ELEKTRIESE TEGNOLOGIE GRAAD 10 12 WAT IS ELEKTRIESE












- Slides: 12
ELEKTRIESE TEGNOLOGIE GRAAD 10 - 12
WAT IS ELEKTRIESE TEGNOLOGIE? • Die vak behels teoretiese kennis en praktiese vaardighede wat leerders neem om in die elektriese industrie en bedryf te gebruik om as elektrisiën of ingenieur op te tree. • Hoërskool Sand du Plessis spesialiseer in hoëstroom / elektrisiënskap opleiding waar leerders die kennis en vaardighede leer wat hulle sal nodig hê om as ‘n bekwame, professionele elektrisiën op te tree. • Na matriek sal leerders nie net uitstap met ‘n matrieksertifikaat nie, maar ook ‘n N-3 kwalifikasie in elektrisiënskapkennis en -teorie waarby hulle dan vir hulle “trade test” kan aansoek doen.
GRAAD 10 -ELEKTRIES • Hier leer skoliere die kennis van basiese huishoudelike installasies en elektriese teorie wat n hele spektrum dek van basiese kennis van die beroepsgesondheid en –veiligheidswet tot atoomteorie en stroomvloei en algehele stroombaan verbindings. • N-1 vlak elektriese industriële kennis. • Die vak is 70% generies en 30 % spesialisasie met praktiese similasies en een hooftaak wat as ‘n Praktiese Assesseringstaak (PAT) sal dien.
GRAAD 11 -ELEKTRIES • Hier leer skoliere die kennis van basiese industrïele installasies en elektriese teorie wat n hele spektrum dek van opbouende kennis van die beroepsgesondheid en –veiligheidswet, gereedskap, masjinerie en algehele industrïele stroombaan verbinding. • N-2 vlak elektriese industriële kennis. • Die vak is 50% generies en 50 % spesialisasie met praktiese similasies en een hooftaak wat as ‘n Praktiese Assesseringstaak (PAT) sal dien.
GRAAD 12 -ELEKTRIES • Hier leer skoliere die kennis van hoër industriële installasies en elektriese teorie wat n hele spektrum dek van opbouende kennis van drie-fase stroombane, verbindings, masjinerie en beskermingstoestelle. • N-3 vlak elektriese industriële kennis. • Die vak is 30% generies en 70 % spesialisasie met praktiese similasies en een hooftaak wat as ‘n Praktiese Assesseringstaak (PAT) sal dien.
STUDIERIGTINGS Studierigtings in hoëstroom elektrisiënswerk kan velde dek soos: • Elektriese passer • B. Ing in Elektriese ingenieurswese • B. Ing in Elektriese digitale ingenieurswese • Elektriese tegnikus • Outo-elektrisiën • Kommunikasietegnikus • PLB programmeringstegnikus • Installasie elektrisiën • Elektriese produksiebestuurder
OPLEIDINGSENTRUMS In en om Bloemfontein: • • EE Services Electrical Training and Trade Test Centre CS Electrical training centre CENTLEC PMI training solutions (Welkom) Sentrale Universiteit van Tegnologie, Vrystaat (CUT) Universiteit van Potchefstroom (Pukke) Universiteit van Stellenbosch (Maties)
WERKSGELEENTHEDE • Daar is tans 3562 werksgeleenthede in Suid-Afrika beskikbaar vir elektrisiëns. • 35 werksgeleethede in die Vrystaat. • 24 werksgeleenthede in Bloemfontein. Vir meer inligting: • https: //www. adzuna. co. za/electrician • https: //www. indeed. co. za/jobs-in-Free-State
Kies Sannies ELEKTRIES BAIE DANKIE