GRAAD 9 EBW BESIGHEIDSPLAN 1 Wat verstaan jy
GRAAD 9 EBW BESIGHEIDSPLAN
1. Wat verstaan jy onder die term besigheidspan? • ’n formele, geskrewe plan wat ’n gedetailleerde beskrywing gee van hoe ’n besigheid sy doelstellings gaan bereik.
2. Noem die komponente van ’n besigheidsplan. 1. Inligting oor die besigheid: wat dit doen, wie dit besit en wat sy doelwitte is. 2. Produksieplan 3. Bemarkingsplan 4. Bestuursplan 5. Finansiële plan
3. Wat word ingesluit by die formaat van ‘n besigheidsplan? • Voorblad/dekblad • Die produksieplan • Inhoudsopgawe • Die bemarkingsplan • Uitvoerende opsomming • Die bestuursplan • Beskrywing van produk of diens van besigheid • SWOT-analise • Doelwitte van besigheid • Finansiële plan • Besigheidseienaar
4. Wat behels die voorblad/dekblad? Hierdie bladsy bevat die volgende inligting: • onderneming se naam, adres en kontakbesonderhede • die name en adresse van die eienaars van die onderneming • die slagspreuk en handelsmerk(logo) • die tipe sake onderneming(ondernemingsvorm) • datum van wanneer die sakeplan aangebied word.
5. Wat behels die inhoudsopgawe? Die doel van die inhoudsopgawe is om die leser te help om spesifieke afdelings in die sakeplan te vind (onthou bladsy nommers). Die inhoudsopgawe bevat ook al die punte wat bespreek word in die sakeplan.
6. Wat behels die uitvoerende opsomming ? Ten einde die finansiering te bekom, beleggers te lok en dalk werknemers te trek, dien die sakeplan ‘n belangrike doel. Die uitvoerende opsomming word aan die begin van ‘n sakeplan geplaas, en is ongeveer een bladsy lank. Die uitvoerende opsomming moet die volgende inligting verskaf: • ‘n Aanduiding van hoeveel geld benodig word of geleen word. • ‘n Aanduiding van die terugbetaling i. t. v die lening. • ‘n Motivering en redes van hoekom die onderneming ‘n sukses gaan wees. • ‘n Kort beskrywing van die voordele wat die onderniming sal inhou vir die gemeenskap byvoorbeeld werkskepping.
7. Wat behels die beskrywing van die onderneming? Hierdie is ‘n beskrywing van die sakebedrywighede van die onderneming. Die volgende vrae dien as riglyne om die afdeling te kan skryf: VRAE Moontlikhede Watter tipe besigheid beoog jy om te volg? Vervaardiging-, diensverskaffing- of handelsonderneming. Beskryf die produk of diens en beklemtoon die waarde daarvan. Wie is jou teikenmark? Identifiseer jou mark en beskryf die grootte daarvan, motiveer ook waarom jy mededingend in die mark sal wees. Met wie gaan jy sake doen? Sluit afskrifte van kontrakte in wat dalk reeds aangegaan is bv. kontrakte met verskaffers.
8. Wat behels die doelwitte van die onderneming? Doelwitte beskryf wat jy beoog om te bereik en dit kan vir verskillende termyne gestipuleer word. Om die doelwitte te bereik is dit belangrik om datums vas te stel wanneer jy bepaalde dinge (doelwitte) wil bereik. Beskryf die: • Korttermyndoelwitte – wat jy hoop om binnekort te bereik. • Mediumtermyndoelwitte – wat jy hoop om so gou moontlik na die opening van die s=onderneming te bereik. • Langtermyndoelwitte – wat jy hoop om te bereik soos wat die onderneming ontwikkel en verbeter.
Doelwitte wat gestel word moet as volg wees: • Spesifiek (goed oorgedra kan word) • Meetbaar • Haalbaar (Onderneming moet die vermoë hê) • Realisties (moet by jou medium- en langtermynplanne inpas) • Tydgebode (presies wanneer dit bereik sal word in die volgende maand of jaar of dalk 2 de jaar) • Eties (moet nie die wet oortree of omgewing beskadig nie) • Geboekstaaf word (sodat dit nagegaan kan word)
9. Wat behels die besigheidseienaar? Die eienaar se kenmerke, opleiding, vaardighede en kwalifikasies is nodig om weer gegee te word sodat die sukses van die onderneming geloofwaardig uitgebeeld kan word.
