GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES 1 KONSEPTE VAN GEHALTE KWALITEIT
GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES
1. KONSEPTE VAN GEHALTE KWALITEIT / GEHALTE Verwys na die VERMOË van ‘n produk/diens om SPESIFIEKE BEHOEFTES van die klant te bevredig. Gehalte / Kwaliteit STANDAARDE (VOORAF BEPAALDE VEREISTES) • Die PROSES is ingestel om te verseker dat die gehalte van produkte voldoen aan die NODIGE STANDAARD, met MINIMUM DEFEKTE. • Om te verseker dat elke produk daarop gemik is om die produk die eerste keer reg te kry en om FOUTE TE VOORKOM / ZERO DEFEKTE. HOE? • TOETSING moet uitgevoer word GEDURENDE en NA die produksie proses.
1. KONSEPTE VAN GEHALTE Gehalte / Kwaliteit BESTUUR • Die TEGNIEK en INSTRUMENTE wat ontwerp is om die gehalte van produkte te VERBETER om te verseker dat die eindverbruiker gewaarborg word van ‘n betroubare produk. HOE? • BV. Strewe om die bestaande aflewering van produkte te verbeter. Gehalte BESTUURSTELSEL • Dit is ‘n RAAMWERK wat ‘n besigheid gebruik om SLEUTELPROSESSE te bestuur. HOEKOM? • ‘n Gehalte bestuurselsel sal verseker dat die besigheidsprosesse die korrekte STANDAARDE bereik.
1. KONSEPTE VAN GEHALTE Gehalte / Kwaliteit BEHEER Die PROSES om te verseker dat produkte volgens HOË STANDAARDE geproduseer word. HOE? 1. NAGAAN van grondstowwe, werknemers, masjinerie, vakmanskap (INSETTE) om te verseker dat hoë standaarde gehandhaaf word. 2. INSPEKSIE van produkte (UITSET) om te verseker dat die produkte aan die klant se behoefte voldoen. 3. STELSELS wat verseker dat die verlangde kwaliteit ooreenstem met die finale produk om te verseker dat verlangde standaarde bereik is.
1. KONSEPTE VAN GEHALTE Gehalte PRESTASIE • Dit verwys na die totale prestasie van ELKE department GEMEET aan die SPESIFIEKE STANDAARDE. HOE? • Gehalte kan slegs bereik word as al die verskillende departemente SAAMWERK om dieselfde gehaltestandaarde te bereik. • Die prestasie moet gereeld GEMONITOR en AANGEPAS word. TOTALE GEHALTE BESTUUR (TGB) • Verwys na die besigheid se breë POGINGS om ‘n PERMANENTE klimaat / organisasie kultuur te skep waarin die besigheid VOORTDUREND sal VERBETER, om hoë kwaliteit produkte en dienste aan hul klante te lewer.
ANDER KONSEPTE (GR 11 RECAP) (1) INTERNASIONALE STANDAARDE ORGANISASIE (ISO) • Die ISO is die WÊRELD SE GROOTSTE ONTWIKKELAAR van internasionale standaarde. • Hierdie instelling bestaan uit VERTEENWOORDIGERS van verskillende NASIONALE STANDAARDE-ORGANISASIES en stel internasionale standaarde wat die wêreld baat. • Hierdie standaarde hou verband met GEHALTEBESTUURSTELSELS en word ontwikkel om organisasies te help om in die BEHOEFTES VAN KLANTE en ander belanggroepe te voorsien. • ’n Besigheid kan aansoek doen vir ’n SERTIFISERING bekend as ISO 9000. • Die sertifiseringstandaard ISO 9001 verskaf die besonderhede oor die sertifiseringsvereistes vir die volgende: • die besigheid se OORHOOFSE GEHALTEBESTUURSTELSEL • BESTUURSVERANTWOORDELIKHEID in die GEHALTEBEHEERPROSES • die BESTUUR van HULPBRONNE, soos PERSONEEL • PRODUKSIEPROSESSE en produkte • die METING en ONTLEDING van GEHALTE • volgehoue VERBETERING BINNE die ONDERNEMING
ANDER KONSEPTE (GR 11 RECAP) (2) SUID-AFRIKAANSE BURO vir STANDAARDE (SABS) • Elke LAND het ‘n erkende NASIONALE STANDAARDE INSTELLING. • Die SABS is verantwoordelik vir die handhawing van Suid-Afrika se nasionale standaarde vir produksie. • Dit neem die BEHOEFTES van verbruikers in aanmerking m. b. t. die VEILIGHEID en GEHALTE van goedere & dienste. • Wanneer die SABS se goedkeuringsmerk op produkte voorkom, kan die klante daarvan seker wees dat die produkte VEILIG is en van die REGTE STANDAARD is. • Hierdie standaarde is genommer ooreenkomstig die NYWERHEID waarop hulle van toepassing is. Byvoorbeeld, die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard vir houtprodukte is SANS 10005. Daar is 6 500 van hierdie standaarde.
