GRAAD 8 EBW PRODUKSIEFAKTORE PRODUKSIEFAKTORE Die arbeid kapitaal
GRAAD 8 EBW PRODUKSIEFAKTORE
PRODUKSIEFAKTORE Die arbeid, kapitaal, grond en entrepreneurskap is die vier produksiefaktore wat die produksieproses gebruik om goedere en dienste te produseer. Ons verwys ook na produksiefaktore as insette in die produksieproses.
KAPITAAL Geleende kapitaal: Dit is enige geld wat ‘n entrepreneur of sakeeienaar vir die doel van die vestiging en bedryf van ‘n besigheid leen. Geld word meestal by ‘n bank of belegger (dikwels ‘n familielid of vriend) geleen wat vertroue in die toekomstige winsgewendheid van die besigheid het. Eie kapitaal: Dit verwys na enige geld wat uit die persoonlike spaargeld kom wat die entrepreneur of eienaar in die besigheid belê het. Die meeste entrepreneurs begin hulle besigheid deur gebruik te maak van hulle eie spaargeld, wat aantoon dat hulle in hulle besigheidsidee- en –plan glo. Hulle is bereid om hulle eie geld in hulle besigheid op die spel te plaas.
ARBEID Arbeid is een van die belangrikste produksiefaktore. Arbeid verwys na die intellektuele en fisieke insette van mense wat vir die produksie van goedere en dienste aangewend word. Ons gaan kyk na verskillende katogorieë van arbeid genaamd; Ongeskoolde, halfgeskoolde en geskoolde arbeid.
ARBEID Ongeskoolde arbeid verwys na werkers wat geen vaardigheidsopleiding of ervaring in ‘n bepaalde werksomgewing nodig het nie. Voorbeelde van ongeskoolde werkers: Skoonmakers, laaiers, veërs en algemene plaaswerkers.
ARBEID Halfgeskoolde arbeid verwys na werkers wat meer opleiding en vaardighede het as ongeskoolde arbeid, maar minder opleiding as geskoolde werkers. ’n Halfgeskoolde werker kan ’n eenvoudige taak uitvoer met behulp van eenvoudige gereedskap en masjinerie. Voorbeelde van halfgeskoolde arbeid: Assistente, kelners, en kasiere.
ARBEID Geskoolde arbeid is enige werkers met ‘n spesiale vaardigheid, kennis of wat ‘n spesiale vermoë in sy werk opgedoen het. Geskoolde werkers het gewoonlik ‘n vorm van naskoolse opleiding by ‘n kollege of universiteit ontvang of spesiale vaardighede by die werk opgedoen. Voorbeelde van geskoolde arbeid: Rekenaarprogrammeerders, sjefs, dokters en rekenmeesters.
ARBEID Die rol van die werknemers in die besigheid: Werknemers is ‘n waardevolld bate vir die besigheid; sonder die fisieke en intellektuele arbeid van werknemers sou geen van die ander produksiefaktore bymekaar kon kom om goedere of dienste te vervaardig nie. Die sukses van ‘n besigheid hang af van die werknemers se prestasie. Werknemers wat tevrede en gemotiveerd is is meer produktief.
ARBEID Regverdige indiensnemingspraktyke: Elke besigheid moet seker maak dat hulle hul werkers billik behandel. Billike indiensnemingspraktyke is indiensnemingspraktyke wat op goeie arbeidsverhoudinge fokus. Arbeidsverhoudinge is die manier waarop werkgewers met werknemers in die werkplek met mekaar kontak het. Werkers het ses basiese regte en werkgewers moet hulle regte bystaan. Die ses regte is: • Die reg tot werk • Die reg tot vryheid van vereniging • Die reg tot kollektiewe onderhandeling • Die reg om te staak • Die reg tot beskerming • Die reg tot opleiding
GROND Natuurlike hulpbronne (ekonomie verwys dikwels na grond) is die hulpbronne wat natuurlik op die planeet voorkom, wat gebruik word om goedere en dienste te vervaardig, insluitend: § Die grond self § Die minerale en voedingstowwe in die grond § Die water § Natuurlewe § Plantegroei op die oppervlak § Lug.
GROND Sonder natuurlike hulpbronne en grond is dit nie moontlik om ‘n besigheid te bedryf nie. Party besighede het meer hulpbronne nodig as ander. ‘n Besigheid wat houtmeubels maak, het byvoorbeeld baie van die natuurlike hulpbron hout nodig. ‘n Besigheid wat rekenaars herstel, het egter minder hulpbronne nodig. Geen besigheid kan egter sonder natuurlike hulpbronne bedryf word nie.
