EENHEID 2 FAKTORE WAT ONTWIKKELING BEINVLOED Handboek bl
EENHEID 2 – FAKTORE WAT ONTWIKKELING BEINVLOED Handboek bl. 100
EENHEID 2 (BL 100): FAKTORE WAT ONTWIKKELING BEÏNVLOED • Nuwe woorde (Antwoorde) • Kolonies: lande onder politieke beheer van ander • Kolonialisme: praktyk waarin een land politieke en ekonomiese beheer van ‘n ander land bekom • Uitvoer: goedere of dienste koop of ruilhandel van jou land na ander lande. • Handelswanbalans: Verskil in waarde tussen die totale uitvoer en die totale invoer van ‘n land oor ‘n spesifieke tydperk. • Invoer: goedere of dienste wat jou land binnekom, koop of deur ruilhandel verkry vanaf ander lande. • Trope: streke van die aarde wat net noord en suid van die ewenaar lê • Gematig: met betrekking tot klimaat: wat nie te warm of te koud is nie of klimate van die 2 middelbreedtegrade
• Hernubare hulpbronne: hulpbronne wat hergebruik en herwin kan word • Natuurrampe: gebeurtenisse wat deur natuurkragte soos vloede, aardbwings en vulkane veroorsaak word • Industrialisering: die ontwikkeling van nywerhede op ‘n groot skaal • Sanitasie: omstandighede wat verband hou met openbare gesondheid soos die verskaffing van skoon drinkwater en voldoende riolering • Seisoenbestande paaie: ongeplaveide paaie wat gemaak is van materiaal wat nie in reënweer modderig raak nie. • Immunisering: Proses om te voorkom dat mense ‘n siekte opdoen. • Ongeletterde: Iemand wat nie kan lees of skryf nie. • Weerlose: sonder verdediging of swak • Etniese geweld: geweld of gevegte wat teen mense van ‘n spesifieke ras, kultuurgroep of taalgroep gerig is. 3
• Vlugtelinge: mense wat gedwing is om hul land te verlaat ten einde oorlog of vervolging te vermy. • Tender: ‘n ope uitnodiging deur ‘n regering of privaat maatskappy aan belangstellendes om ‘n bepaalde werk teen ‘n prys te verrig. • Beleggers: mense wat geld in ‘n onderneming belê met die hoop om wins te maak. 4
REDES VIR DIE VERSKILLE IN ONTWIKKELING: Interne faktore (Land het beheer): 1. Opvoeding 2. Tegnologie 3. Industrialisering 4. Politieke stabiliteit 5
Eksterne faktore (Land het geen beheer): Geskiedkundige faktore: 1. Kolonialisme 2. Slawehandel 3. Handelswanbalans en onbillike handel op ontwikkeling Geografiese faktore: 1. Klimaat 2. Ligging 3. Hulpbronne 4. Omgewingstabiliteit 5. Tegnologie 6. Infrastruktuur 6
BESPREKING VAN EKSTERNE FAKTORE: Geskiedkundige faktore 1. Kolonialisme • Koloniseerdes het waardevolle hulpbronne van die kolonies af weggeneem. • Vervaardigde produkte is terug geneem na die kolonies en hulle moes dit ten duurste aankoop. • Koloniseerders het die kolonies verwaarloos. Hulle het doelbewus minderwaardige onderwys gegee en in sommige lande geen. 7
2. Slawehandel • Slawe in Afrika is na Noord- en Suid-Amerika geneem om op plantasies te werk. • Jong mans is dus uit hulle land geneem na ‘n ander land. • Die arbeid het gehelp om Europa en Amerikas te ontwikkel, maar het ‘n “gap” in die Afrika land self gelaat. 3. Handelswanbalans en onbillike handel op ontwikkeling: • Afrika lande moes meer goedere begin invoer van die grondstowwe wat verwerk was. Dus was daar ‘n handelswanbalans. • Afrika lande moet ook meer billik hanteer word en Europese lande moet hulle markte open sodat Afrika buitelandse valuta kan begin verdien. 8
