HEDENDAAGSE SOSIO EKONOMIESE KWESSIES Besigheidsomgewing Kwartaal 1 Onderwerp
HEDENDAAGSE SOSIO -EKONOMIESE KWESSIES Besigheidsomgewing Kwartaal 1 Onderwerp 4
VERDUIDELIK DIE BETEKENIS VAN SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES EN DIE REDE WAAROM HULLE ‘N UITDAGING • VIR DIE BESIGHEID IS. Sosio-ekonomiese kwessies verwys na probleme in die gemeenskap wat die besigheid en die ekonomie negatief kan beïnvloed. • Sosio-ekonomiese kwessies is uitdagings wat sosiale en ekonomiese faktore in die makro-omgewing in die besigheid kan veroorsaak. • Sosio-ekonomiese kwessies sluit in diskriminasie en armoede, inklusiwiteit, werkloosheid, ‘n onproduktiewe arbeidsmag, MIV en Vigs, dobbelary, rowery, nabootsing, stakings, geweld en misdaad. • Om ekonomiese groei te verseker moet die regering en
DEFINIEER/GEE DIE BETEKENIS VAN ONGELYKHEID EN ARMOEDE. Ongelykheid: • Ongelykheid beteken dat almal nie gelyk is nie. Sommige mense het baie geld en toegang tot onderwys terwyl ander baie arm is. • Ongelykheid in Suid-Afrika is ‘n probleem, want die gaping tussen ryk en arm is baie groot.
DEFINIEER/GEE DIE BETEKENIS VAN ONGELYKHEID EN ARMOEDE. Armoede: • Armoede is wanneer ‘n persoon nie sy mees basiese behoeftes om te kan oorleef kan bevredig nie. • ‘n Persoon word as baie arm beskou as hy of sy nie kos, water of huisvesting kan bekostig nie. • Armoede sluit ook in daardie mense wat nie hulle daaglikse voedselbenodigdhede, behoorlike huisvesting, skoon lopende kraanwater, spoeltoilet, elektrisiteit, vervoer, onderwys en basiese gesondheiddienste kan bekostig nie.
VERDUIDELIK/BESPREEK/BE SKRYF DIE IMPAK VAN ONGELYKHEID EN ARMOEDE • OP DIE BESIGHEID. Armoede beïnvloed verbruikersbesteding want arm mense het nie die vermoë om goedere te koop nie. • Wanneer mense nie geld kan spandeer nie kan besighede nie groei nie. • Ongelykheid en armoede lei tot misdaad soos roof en winkeldiefstal. • Besighede lei verliese as gevolg van misdaad want geld moet spandeer word om sekuriteit te verbeter. • Die hedendaagse sienswyse en media-aandag oor armoede lei daartoe dat daar ‘n verwagting is dat besighede in arm gemeenskapep moet investeer, en dit plaas groter druk op die
WERKLOOSHEID Definisie: ‘n Werklose persoon is iemand wat bereid en beskikbaar is om te werk en aktief besig is om werk te soek, maar nie werk kry nie.
WERKLOOSHEID Oorsake van werkloosheid: Groot onopgeleide arbeidsmag Onvoldoende onderwysstelsel Onvoldoende ekonomiese groei in die land Nywerhede wat eerder tegnologie as mense gebruik Swak beheer by land se grense Oorbevolking
WERKLOOSHEID Impak van werkloosheid: Werklose mense het baie min geld om te spandeer. Besighede kan nie groei of uitbrei as mense nie geld spandeer nie. Werkloosheid verlaag die lewensstandaard van mense Lei tot ‘n toename in korrupsie, armoede en misdaad. Lei tot depressie en ‘n gevoel van hopeloosheid.
INKLUSIWITEIT Definisie: Inklusiwiteit beteken dat daar teen niemand gediskrimineer word nie.
INKLUSIWITEIT Doel van inklusiwiteit op die werksplek: Inklusiwiteit poog om te verseker dat besighede regverdige indiensnemingspraktyke volg. Om die ongelykhede van die verlede reg te stel Die doel is om ʼn werkplek te hê waar mense van verskillende rasse/ kultuur/geslag/geloof/ vermoëns/taal en oortuiging effektief kan saamwerk tot voordeel van die besigheid. Om te verseker dat besighede niemand vir oorweging uitsluit nie. Om ʼn werksmag te skep wat verteenwoordigend is van die demografie van Suid-Afrika.