ENTREPRENEURSKAP Entrepreneurskap is die produksiefaktor wat al die ander produksiefaktore bymekaarbring en hulle in werking stel. ‘n Entrepreneur is ‘n persoon wat ‘n besigheid begin, wat ‘n finansiële risiko neem met die hoop om ‘n wins te maak. Entrepreneurs is: • Harde werkers • Bereid om risiko’s te neem • Innoverend • Bereid om te volhard • Goed met mense • Gemotiveerd • In staat om op hulle eie te werk.
VERGOEDING Vergoeding van produksiefaktore Elkeen van die vier produksiefaktore van vaardigheid word op ‘n unieke manier vergoed. (Vergoed=betaal) Vergoeding vir die gebruik van: • Kapitaal = Rente • Arbeid = Salarisse en lone • Grond/natuurlike hulpbronne = Huurgeld • Kapitaal = Wins
VRAE EN ANTWOORDE OOR ONDERWERP: 1. Lys die vier insette in die produksieproses. - Kapitaal - Arbeid - Grond / Natuurlike hulpbronne - Entrepreneurskap 2. Gee ‘n sinoniem vir produksiefaktore. - Insette in die produksieproses.
VRAE EN ANTWOORDE OOR ONDERWERP: 3. Onderskei tussen eie kapitaal en geleende kapitaal. - Geleende kapitaal: Dit is enige geld wat ‘n entrepreneur of sake-eienaar vir die doel van die vestiging en bedryf van ‘n besigheid leen. - Eie kapitaal: Dit verwys na enige geld wat uit die persoonlike spaargeld kom wat die entrepreneur of eienaar in die besigheid belê het.
VRAE EN ANTWOORDE OOR ONDERWERP: 4. Onderskei tussen ongeskoolde, halfgeskoolde en geskoolde arbeid. Gee ‘n voorbeeld van elk. - Ongeskoolde arbeid verwys na werkers wat geen vaardigheidsopleiding of ervaring in ‘n bepaalde werksomgewing nodig het nie. Voorbeeld: Skoonmakers - Halfgeskoolde arbeid verwys na werkers wat meer opleiding en vaardighede het as ongeskoolde arbeid, maar minder opleiding as geskoolde werkers. ’n Halfgeskoolde werker kan ’n eenvoudige taak uitvoer met behulp van eenvoudige gereedskap en masjinerie. Voorbeeld: Kasiere - Geskoolde arbeid is enige werkers met ‘n spesiale vaardigheid, kennis of wat ‘n spesiale vermoë in sy werk opgedoen het. Geskoolde werkers het gewoonlik ‘n vorm van naskoolse opleiding by ‘n kollege of universiteit ontvang of spesiale vaardighede by die werk opgedoen. Voorbeeld: Rekenmeesters.
VRAE EN ANTWOORDE OOR ONDERWERP: 5. Wat word beskou as ‘n onderneming se grootste bate? - Arbeid 6. Verduidelik wat jy verstaan onder bilike indiensnemings-praktyke. - Billike indiensnemingspraktyke is indiensnemingspraktyke wat op goeie arbeidsverhoudinge fokus. 7. Wat verstaan jy onder arbeidsverhoudinge? - Arbeidsverhoudinge is die manier waarop werkgewers met werknemers in die werkplek met mekaar kontak het.
VRAE EN ANTWOORDE OOR ONDERWERP: 8. Noem enige drie nadele vir die onderneming wat onbillike arbeidspraktyke toepas. Werkers wat onbillik behandel word sal nie goeie werk doen nie lojaal teenoor die besigheid wees nie. Die werkers sal nie professioneel ontwikkel en beter bates vir die besigheid word nie. Die werkers sal die kliënte sleg behandel en sodoende die besigheid laat geld verloor.
VRAE EN ANTWOORDE OOR ONDERWERP: 9. Gee ‘n omskrywing van die produksiefaktor entrepreneurskap. - Entrepreneurskap is die produksiefaktor wat al die ander produksiefaktore bymekaarbring en hulle in werking stel. 10. Beskryf ‘n entrepreneur. Entrepreneurs is: • Harde werkers • Bereid om risiko’s te neem • Innoverend • Bereid om te volhard • Goed met mense • Gemotiveerd • In staat om op hulle eie te werk.
VRAE EN ANTWOORDE OOR ONDERWERP: 11. Gee ‘n kort omskrywing van die begrip vergoeding. - Vergoeding verwys na betaling vir werk wat gedoen is. 12. Noem elk van die produksiefaktore se vergoeding. Vergoeding vir die gebruik van: • Kapitaal = Rente • Arbeid = Salarisse en lone • Grond/natuurlike hulpbronne = Huurgeld • Kapitaal = Wins
- Slides: 20