DIT STUUR REG OP JOU AF en jy

  • Slides: 21
Download presentation
DIT STUUR REG OP JOU AF… en jy sal nie kan voorbly nie. Nee,

DIT STUUR REG OP JOU AF… en jy sal nie kan voorbly nie. Nee, dit is nie ‘n kernontploffing nie! Dit is baie erger as dit. En dit is oppad ! DAAR BESTAAN GEEN TWYFEL DAAROMTRENT NIE. DIE Bybel praat daarvan 1 518 keer ! En JY sal dit in die gesig MOET kyk. Dit is die skouspelagtige, kolossale gebeurtnis van alle eeue – die wederkoms van Jesus na hierdie planeet toe. . - Dit sal nie help om daarvan te probeer weg hardloop nie. DIT SAL JOU INHAAL. En dit sal ook nie help om jou oe daarvoor te probeer sluit nie. DIT SAL NIE WEGGAAN NIE. Dit kom. Waarom dit dan nie in die gesig kyk nie. ? Neem 20 min. om hier te lees. Wie weet, dit is dalk jou belangrikste 20 min. ooit.

1. Kan ons absoluut seker wees? Sal Jesus ‘n tweede keer na hierdie planeet

1. Kan ons absoluut seker wees? Sal Jesus ‘n tweede keer na hierdie planeet toe kom ? Heb. 9: 28 “So sal Christus ook nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verkyn aan die wat Hom verwag tot saligheid. ” Joh. 14: 3 “As Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer. ” Antw: Ja ! In Matt. 26: 64 het Jesus onder eed gtuig dat Hy weer na hierdie planeet toe sou terugkeer. Aangesien die Skrif nie gebreek kan word nie (Joh. 10: 35 ) is Jesus se woorde finaal. Hy gaan kom uit die ruimtes. Glo dit. Dit is Jesus se belofte.

2. Op watter wyse sal Jesus uit die hemelruimtes kom ? Hand. 1; 9

2. Op watter wyse sal Jesus uit die hemelruimtes kom ? Hand. 1; 9 -11 “Hy (is) opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle wat sê: Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel ? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle hom na die hemel sien wegvaar het. ” Antw: Die Bybel sê duidelik dat Jesus net so sal kom soos wat Sy dissipels Hom sien weggaan het – op sigbare, letterlike, liggaamlike, Persoonlike wyse. Matt. 24; 30 “En die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. ” Hy sal op die wolke , letterlik , kom as ‘n persoonlike wese met ‘n liggaam van vlees en been (Lees Lukas 24: 36 -43, 50), en Sy koms sal sigbaar wees. Hieromtrent is die Skrifte baie beslis.

3. Sal die wederkoms van Christus sigbaar wees vir alle mense, of net ‘n

3. Sal die wederkoms van Christus sigbaar wees vir alle mense, of net ‘n spesiale groep ? Op. 1: 7 “Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien. ” Mat 24: 27 “Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. ” Antw: Elke man, vrou en kind wat leef wanneer Jesus kom, sal Hom SIEN by Sy wederkoms. Die verblindende drievoudige heerlikheid van Sy koms (Luk. 9: 26) sal van horison tot horison strek, En die atmosfeer sal vol van Gods heerlikheid wees soos weerlig die hemelruim vul. Niemand kan wegkruip daarvoor nie. Elke mens wat lewe sal gedwing word om Christus te sien. Die Bybel is so duidelik hieromtrent dt niemand dit kan wegredeneer nie.

