ENERGIE EN VERANDERING EENHEID 4 VEILIGHEID BY ELEKTRISITEIT
ENERGIE EN VERANDERING EENHEID 4 VEILIGHEID BY ELEKTRISITEIT Bedrading van huishoudings Veiligheid by elektrisiteit Smeltdrade en stroombrekers Veiligheidsmaatreëls Weerligafleiers Energiediefstal 4. 1 Bedrading van huishoudings Die bedrading van ’n huis Doc Scientia Graad 9 Natuurwetenskappe 1
ENERGIE EN VERANDERING verdeelkas kabel 60 A hoofskakelaar meter stroombreker in elke parallelle tak hoofstroombaan muursokke beligting – stroombaan in parallel Doc Scientia stoof aarddraad Graad 9 Natuurwetenskappe 2
ENERGIE EN VERANDERING Muursokke aarddraad smeltdraad lewendige draad neutrale draad kabel stabiliseerder isolering Praktiese taak 15: Bladsy 248 Bedraad ’n driepuntprop. Doc Scientia Graad 9 Natuurwetenskappe 3
ENERGIE EN VERANDERING 4. 2. 1 Veiligheidsmaatreëls Smeltdrade en stroombrekers sal vir veiligheid die oorlaaide stroom onderbreek. Smeltdrade Klein stukkie metaal wat bv. in sokke op ’n sentrale plek geleë is. Stroombrekers Skakelaar (elektromagneet) wat uitskop sodra die stroom te groot word. Voordele en nadele: Nadeel Smeltdrade Stroombrekers Doc Scientia Voordeel Moet vervang word. Goedkoop Maklik beskikbaar Duur Kan net weer aangeskakel word. Graad 9 Natuurwetenskappe 4
ENERGIE EN VERANDERING 4. 2. 2 Weerligafleiers ’n Metaalstaaf met ’n skerp punt wat op dakke/hoë punte vasgemaak word. Aktiwiteit 13: Bladsy 250 Ondersoek die volgende stroombrekers in elektriese toestelle en gee ’n gebruik daarvan. 1. 2. Gebruik: Tydsvertragende stroombreker gebruik om skadelose kortstondige stroomverhoging te weerstaan Doc Scientia Graad 9 Natuurwetenskappe Gebruik: Stroombrekers vir gebruik in motors. 5
ENERGIE EN VERANDERING 3. Gebruik: Stroombreker vir fotovoltaïse toestelle 4. Gebruik: Termiese stroombreker vir gebruik in hittetoestelle soos haardroërs, stowe en verwarmers. Doc Scientia Graad 9 Natuurwetenskappe 6
ENERGIE EN VERANDERING 4. 3 Elektriese energiediefstal Gevolge is: • Stabiliteit en die kwaliteit van elektrisiteit word beïnvloed. • Kragonderbrekings • Eskom kan nie tred hou met die toenemende aanvraag. • Groot verliese Aktiwiteit 14: Bladsy 251 Teken ’n plan vir die bedrading van ’n huis. Voorskrifte: • Elke vertrek moet ’n lig en ’n skakelaar bevat. • Daar moet ’n hoofskakelaar en ’n stroombreker vir die huis wees om oorlading te voorkom. Doc Scientia Graad 9 Natuurwetenskappe 7
ENERGIE EN VERANDERING Oefening 20: Bladsy 252 1 Gee een woord of term vir die volgende beskrywings. Beskrywings Woord/term 1. 1 Die meter wat die energieverbruik in ’n huishouding meet. Elektrisiteitsmeter 1. 2 Die draad wat vir geleiding na die aarde gebruik word. Aarddraad 1. 3 Draad wat smelt as die stroomoorlaai word. Smeltdraad 1. 4 Skakelaar wat uitskop as die stroomoorlaai word. Stroombreker 1. 5 Metaalstaaf met ’n skerppunt wat in die grond geplant is en as beskerming teen weerlig dien. Weerligafleier 2. Waarom word skakelaars aan die neutrale draad gekoppel en nie aan die lewendige draad nie? Veiligheidsredes: as die skakelaar aan die lewendige draad gekoppel is, het dit nog steeds ’n hoë potensiaal, selfs al is dit afgeskakel. ’n Mens kan selfs doodgeskok word deur aan so ’n apparaat te raak. Doc Scientia Graad 9 Natuurwetenskappe 8
ENERGIE EN VERANDERING 3 Gee ’n voordeel van die volgende: 3. 1 Stroombreker Kan net weer aangeskakel word, sonder om vervang te word. 3. 2 Smeltdraad Maklik beskikbaar Goedkoop 4. • • • Op watter maniere word elektrisiteit gesteel? Onwettige aansluitings Deur met die meters te peuter. Kabeldiefstal belemmer die voorsiening van elektrisiteit. 5. • • Waarom dink jy steel mense elektrisiteit? Gee twee redes. Kan dit nie bekostig nie en daarom word dit gesteel. Steel kabels om koper te verkoop vir geld. Steel elektrisiteit om gemakliker te kan leef. Nie in kultuur van betaal vir dienste nie. Doc Scientia Graad 9 Natuurwetenskappe 9
ENERGIE EN VERANDERING 6. Wat word beoog met Operasie Khanyisa? Om die wettige gebruik van elektrisiteit te bevorder. Verandering teweeg te bring in die verbruiker se optrede. 7. • • • Wat is die gevolge van diefstal en onwettige verbindings van elektrisiteit? Stabiliteit en die kwaliteit van elektrisiteit word beïnvloed. Kan lei tot kragonderbrekings. Eskom kan nie tred hou met die toenemende aanvraag vir voorsiening van elektrisiteit nie. Groot finansiële verliese Mense en diere kan doodgeskok of ernstig beseer word. Doc Scientia Graad 9 Natuurwetenskappe 10
- Slides: 10