INKLUSIWITEIT Maniere waarop besighede inklusitwiteit in die werksplek kan bevorder: Ontwikkel indiensnemingsbeleid wat streef na die bevordering van inklusiwiteit en diversiteit in die werksplek. Behandel alle werknemers gelyk ongeag geslag/ras/ouderdom/seksuele voorkeur. Onderhou wette (bv. Wet op Gelyke Indiensneming) en regulasies wat 'n inklusiewe arbeidsmag bevorder. Respekteer en bevorder individuele kulture in die werksplek. Verseker gelyke indiensnemingsgeleenthede vir alle groepe. Respekteer alle werknemers en hulle bydraes in die werksplek. Die arbeidsmag moet die demografie van die land weerspieël. Maak seker dat die fisiese omgewing mense met gestremdhede akkommodeer. Sluit vroue in leierskapsposisies en besluitneming in.
MIV/VIGS Definisie: Vigs is ‘n siekte wat deur die MI-virus veroorsaak word, wat die immuniteitstelsel aanval. Die sosiaal onverantwoordelike optrede van mense dra tot die verspreiding van die siekte by. Dit plaas druk op die infrastruktuur vir gesondheids- en sosiale dienste. Die regering spandeer baie geld op medisyne om MIV/Vigs te bestry. Daar is baie mense wat HIV/Vigs het.
MIV/VIGS Negatiewe impak van MIV op die besigheid: Die siekte lei tot ‘n afname in produktiwiteit van geaffketeerde werknemers. Opgeleide en ervare werkers sterf terwyl hulle jonk is en verhoog die personeelomset van die besigheid. Daar is ‘n afname in die vraag omdat daar minder klante is. Daar kan vooroordeel in die werkplek wees teen werkers wat MIV/Vigs het. Die getal beskikbare vaardige werkers word minder as gevolg van die hoë MIV-koers.
DOBBELARY Tipes dobbelary: Onwettige dobbelary: is ‘n kanse spel waar ‘n persoon of baie geld kan wen, of verloor. Hierdie kansespel vind plaas op/by ‘n plek wat nie geregistreer is nie. Piramide-skema: is ‘n vorm van belegging waar elke betalende deelnemer verder ander twee deelnemers nader deur die geld van die latere deelnemers te gee aan die wat vroeër aangesluit het. Geldwassery: die manier om onwettig geld te bekom, deur geld in buitelandse banke te stoor of onwettige besighede te begin.
DOBBELARY Impak van dobbelary: Werknemers is nie beskikbaar om op kort kennisgewing oortyd te werk nie. Kompulsiewe dobbelaars kan nie op hulle werk fokus wanneer hulle die hele tyd aan dobbel dink nie. Werknemers kan ook steel om geld te kry om te dobbel. Hoë afwesigheidskoers. Verminder produktiwiteit want dit lei tot misdaad en korrupsie. Dit steek kriminele aktiwiteit weg en kan lei tot geweld in die werkplek.
ROWERY Definisie: Rowery is die onwettige kopiëring van boeke, CD’s of DVD’s of die kopiëring van handelsmerke. Rowery is om iets sonder toestemming te gebruik, bv. iets met kopiereg. ‘n patent of ‘n handelsmerk wat aan ‘n ander onderneming behoort.
ROWERY Impak van rowery op besighede. Die skepper van oorspronklike goedere se winste sal verminder as rowery plaasvind. Rowery verminder die oorspronklike kunstenaar se inkomste. Mense wat geroofde kopieë koop, dra tot die probleem by. Die kopiëring van handelsmerke verwar die verbruiker.
ROWERY Oplossings vir Rowery: 1. Kopiereg is die reg wat aan die skepper van oorspronklike werk gegee word dat dit nie sonder sy toesteming gekopieer mag word nie. Die eienaar van intellektuele eiendom het die reg om die intellektuele eiendom te vervaardig en te kopieer. Sluit letterkundige werke/musikale werke/kunswerke, ens. in.
ROWERY Patente Eksklusiewe reg om die uitvinding of produk gemaak volgens 'n uitgevinde proses vir 'n beperkte tydperk te gebruik of te verkoop. Dit is 'n uitvinding, iemand wat die patentreg besit, het die alleenreg om 'n uitvinding te vervaardig en te verkoop. 'n Ontdekking/Wetenskaplike metode, ens.