Opmerking: DIE GEHEIME WEGRAPING wat vandag so wydverspreid verkondig word, is nie in die

Opmerking: DIE GEHEIME WEGRAPING wat vandag so wydverspreid verkondig word, is nie in die Bybel nie. Dit is ‘n uitvindsel van mense. Die wederkoms is ook nie ‘n geestelike koms tydens bekering nie. Dit vind ook nie plaas by ‘n mens se sterfbed nie. Dit is ook nie figuurlik nie. . Dit het ook nog nie plaasgevind nie. Hierdie is almal teorieë van die mens. Die wederkoms gaan ‘n letterlike, wêreldwye, sigbare, persoonlike verskyning van Jesus op die wolke wees om die wêreld tot ‘n einde te bring en om alle mense te straf of beloon. (Openb. 22; 12)

4. Wie sal saam met Jesus uit die ruimtes kom en hoekom ? Antw:

4. Wie sal saam met Jesus uit die ruimtes kom en hoekom ? Antw: Al die engele van die hemel saam met Jesus uit die hemel kom. Namate hulle die aarde nader, sal Jesus hulle uitstuur om Sy kinders met harde trompetgeluid bymekaar te maak vir hulle reis na die hemel toe. Matt. 25: 31 “Wanneer die Seun van die mens in Sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit. ” Matt. 24: 31 “En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

5. Wat is die doel van Jesus se terugkeer na hierdie planeet toe ?

5. Wat is die doel van Jesus se terugkeer na hierdie planeet toe ? Antw; Jesus kom binnekort terug na ons toe om Sy kinders te beloon, soos Hy beloof het, en om hulle na hulle pragtige tuiste te neem wat Hy gaan voorberei het vir hulle. Hy sal weer die heerlikheid en die vreugde instel wat Adam en Eva in Eden geniet het. Sy koms sal die einde van hierdie eeu van sonde en onreg beteken. Op. 22: 12 “En kyk, Ek kom gou en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Joh. 14: 3 “Ek (kom) weer en sal julle na My toe neem, sodat Julle ook kan wees Waar ek is. ” Hand. 3: 20, 21 “En Hy Hom mag stuur…. Jesus Christus……. . wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge. ”

6. Wat sal met die kinders van God gebeur wanneer Jesus vir die tweede

6. Wat sal met die kinders van God gebeur wanneer Jesus vir die tweede keer verskyn ? Die regverdige dode sal uit hulle grafte voortkom en volmaakte, onsterflike liggame gegee word. Hulle sal die Here tegemoed gaan in die lug. Dan sal die lewende regverdiges ook verheerlikte liggame ontvang en ook opgaan die Here tegemoet in die lug. Jesus sal dan al Sy kinders hemel toe neem. Let op dat Jesus nie die aarde aanraak by Sy koms nie. Die heiliges ontmoet Hom “in die lug. ” Derhalwe sal Gods kinders, voor Sy sigbare koms, alle berigte dat Hy in New York of Londen of Kaapstad, ens. Is, ignoreer. Valse christusse sal verskyn en wonderwerke verrig (Matt. 24: 23 -27) Maar Jesus sal bokant die aarde bly wanneer Hy kom.

1 Thes. 4; 16, 17 “want die Here self sal Van die hemel neerdaal…….

1 Thes. 4; 16, 17 “want die Here self sal Van die hemel neerdaal……. . en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke Weggevoer word die Here tegemoet in die lug. ” 1 Kor. 15: 51 -53 “Ons sal almal verander word……. en die dode sal onvergangklik opgewek word……. en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. ” Fil. 3: 20, 21 “Die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam. ”

7. Wat sal met die sondaars gebeur wanneer Jesus weer kom ? 2 Thes.

7. Wat sal met die sondaars gebeur wanneer Jesus weer kom ? 2 Thes. 2: “Dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here, met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak. ” Antw: Die sondaars sterf almal deur die heelikheid van Jeus se koms. nie een kan Hom sien en bly leef nie. 8. Hoe sal die koms van Jesus die aarde self be-invloed ? Antw: Die aarde word vasgegryp deur ‘n geweldige aardbewing by Jesus se koms. Hierdie aardbewing sal so ontsettend wees dat elke huis en stad daardeur platgevee word. Alles op aarde word ‘n puinhoop.

