Geografie Graad 10 Kwartaal 2 Geomorfologie Die struktuur

  • Slides: 9
Download presentation
Geografie Graad 10 Kwartaal 2 Geomorfologie

Geografie Graad 10 Kwartaal 2 Geomorfologie

Die struktuur van die aarde • • Hierdie kwartaal gaan ons kyk na gesteentes

Die struktuur van die aarde • • Hierdie kwartaal gaan ons kyk na gesteentes en die strukture wat hulle vorm. Ons gaan ook kyk na die geologiese tyd wat die aantal jare is wat gesteentes vat om te ontstaan. • • Die aarde se geologie: Ons gaan kyk na die interne struktuur van die aarde

Die interne struktuur van die aarde • 1. Kors –Dun buitenste laag wat uit

Die interne struktuur van die aarde • 1. Kors –Dun buitenste laag wat uit soliede gesteentes bestaan. • 2. Mantel-Die mantel bestaan uit gesteentes wat in ‘n warm vloeibare toestand is. • 3. Buitekern-Baie dig , maar gesmelt • 4. Binnekern-Uiters warm, soliede metaalbol

Klassifikasie van gesteentes • • Ons gaan na drie hoof gesteentes kyk: 1. Stollingsgesteentes

Klassifikasie van gesteentes • • Ons gaan na drie hoof gesteentes kyk: 1. Stollingsgesteentes 2. Afsettingsgesteentes 3. Metamorfiese gesteentes • • Intrusief – na binne gedruk Ekstrusief- na buite gedruk

1. Stollingsgesteentes • Stollingsgesteentes vorm wanneer magma afkoel en solied raak. • • •

1. Stollingsgesteentes • Stollingsgesteentes vorm wanneer magma afkoel en solied raak. • • • Die ontstaan van stollingsgesteentes: A) Druk veroorsaak dat magma in die swak plek in die aardkors inbeweeg B)Die magma druk die gesteentes in die kante weg en dan vorm ‘n stollingsintrusie. Dit beteken die magma neem nou die plek in van die bestaande gesteente. Intrusiewe gesteentes vorm dan onder die oppervlak. C)Die magma kan ook die aardoppervlak bereik en dan is dit in die vorm van lawa wat ‘n ekstrusiewe stollingsgesteente tot gevolg het. •

Stollingsgesteentes Ekstrusiewe stollingsgesteente Intrusiewe stollingsgesteente Magma kamer

Stollingsgesteentes Ekstrusiewe stollingsgesteente Intrusiewe stollingsgesteente Magma kamer

1. Stollingsgesteentes • • Alle stollingsgesteentes bevat mineraalkristalle wat ook kristalyn genoem word. Indien

1. Stollingsgesteentes • • Alle stollingsgesteentes bevat mineraalkristalle wat ook kristalyn genoem word. Indien die magma stadig afkoel is die kristalle groot en sigbaar. As die magma vinnig afkoel is die kristalle klein en kan mens dit net sien met ‘n mikroskoop Stollingsgesteentes is massief en bestaan nie uit lae nie. Soorte stollingsgesteentes: 1. Graniet : Magma koel stadig af en die kristalle is duidelik sigbaar die kristalle bestaan uit kwarts (glasagtige voorkoms), mika(swart kristalle) en veldspaats( groot wit of pienk kristalle) 2. Basalt: Baie harde vorm van swart krilstalle. Die magma koel vinnig af en die kristalle kan nie met die blote oog gesien word nie. Die magma koel vinnig af omdat dit ‘n ekstrusiewegesteente is wat op die oppervlak van die aarde stol. 3. Doleriet: dit is ‘n intrusiewe stollingsgesteente. Die kristalle is klein, maar kan met die blote oog gesien word. Doleriet het ‘n groenerige kleur en vorm by die meeste tafelkoppe in die Karoo.

Gebruike van stollingsgesteentes • • • Gebruike van stollingsgesteentes: 1. Stollingsgesteentes bevat kosbare minerale

Gebruike van stollingsgesteentes • • • Gebruike van stollingsgesteentes: 1. Stollingsgesteentes bevat kosbare minerale soos koper, goud , yster en mangaan wat gemyn word mits dit ekonomiese voordeel het. 2. Stollingsgesteentes is goeie boumateriaal omdat dit so hard is. Dit word gebruik om paaie te bou en beton te versterk. 3. Baie kombuistoonbanke word van graniet gemaak. Bly asb ingeskakel op Digicampus ons volgende les gaan oor die ander twee gesteentes naamlik afsettingsgesteentes en metamorfiese gesteentes.

THANK YOU END OF PRESENTATION

THANK YOU END OF PRESENTATION