2. VOORDELE VAN ‘N GEHALTE BEHEERSTELSEL 1. Effektiewe gebruik van TYD en HULPMIDDELE 2. Verhoogde PRODUKTIWITEIT deur goeie tydsbestuur en gebruik van hoë gehalte hulpmiddele 3. Verbetering van werknemers VAARDIGHEDE en kennis deur voortdurende opleiding 4. Konstante verbetering van PRODUKTE en DIENSTE 5. Verhoog KLANTE TEVREDENHEID 6. Verhoog die kanse vir die bereiking van die besigheid se VISIE en DOELWITTE
3. VERDUIDELIK DIE GEHALTE AANDUIDERS OP ELKE BESIGHEIDSFUNKSIE ALGEMENE BESTUUR FINANSIËLE ADMINISTRASIE MENSLIKE HULPBRONNE AANKOPE BEMARKING PRODUKSIE OPENBARE BETREKKINGE
3. 1 ALGMENE BESTUUR FUNKSIE SUKSES 1. Skep van effektiewe MISSIE en VISIE. 2. Demonstreer effektiewe LEIERSKAP. 3. KOMMUNIKEER effektief met werknemers 4. Strategiese BEPLANNING in plek MISLUKKING 1. Afwesigheid van ‘n missie en visie dokument. 2. Demonstreer nie-effektiewe leierskap 3. Swak kommunikasie met werknemers 4. Geen bewys van strategiese beplanning nie
3. 2 ADMINISTRASIE FUNKSIE SUKSES 1. Effektiewe gebruik van TEGNOLOGIE 2. Tydige voorlegging van INLIGTING aan bestuur 3. Effektiewe veilige bewaring van INLIGTING MISLUKKING 1. Oneffektiewe gebruik van tegnologie 2. Laat voorlegging van inligting aan bestuur 3. Onveilige bewaring van inligting
3. 3 FINANSIËLE FUNKSIE SUKSES 1. Goed beplande BEGROTING 2. Effektiewe gebruik van FONDSE 3. Huidige en akkurate finansiële REKORDS 4. Effektiewe BELEGGING van surplus fondse 5. Verbeterde strategieë om WINS te verhoog. MISLUKKING 1. Swak beplande begrotings. 2. Vermorsing van fondse. 3. Onakkurate finansiële rekords. 4. Oneffektiewe belegging van surplus fondse. 5. Geen strategieë inplek om wins te verhoog nie.