Op. 16: 18, 20 “Daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie

Op. 16: 18, 20 “Daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie – so ‘n geweldige groot aardbewing. ” “En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie. ” Jer. 4; 26 “Ek het gekyk, en die land van tuine was ‘n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die Here. ” Jes. 24: 1, 3 “ Kyk, die Here maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners. ” 9. Gee die Bybel vir ons duidelike aanwysings oor hoe naby die koms van Jesus werklik is ? Antw: Ja, dit gee ! En Jesus het self gesê: Mat. 24: 33 “So weet julle ook , wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. ” Oral langs die pad het Jesus tekens geplaas om ons te vertel hoe ver die einde nog is, Hier volg ‘n lys van die padtekens. kyk sorgvuldig daarna.

. em l a s u a rw s oe A. D e ie

. em l a s u a rw s oe A. D e ie V gv n i t er J n Profesie: Mat. 24: 2, 16 “Daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie. ” “Dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug. ” Vervulling: Jerusalem is in 70 n. C deur Titus verwoes. B. ‘n Groot Vervolging of Benoudheid sou kom. Profesie: Matt. 24: 21 “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het nie. ” Vervulling: 538 – 1798 n. C Hierdie groot en lang tydperk van vervolging is deur die afvallige kerk begin en het deur die Duistere Middeleeue geduur. Dit was vir langer as ‘n duisend jaar ! Meer as vyftig miljoen kinders van God is om die lewe gebring in hierdie groot benoudheid.

C. Die Son het Swart geword. Profesie: Matt. 24: 29 : En dadelik na

C. Die Son het Swart geword. Profesie: Matt. 24: 29 : En dadelik na die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word Vervulling: Op 19 Mei 1780 het hierdie donker dag aangebreek. Daar was geen natuurlike oorsaak vir hierdie swartword van die son nie. Dit was nie ‘n gewone verduistering nie. Die sterrekundiges bevestig dit. Dit het gebeur en is ‘n historiese feit ! D. En die Maan sal in Bloed V. erander Profesie: “Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. ” Joël 2: 31 Vervulling: Op die aand van die Donker Dag, 19 Mei 1780 was die maan rooi soos bloed. Die geskiedenis bevestig hierdie feit.

al es r r e t S. Die mel e H e i van

al es r r e t S. Die mel e H e i van d val. E Profesie: Matt. 24: 29 “En die sterre sal van die hemel val. ” Vervulling: In die nag van 13 November 1833 is hierdie teken vervul. Daar was so ‘n sterrereën dat ‘n koerant op straat in die sterrelig gelees kon word. Mense het geskreeu dat die einde gekom het. Hoe verbasend: Die juistheid van die voorspelling van Jesus self. Die sterrereën was gewees.

F. En Dan ? Jesus verskyn op die wolke. Profesie: Matt. 24: 30 “En

F. En Dan ? Jesus verskyn op die wolke. Profesie: Matt. 24: 30 “En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en al die stamme van die aarde sal rou bedryf en die Seun van die mens Sien Kom op die wolke van die hemel met groot krag en Heerlikheid. ” Vervulling: Dit is die volgende groot gebeurtenis. Is jy reg ? Jaartal ? ? ? (vraag 10 sal vervolg word. )

11. Presies HOE NABY is die Here se verskyning op die wolke ? Antw;

11. Presies HOE NABY is die Here se verskyning op die wolke ? Antw; Die Bybel is baie duidelik op hierdie punt. Die tekens is ongeveer almal vervul. Ons weet nie presies op watter dag en uur die Here sal kom nie. (Matt. 24: 36), maar dis moontlik dat ONS DIE LAASTE GESLAG MENSE IS WAT OP HIERDEIE SONDIGE AARDE WOON. Die tyd is verby. . God gaan Sy evangelie haastig laat spoed na die uiteindes van die aarde (lees Rom. 9: 28). GAAN JESUS IN ONS DAG NA DIE AARDE TOE TERUGKEER OM SY KINDERS TE KOM HAAL EN IS JY REG DAARVOOR ? Matt. 24; 32 -34 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis; Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, VOOR DIE DEUR. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat AL hierdie dinge gebeur het nie. ”