BESPREKING VAN EKSTERNE FAKTORE: GEOGRAFIESE FAKTORE 1. Klimaat • In die trope is dit warm, grond is minder vrugbaar, water is skaars en siektes is meer (Afrika) • Europa en Amerika het groot gebiede waar vrugbare grond en goeie reënval voorkom. • Nat gebiede se landbouontwikkeling is goedkoper as gebiede wat droog is. 2. Ligging • Hoe naby die land aan markte is om goedere te verkoop. • Lande wat bergagtig is, vind dit ook duurder om handel te dryf, aangesien die vervoerkostes verskriklik hoog is. 9
3. Hulpbronne • Elke land het sekere natuurlike hulpbronne. • Sommige lande het die voordeel dat hulpbronne duurder is as ander lande sin, bv. Olie, goud en diamante teenoor hout en mielies. • Nie-hernubare hulpbronne is meer werd, maar die oomblik wat dit op is, gaan daai lande se ekonomie vou. 4. Omgewingstabiliteit • Indien ‘n land gereelde natuurrampe het, verhoed dit die land se ontwikkeling aangesien dit moeilik is om met die lande handel te dryf. 10
5. Tegnologie en nywerheid • Tegnologie en industrialisering help ondernemings om te floreer en volhoubaar te wees. • Tegnologie kan vir menslike bedrywighede soos vervaardiging, bergplek, vervoer en kommunikasie gebruik word. • Lande wat in staat is om hulle eindprodukte te vervaardig is minder afhanklik van ander lande en is binne die vermoë om hulle eie ekonomieë te ontwikkel. 6. Infrastruktuur • Beperkte finansiering vir konstruksie en instandhouding lei tot die verval van paaie, kragonderbrekings, onbetroubare telefoondienste ens. • Swak infrastruktuur ontwrig handel en beïnvloed ook produksie. • Swak paaie en hawens beperk die verspreiding van goedere en dienste. 11
HUISWERK: • Aktiwiteit 5 bl 105. 12
OPLEIDING: • Opleiding is die grondslag vir ontwikkeling. • Dit bevoordeel ons gesondheid en welstand deur beter voeding en immunisering teen siektes. • Verhoog produktiwiteit en inkomste. • Oor die algemeen word ‘n geletterde mens meer betaal in vergelyking met ongeletterdes. • Hulle beklee betrekkings en is oor die algemeen meer produktief. • Tegnologie maak dit moontlik vir mense met leergestremdhede (blind) om te kan leer, skootrekenaars (laptop) maak vir kinders in verafgeleë plekke moontlik om wel met ‘n rekenaar te kan werk. • Sonder opleiding/opvoeding verlangsaam ontwikkeling en werkloosheid en armoede neem toe. 13
POLITIEKE STABILITEIT: • Interne konflik; • Burgeroorloë en etniese geweld beïnvloed die ontwikkeling van lande. • Dit vernietig wat met hierdie konflik gepaardgaan, beïnvloed die ekonomie negatief aangesien dit toerisme benadeel en buitelandse beleggers afskrik. • Fabrieke word vernietig. • Werkers daag nie op vir werk nie. • Geld word op militêre aangeleenthede gespandeer en nie infrastruktuur nie. • Korrupsie • Dit is die misbruik van jou posisie om onbillike voordeel te trek soos ‘n werk of vir geld. • Groot probleem in ontwikkelende lande. • Buitelandse beleggers of investeerdes (mense wat in ondernemings belê met die oog op wins) investeer nie in korrupte regerings nie. Hulle vermy transaksies met korrupte regerings of korrupte sakelui. 14
HUISWERK • Aktiwiteit 6: bl 108 • Aktiwiteit 7: Bl 109 15
- Slides: 15