10. Wat behels die Produksieplan? Hierdie beskryf hoe die produk vervaardig sal word, asook wat benodig word om die produk of diens te produseer. Die uitleg van die fabriek (produksielyn) kan hier beskryf word asook die material en ander benodighede wat nodig is om die vervaardigingsproses te laat werk. Die produksieplan is veral vir ‘n vaardigingsonderneming ‘n belangrike deel van die besigheidsplan. As ‘n besigheid produkte vervaardig, moet dit aantoon dat produksiebedrywigheid effektief, kostedoeltreffend, georganiseerd en betroubaar is. Die produksieplan bevat inligting oor die sort produksieproses wat die besigheid gebruik.
Daar is hoofsaaklik drie soorte produksiestelsels: Tabuleer die verskil tussen die drie soorte produksiestels. Bondelproduksie Massaproduksie Taakproduksie ‘n Stelsel wat ‘n bondel produkte van een sort maak en dan aanbeweeg om ‘n bondel produkte van ‘n ander sort te maak. ‘n Stelsel wat een ononderbroke stelsel gebruik om ‘n groot hoeveelheid produkte van dieselfde soort te maak. ‘n Stelsel wat besighede gebruik wanneer eenmalige produkte wat verskillend is, geproduseer word.
11. Wat behels die Bemarkingsplan? Bemarking bou op die markontleding en beskryf hoe jy die teikenmark gaan bereik, dit sluit bemarkingshulpmiddels soos pamflette, katalogusse en pryslyste in. Dit sluit jou mededingers in en beskryf hoe jy beoog om mededingende voordeel te kry. Prysbepaling vorm deel van hierdie plan waarin jy verduidelik hoe jy die pryse van goedere en dienste wat jy verkoop, bepaal het. Sluit die 4 P’s model in jou bemarkingsplan in.
Watter tipe inligting moet in die bemarkingsplan vervat wees? • Bemarkingsoogmerke • Hoe produk/diens klante bevoordeel • Marknavorsing • Teikengroep • Mededingers • Advertensies, handelsmerk en advertensiebegroting • Maandelikse en jaarlikse verkoopsyferteikens • Prysbepaling van produk en betaalmiddels
12. Wat behels die Bestuursplan? Jou bestuursplan moet oor die volgende beskik: • Maak ‘n lys van hoeveel personeel benodig word om die onderneming te bedryf en sluit ‘n organogram in. • Stel ‘n pligstaat op waarin die pligte van elke werknemer en vaardighede van werknemers uiteengesit word. • Dui ook aan hoe jy as entrepreneur jou vaardighede, kundigheid en deskresie gaan gebruik om tot die onderneming by te dra. • Beskryf hoe jy die bestuurstake (organisasie, beplanning, leiding, kontrole) gaan uitvoer.
13. Wat behels die SWOT-analise? Die besigheid se sterk punte, swakpunte, geleenthede en bedreigings word onder die vergrootglas geplaas. Die inligting word groepeer in twee hoofkategorieë naamlik: interne en eksterne faktore. Interne faktore: Die faktore verwys na sterk en swak punte binne die besigheid. Dit kan betrekking hê op personeel, finansies en meer. Eksterne faktore: Die faktore verwys na die geleenthede en bedreigings wat buite die onderneming ontstaan, bv. Mark veranderings, tegnologiese veranderings, wetgewing, sosio-kulturele veranderings, veranderinge in die markplek of mededingende posisie. ‘n SWOT-analise moet ook wys hoe die bedreigings en swakpunte hanteer, beheer en vermy kan word.
14. Wat behels die Finansiële plan? Die doel van die finansiële plan is om vooruitskattings te maak in terme van jou inkomstes en uitgawes en uiteindelik jou wins, met ander woorde begroting. Dit help ook om te bepaal hoe lank dit gaan neem voordat jou onerneming winsgewend gaan wees. Die plan sluit die volgende in: • Vooruitgeskatte inkomstestaat (om netti wins te bepaal) • Begroting • Winspersentasie • Gelykbreekpunt (met verwysing na vaste- en veranderlike koste)
Onderskei tussen (a) vaste koste en (b) veranderlike koste. Gee ‘n voorbeeld by elkeen. • Vaste koste is produksiekoste wat nie verander wanneer die hoeveelheid produkte geproduseer verander nie. (Huur van die gebou. ) • Verandelike koste is produksiekoste wat verander soos die hoeveelheid geproduseer verander. (Materiaal om produk te vervaardig)
15. Hoekom is dit belangrik dat ‘n besigheidsplan professioneel lyk? • Besigheidsplanne verteenwoordig alles waaroor jou besigheid gaan. Dit is dus belangrik om ’n besigheidsplan behoorlik voor te berei. ’n Onvolledige, swak geskryfde of slordige besigheidsplan sal vir lesers sê dat jou besigheid swak bestuur word en dat jy nie nougeset is nie. Beleggers sal nie ’n besigheid wat swak bestuur word, wil finansier nie.
- Slides: 20