12. Die satan versprei baie valshede aangaande Jesus se wederkoms en met leuens en

12. Die satan versprei baie valshede aangaande Jesus se wederkoms en met leuens en wonders gaan hy miiljoene bedrieg. HOE KAN EK SEKER MAAK DAT EK NIE BEDRIEG SAL WORD NIE ? Antw; Die satan doen alles in sy vermoë om die mens te bedrieg omtrent Jesus se wederkoms. Hy verlei miljoene om te glo en te verkondig dat Jesus alreeds gekom het, of dat Hy op ‘n ander manier sal kom as wat die Bybel voorspel het. Jesus het geweet , en hy het ons vooruit gewaarsku. Mat. 24: 4 “Pas op dat niemand julle mislei nie. ” V 26. Jesus sê Hy sal nie in die woestyn of in die binnekamer verskyn nie. Sy koms sal soos die weerlig wees wat van oos tot wes skyn. Vra jouself elke keer en gedurig af: WAT Sê DIE BYBEL VAN SY KOMS ? Net diegene wat weet en wat glo wat die Bybel sê, sal nie deur die satan bedrieg word nie.

Mat. 24: 24 “EN hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit

Mat. 24: 24 “EN hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. ” Op. 16: 4 “Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen Jes. 8: 20 “Tot die wet en die getuienis ! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie. ” 13. Hoe kan ek seker wees dat ek gereed sal wees wanneer Jesus verskyn? Antw: Jesus sê: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met Hom maaltyd hou, en hy met My. ”- Op. 3; 20 Deur die Heilige Gees en my gewete klop die Here aan my deur en vra om in te kom. Hy wil inkom en Hy wil wat verkeerd is, regmaak. As ek my oorgee aan Hom, vergewe Hy my al my sondes van die verlede (Rom. 3: 25). Dan gee Hy my die krag om vir Hom te leef. ( Joh. 1: 12 )

Hy skenk Sy geregtigheid aan my as ‘n vrye gawe sodat ek onbevrees voor

Hy skenk Sy geregtigheid aan my as ‘n vrye gawe sodat ek onbevrees voor ‘n heilige God kan staan by Sy koms. Met Jesus aan my sy word dit ‘n vreugde om Sy wil te doen. Dit is so eenvoudig dat baie nie kan glo dis werklik so nie. My deel is net om myself aan Hom te gee. Sy deel is om die wonderwerk in my lewe te verrig wat my hele lewe verander en wat my voorberei vir sy wederkoms. Dit is Sy geskenk aan my. Ek moet dit net aanneem. Joh. 1: 12 “Ek sal hom wat na My Toe kom nooit uitwerp nie. ” Joh 1: 2” ”Maar almal wat Hom aangeneem het aan hulle het Hy mag gegee om Kinders van God te word. ” Heb. 8: 10 “Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart Skrywe. ”

1 Kor. 15: 57 “Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur

1 Kor. 15: 57 “Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. ” 14. Teen watter groot gevaar waarsku Jesus my ? Antw: daar bestaan ‘n wesenlike gevaar dat die sorge en die Dinge van hierdie lewe ons so besig kan hou, dat ons te besig is om die voorbereiding te tref vir die GROOTSTE VAN ALLE GEBEURE. As dit ons onvoorbereid moet oorval, is ons verlore. Dit gaan miljoene se dilemma wees. Hulle het nie voorberei nie. Hoe lyk dit met jou ? Jesus gaan in HIERDIE DAE terug kom aarde toe. Is jy reg daarvoor ? Niks anders is van so ‘n groot belang nie.

Mat. 24: 44 “Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die

Mat. 24: 44 “Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. ” Luk. 21 : 34 “Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en die dag julle nie skielik oorval nie. ” Luk. 21: 36 : Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word. ” word vervolg Alta strydom Geneem uit: Verbasende feite (SDA)