3. 4 AANKOPE FUNKSIE SUKSES MISLUKKING 1. Identifiseer en kies van 1. Onbetroubare verskaffers VERSKAFFERS 2. Goeie VERHOUDING 2. Swak verhoudings met verskaffers 3. Hoë gehalte rou MATERIAL 3. Swak gehalte rou material 4. Genoegsame VOORRAADVLAKKE 4. Nie genoegsame voorraadvlakke 5. Gereelde VOORRAAD BEHEER 5. Ongereëlde voorraad beheer
3. 5 PRODUKSIE FUNKSIE SUKSES MISLUKKING 1. Onvoldoende 1. Geskikte, produksiestelsel. gedetailleerde en goed beplande PRODUKSIESTELSEL. 2. Ongereelde of nie 2. Gereëlde GEHALTE bestaande gehalte. beheer. 3. Tydige AFLEWERING. 4. Gereelde instandhouding van MASJINERIE. 3. Aflewerings is laat & verby sperdatums. 4. Masjienerie breek wat produksie traag.
3. 6 BEMARKING FUNKSIE SUKSES MISLUKKING 1. Effektiewe PRODUKONTONTWIKKELING 1. Oneffektiewe produk ontwikkeling 2. Effektiewe VERPAKKING 2. Oneffektiewe verpakking 3. Goeie PRYS strategieë wat verkope verhoog 3. Swak prys strategieë wat verkope laat daal 4. Lojale KLANTE 4. Dislojale klante
3. 7 OPENBAREBETREKKINGE FUNKSIE SUKSES MISLUKKING 1. Opbou van ‘n gunstige 1. Bou van ‘n ongunstige positiewe BEELD beeld. 2. Lewer gehalte 2. Aflewering van swak PRODUKTE en dienste gehalte produkte en dienste. 3. Gereelde KOERANT 3. Ongereelde koerant verslae. 4. KSI-PROGRAM – 4. Nie betrokke in ondersteun gemeenskaps-inisiatiewe gemeenskaps nie inisiatiewe 5. Bewustelike poging om 5. Verskillende verhoudings bestaande KLANTE te teenoor bestaande en behou en nuwe klante potensiële nuwe klante te lok.
3. 8 MENSLIKE HULPBRONNE FUNKSIE SUKSES MISLUKKING 1. Voortdurende OPLEIDINGSPROGRAM 1. Ongereëlde opleidingsprogram 2. Regverdige SELEKSIEPROSES 2. Onregverdige seleksieproses 3. Goeie VERHOUDING met werknemers 3. Swak verhouding met werknemers 4. Lae OMSET van werknemers 4. Hoë omset van werknemers
4. ELEMENTE VAN TOTALE GEHALTEBESTUUR 1. BEPLANNING 2. BESTUUR volgens feite 3. Deurlopende VAARDIGHEIDSONTWIKKELING 4. Deurlopende verbetering van PROSESSE en stelsel 5. MONITERING en EVALUERING van gehalte prosesse 6. TOP BESTUUR betrokkenheid (verbintenis) 7. ALLE WERKNEMER betrokkenheid 8. SPANWERK 9. Genoegsame FINANSIES en KAPASITIET 10. TOTALE KLANT TEVREDENHEID
S& SIE AN TIET FIN PASI KA G BE PL AN N NI BE ST VA ON ARDI TW GH IKK EID ELI S NG TOP R TUU TOTALE KLANT TEVREDENHEID BES UU R ERS NEM SPANWERK ALLE WER K P SSE E S RO MO EV NITE ALU RIN ERI G & NG 4. ELEMENTE VAN TOTALE GEHALTEBESTUUR
4. 1 BEPLANNING • ‘n VOORVEREISTE vir die implementering van ‘ suksesvolle TGB, is die noodsaaklikheid van noukeurige beplanning • Die beplannings stadium is die voorloper vir AKSIE • In hierdie stadium is SENIOR bestuur betrokke, ingelig en toegewyd aan die idee van TGB • ALLOKERING van rolle en verantwoordelikhede vir elke lid van bestuur met die implementering van TGB
4. 2 BESTUUR VOLGENS FEITE • Dit is ‘n sleutel element van TGB waar alle werknemers DATA versamel oor die werk wat hulle moet verrig • Gebruik die inligting om BESLUITE te maak wat hul werk affekteer. • Feite moet MEETBAAR wees en gebaseer wees op observasie en eksperimente. • Analise van data en inligting moet AKKURAAT wees. • Akkurate data en inligting sal bestuur help om INGELIGTE besluite te neem. • Gereelde gehalte TERUGVOER vergaderings tussen bestuur en werknemers moet gehou word om metodes vir verbeterde gehalte te bespreek.
