met grootte Lang kettings het sterkter kragte, daarom is meer energie nodig om bindings te breek en verdamp lang kettings stadiger as kort kettings
SMELTPUNTE Sterkste kragte = hoogste smeltpunte, want meer energie is nodig om die bindings te breek Neem toe met grootte, want lang kettings kan stywer teen mekaar gepak word, daarom is hulle nader aan mekaar en is die van der Waalskragte sterker. Meer energie is dus nodig om die bindings te breek Simmetrie (of sferiese vorms) laat die smeltpunt styg, want hoe meer simmetries die molekuul, hoe kleiner is die oppervlakarea en hoe stywer kan hulle aan mekaar gepak word …meer energie is dus nodig om die molekule uit die vaste stof netwerk te breek.
OPLOSBAARHEID “Soort los soort op” DUS As die intermolekulêre kragte tussen die oplosmiddel en die opgeloste stof dieselfde, sal dit oplos Indien die kragte verskil sal dit nie oplos nie
VISKOSITEIT Die teenstand teen vloei ( of hoe taai dit is) neem toe met grootte Want van der Waalskragte neem toe met grootte, Lang kettings het sterkter kragte daarom vloei dit stadiger
VRAE OOR KOOKPUNTE, OPLOSBAARHEID, VISKOSITIET ens
VRAE OOR KOOKPUNTE, OPLOSBAARHEID, VISKOSITIET ens
VRAE OOR KOOKPUNTE, OPLOSBAARHEID, VISKOSITIET ens
VRAE OOR KOOKPUNTE, OPLOSBAARHEID, VISKOSITIET ens
VRAE OOR KOOKPUNTE, OPLOSBAARHEID, VISKOSITIET ens
VRAE OOR KOOKPUNTE, OPLOSBAARHEID, VISKOSITIET ens
VRAE OOR KOOKPUNTE, OPLOSBAARHEID, VISKOSITIET ens
- Slides: 31