ROWERY Handelsmerk Unieke merk wat 'n besigheidsonderneming verteenwoordig en wat aan die besigheidsonderneming behoort. Sluit woorde/slagspreuke/reklameborde/naamborde, ens. in. Registrasie van die gebruik van 'n handelsnaam/slagspreuk/simbool of 'n kombinasie om 'n produk of dienste herkenbaar en bekend te
SMOKKELARY Besighede kan afname in verkope ondervind as gevolg van vervalsing/nagemaakte produkte wat versprei word. Besighede kan gedwing word om prysaanpassingstrategieë te implementeer om die impak te verklein. Besigheidsuitgawes sal toeneem as regsstappe geneem word.
STAKINGS Stakings kan tot produksieverliese en afname in verkope lei. Besighede kan gedwing word om bedrywighede te staak na 'n staking. Kan lei tot ongesonde werksverhoudings tussen bestuur en werkers. Kan besighede dwing om van sy vaardige werkers af te lê om te herstel van verliese. Lei tot ‘n verlies aan inkomste as gevolg van beskadigde eiendom.
STAKINGS Verskillende tipes nywerheidsoptredes: 1. Sloerstaking – waar werkers met opset stadiger werk om produksie te verlaag. 2. Staking – is waar werkers besluit om by die huis te bly. 3. Uitsluiting – dit is die aksie waar die werkgewers besef dat die werknemers dalk mag skade aanrig aan die bates van die besighede en sodoende alle werkers uit die besigheid uitsluit. 4. Betooglinies (“Picketing”) – dit is die aksie waar die stakende werkers die ander werkers verhoed om ook te werk. Hierdie aksie is in menigde kere meer geweldadig.
STAKINGS Impak van politieke onrus op besighede Mense in woonbuurtes/informele woonbuurt mag paaie blokkeer en werkers verhoed om werk toe te gaan as gevolg van diensleweringsprotesoptredes. Skrik potensiële beleggers af. Besighede kan geforseer word om toe te maak veral die in woonbuurtes waar die protesoptredes plaasvind. Mag lei tot ‘n verlies van produksie wanneer werkers afwesig is van werk. Baie besighede kan verliese lei as gevolg van skade aan eiendom.
EKONOMIESE MISDAAD Definisie: Misdaad wat gepleeg word deur ‘n persoon met hoë status in die uitvoering van sy of haar pligte. Dit behels dikwels dat die onderneming se geld gebruik word, gewoonlik vir persoonlike eie gewin.
EKONOMIESE MISDAAD Impak van ekonomiese misdaad op besighede Verlies aan winste as gevolg van gesteelde goedere van besighede. Versekering/Sekuriteitskoste word duurder. Kleiner besighede kan dikwels nie versekering bekostig nie en moet self gesteelde goedere teen ‘n verlies vervang. Laer winste beïnvloed die besigheid se besluit om uit te brei en meer werkers in diens te neem/hoër lone te betaal. Besighede verloor vaardige werkers en dit lei tot ‘n daling in produktiwiteit. Misdaad lei tot ‘n verhoging in mediese koste van werkers as gevolg van beserings en stres. Ontmoedig buitelandse beleggings en verminder toerisme. Misdaad veroorsaak onregverdige kompetisie wanneer gesteelde goedere teen ‘n laer prys herverkoop word.
GEWELD Definisie: Geweld verwys na ‘n aggressiewe handeling en behels die gebruik van mag. Geweld word meestal gebruik wanneer iemand weerstand bied, of om mag te verminder of te vermeerder.
GEWELD Soorte geweld: 1. Politieke geweld: Aggressiewe optrede as gevolg van politieke onstabiliteit. 2. Emosionele geweld: Behels aanhoudende kritiek en dreigemente. 3. Fisiese geweld: Geweld in die vorm van fisiese mag bv. ‘n skop of ‘n vuishou. 4. Huishoudelike geweld: Verwys na fisiese en/of emosionele geweld in die huishouding.
GEWELD Impak van geweld op die besigheid Fisiese (benodig siekteverlof) en emosionele impak (gebrek aan konsentrasie, depressie, vrees en angs. ) op die werkers. Verminder die produktiwiteitsvlakke. Besighde in geweldgeteisterde gebiede moet somtyds toemaak wat lei tot ‘n verlies aan inkomste.
- Slides: 29