GRAAD 9 Rekeningkundige begrippe Alleenhandelaar n Vorm van
GRAAD 9 Rekeningkundige begrippe
Alleenhandelaar ‘n Vorm van besigheid waar net een persoon die besigheid besit en dit gewoonlik ook bedryf. ‘n Alleenhandelaar is ten volle verantwoordelik vir al die skuld van die besigheid, en kan ook al die winste van die besigheid neem. Daar is 2 soorte besighede: v
Ø Nie-bedryfsbates (vaste bates) BATES: Ø Bedryfsbates NIE-BERDYFSBATES: Eiendom met ‘n betreklike lang lewensduur (langer as ‘n jaar). In rekeningkundetaal kan die volgende nie-bedryfsbates/vaste bates wees: q Grond en geboue: Die gebou wat deur die besigheid besit word.
BATES: Ø Nie-bedryfsbates (vaste bates) NIE-BERDYFSBATES: Eiendom met ‘n betreklike lang lewensduur (langer as ‘n jaar). In rekeningkundetaal kan die volgende nie-bedryfsbates/vaste bates wees: q. Voertuie: Motors, vragmotors, afleweringsvoertuie en motorfietse wat deur die besigheid gebruik word.
BATES: Ø Ø Nie-bedryfsbates (vaste bates) Bedryfsbates NIE-BERDYFSBATES: Eiendom met ‘n betreklike lang lewensduur (langer as ‘n jaar). In rekeningkundetaal kan die volgende nie-bedryfsbates/vaste bates wees: q Toerusting: Rekenaars, tafels, drukkers, grassnyers ens wat gebruik word om die besigheid te bedryf.
BATES: Ø Nie-bedryfsbates (vaste bates) Hersien: NIE-BERDYFSBATES q. Grond en geboue q. Voertuie q. Toerusting
BATES: Ø Bedryfsbates BERDYFSBATES: ‘n Bate wat uit kontant bestaan of wat binne een jaar in kontant omskep sal word. In rekeningkundetaal kan die volgende bedryfsbates wees: q Handelsvoorraad is goedere wat gekoop word met die doel om dit teen ‘n wins te verkoop. Word gebruik in ‘n handelsonderneming (GRAAD 9 WERK)
BATES: Ø Bedryfsbates BERDYFSBATES: ‘n Bate wat uit kontant bestaan of wat binne een jaar in kontant omskep sal word. In rekeningkundetaal kan die volgende bedryfsbates wees: q Debiteurekontrole is ‘n rekening wat bestaan uit persone of besighede wat geld aan die besigheid skuld. Op skuld goedere verkoop of diens gelewer. q Spaarrekening verwys na geld wat die onderneming na ‘n aparte rekening by die bank oorplaas met die doel om meer rente te verdien. Dit is gewoonlik geld wat vir ‘n tydperk nie onttrek sal word nie. q Bank verteenwoordig die lopende-/tjekrekening in die onderneming se boeke.
BATES: Ø Bedryfsbates BERDYFSBATES: ‘n Bate wat uit kontant bestaan of wat binne een jaar in kontant omskep sal word. In rekeningkundetaal kan die volgende bedryfsbates wees: q Kleinkas is ‘n bedrag geld wat gehou word vir klein betalings wat ‘n tjek nie regverdig nie. q Wisselgeld is die geld in die besigheid se kasregister wat dien as kleingeld vir klante. Kontant is ‘n begrip wat gebruik word vir Spaarrekening + Bank + Kleinkas + Wisselgeld.
BATES: Ø Bedryfsbates Hersien: BERDYFSBATES q Handelsvoorraad q Debiteurekontrole q Spaarrekening q Bank q Kleinkas q Wisselgeld
LASTE: Nie-bedryfslaste: ‘n Las wat oor ‘n tydperk van langer as een jaar terugbetaal word, bv ‘n Lening by die bank. Bedryfslaste: ‘n Las wat binne ‘n tydperk van een jaar terug betaal moet word, bv mense en besighede vir wie ons geld skuld (Krediteurekontrole).
EIENAARSBELANG: Die totale waarde van die eienaar se belegging in die besigheid. Eienaarsbelang = Kapitaal + Netto wins – Ontrekkings Kapitaal: Die bedrag geld waarmee die eienaar die besigheid begin. Onttrekkings: Wanneer die eienaar die besigheid se geld gebruik vir persoonlike transaksies/doeleindes.
EIENAARSBELANG: Inkomstes: ‘n Bedrag wat verdien word weens ‘n diens wat die onderneming verrig het, bv. Lopende inkomste, rente inkomste(ontvang), kommissie inkomste, huurinkomste, ens. Uitgawes: Dit is ‘n betaling vir dienste en verbruiksvoorraad wat verkry moet word om sake te kan doen, bv. Lone, salarisse, water en elektrisiteit, telefoon, skryfbehoeftes, ens.
EIENAARSBELANG: Inkomstes: NB! Verkope: Die prys waarteen die voorraad verkoop word. (Verkoopprys) Huurinkomste: Geld wat die besigheid verdien wanneer ‘n perseel verhuur word. Ontvang geld!
EIENAARSBELANG: Uitgawes: Huuruitgawe: Betaling vir die gebruik van perseel, winkel, garage om besigheid te doen. Betaal geld!
EIENAARSBELANG: Uitgawes: NB! Koste van Verkope: Die kosprys van die goedere wat verkoop is. Die prys waarteen die voorraad gekoop word. NB! Debiteureafslag: ‘n Bedrag wat aan ‘n debiteur terugbetaal word deur die debiteur se rekening te krediteer, wat sodoende die geld wat geskuld word, verminder; word gedoen wanneer goedere om ‘n goeie rede teruggebring word.
EIENAARSBELANG: Uitgawes: Telefoon: Word slegs vir besigheid gebruik. Sluit in telefoonrekening asook diens van byvoorbeeld Telkom. Water en Elektrisiteit: Word slegs vir besigheid gebruik. Sluit in rekening betaal aan munisipaliteit.
EIENAARSBELANG: Uitgawes: BETAAL JOU WERKERS: Salarisse: Word maandeliks betaal aan die mense wat permanent vir die besigheid werk. Lone: Word weekliks betaal aan die mense wat tydelik vir die besigheid werk.
EIENAARSBELANG: Uitgawes: Handelslisensie: Toestemming om dienste te lewer of om die produkte te verkoop. Skryfbehoeftes: Papier, ink vir drukker, visitekaartjies, penne, ens vir die besigheid. Verbruikersgoedere: Enige items wat gebruik word om diens te lewer of om die produk te maak, bv die shampoo wat haarsalon gebruik.
Rekeningkundige vergelyking! BATES = EIENAARSBELANG + LASTE of EIENAARSBELANG = BATES – LASTE of LASTE = BATES - EIENAARSBELANG
- Slides: 20