4. 3 DEURLOPENDE VERBETERING VAN PROSESSE & STELSEL • Voortdurende verbetering is ‘n AANEENLOPENDE INSPANNING om produkte, dienste of prosesse te verbeter • Algemene instrument vir verbetering is die vier stap-model: BEPLANDOEN-KONTROLEER-HANDELING • BEPLAN • DOEN • KONTROLEER • HANDELING Identifiseer ‘n geleentheid en beplan vir verandering Implementeer die verandering op klein skaal Gebruik data om die uitslag van die verandering te analiseer Indien verandering suksesvol was, implimenteer op ‘n breë skaal en assesseer voortdurend die resultate
4. 4 MONITERING EN EVALUERING VAN GEHALTE PROSESSE • Monitering en Evaluering is ‘n waardevolle INTERNE bestuurs instrument. • Monitering en Evaluering stel jou in staat om die gehalte en impak van werk te ASSESSEER, teenoor die aksie plan en jou strategiese plan. • Vir monitering en evaluering om waardevol te wees, is goeie BEPLANNING nodig.
4. 5 TOP BESTUURS BETROKKENHEID • TGB is die BESTUURSPROSES wat gebruik word om voortdurende verbetering in alle besigheids funksies te bewerkstellig. • Die ideale voortdurende verbeteringsproses is die een wat BEGIN met senior bestuurs betrokkenheid / verbintenis. • Hulle bepaal BESIGHEIDSWAARDE en ontwikkel bestuurs infrastruktuur om verandering mee te bring. • Hulle moet hulself voorberei met die kennis van die KRITERIA van TGB en om by die TGB agenda te hou.
4. 6 ALLE WERKNEMERS BETROKKENHEID • MENSE is ‘n essensiële element van ‘n gehalte bestuurstelsel. • Werknemer deelname is ‘n sentrale PILAAR wat TGB in wêreld klas besighede bymekaar hou. • ‘n Belangrike KOMPONENT vir die bekendstelling van TGB is opleiding, ontwikkeling en die bemagtiging van personeel.
4. 7 SPANWERK • Vir besighede om suksesvol te wees, is spanwerk ‘n SLEUTELELEMENT van TGB. • Met die gebruik van spanne, sal die besigheid vinniger en beter OPLOSSINGS vir probleme kry. • Spanne verskaf ook meer PERMANENTE verbetering in prosesse en stelsels. • In spanne voel mense meer ONTSPANNE met probleme wat mag opduik, en kan hulp van ander werknemers gekry word om ‘n oplossing te vind.
4. 8 GENOEGSAME FINANSIES EN KAPASITIET • TGB sal finansiële IMPLIKASIES vir die besigheid hê. • Dit is dus belangrik dat voldoende finansiering verskaf moet word vir die besigheid se BEGROTING. • Besigheid moet ook verseker dat hulle die KAPASITEIT het om TGB te implementer. • Voorsiening moet gemaak word vir VERHOGING in kapasiteit, indien dit huidiglik onvoldoende is om die eise van TGB te bevredig.
4. 9 DEURLOPENDE VAARDIGHEIDSONTWIKKELING • Maak seker werknemers ontvang KORREKTE opleiding. • Ontwikkel ‘n korrekte INDUKSIEPROGRAM. • Kommunikeer die WAARDE van top gehalte aflewering.
4. 10 TOTALE KLANT TEVREDENHEID • Die besigheid moet die huidige en toekomstige BEHOEFTES van klante verstaan. • Klante vereistes moet BEVREDIG word. • Besigheid moet STREWE om klante tevredenheid te oorskry. • Kontak met klante met betrekking tot NAVERKOOP DIENS is ook belangrik om die vlak van tevredenheid te bepaal.
- Slides: 29