DIREKTE EN INDIREKTE REDE Dit is die direkte

  • Slides: 9
Download presentation
DIREKTE EN INDIREKTE REDE Dit is die direkte woorde van ‘n persoon en die

DIREKTE EN INDIREKTE REDE Dit is die direkte woorde van ‘n persoon en die oorvertel daarvan vir iemand anders Me. J. van Zyl

‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: 1. ONTHOU DAT JY DIE WOORDE NET IN

‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: 1. ONTHOU DAT JY DIE WOORDE NET IN DIREKTE EN INDIREKTE REDE VERANDER - NIE IN LYDENDE EN BEDRYWENDE VORM, OF ONTKENNING, OF ENIGE ANDER TAALVORM NIE! 2. IN ‘N TOETS/EKSAMEN VERANDER JY NIE DIE TYE NIE - AS DIE SIN IN DIE TEENWOORDIGE TYD IS, BEHOU JY DIT IN DIE TEENWOORDIGE TYD, ENSOVOORTS, TENSY JY ANDERS GEVRA WORD. 3. IN DIE INDIREKTE REDE IS DAAR GEEN LEESTEKENS (OOK NIE ‘N DUBBELPUNT) NIE.

PUNKTUASIE IN DIREKTE REDE • STELSINNE Sy het gesê: “Ek voel nie baie goed

PUNKTUASIE IN DIREKTE REDE • STELSINNE Sy het gesê: “Ek voel nie baie goed nie. ” “Ek voel nie baie goed nie, ” het sy gesê. “Ek, ” het sy gesê, “voel nie baie goed nie. ” • VRAAGSINNE Hy vra: “Wanneer kom jy terug? ” vra hy. “Wanneer, ” vra hy, “kom jy terug? ” • BEVELSINNE Pa beveel: “Piet, sit nou dadelik stil!” beveel Pa. “Piet, ” beveel Pa, “sit nou dadelik stil!”

BAIE BELANGRIK ! ! JY GEBRUIK FEITLIK ELKE KEER ‘N VOEGWOORD AS JY VAN

BAIE BELANGRIK ! ! JY GEBRUIK FEITLIK ELKE KEER ‘N VOEGWOORD AS JY VAN DIREKTE NA INDIREKTE REDE OORSKRYF: Hy sê DAT hy moeg is. Sy vra OF hy iets wil eet. Pa beveel DAT hy moet stilbly. Sy vra WAAROM haar broer laat is. Sy wil weet WIE my gehelp het. ELKE KEER AS JY ‘N VOEGWOORD GEBRUIK, MOET JY OPLET NA DIE WOORDORDE DAARNA, AANGESIEN HULLE GEWOONLIK IN GROEP 3 IS, WAT BETEKEN DAT DIE WERKWOORDE NA DIE EINDE VAN DIE SIN BEWEEG.

 • • • WOORDE WAT VERANDER VAN DIREKTE NA INDIREKTE REDE ek, jy,

• • • WOORDE WAT VERANDER VAN DIREKTE NA INDIREKTE REDE ek, jy, sy, hy, u my, jou, haar, hom ons, julle vandag, vanoggend, vanmiddag, vanaand gister, gisteroggend, gistermiddag, gisteraand môre, môreoggend, môremiddag, môreaand gister eergister naaseergister môre oormôre nou gelede hier, hiernatoe • • • hy of sy sy, hy/syne, hare, syne hulle daardie dag, daardie oggend, daardie middag, daardie aand die vorige dag, die vorige oggend die vorige middag, die vorige aand die volgende dag, die volgende oggend, die volgende middag, die volgende aand die vorige dag/die dag tevore twee dae gelede/tevore drie dae gelede/tevore die volgende dag/die dag daarna oor twee dae/twee dae later toe vantevore daar, daarnatoe

VOORBEELDE: • • Pa sê: “Ons het vanaand regtig lekker hier gekuier!” Ma vra:

VOORBEELDE: • • Pa sê: “Ons het vanaand regtig lekker hier gekuier!” Ma vra: “Het jy gister hierdie stuk gras gesny, Piet? ” Die man sê: “My dokter het eergister gesê dat hy nou op vakansie moet gaan. ” Pa sê: “Soek jy die sleutels hier rond, Anne!” “Ons het gister draad gespan om ons plaas, ” het hy gesê. Piet sê: “Dis my boek waarin jy skryf, Jan!” Ma vra: “Sal jy onthou om oormôre hierdie boek saam te bring, Piet? ” • • Pa sê dat hulle daardie aand regtig lekker daar gekuier het. Ma vra vir Piet of hy die vorige dag daardie stuk gras gesny het. Die man sê dat sy dokter twee dae gelede gesê het dat hy toe op vakansie moet gaan. Pa sê/beveel dat Anne die sleutels daar rond moet soek. Hy het gesê dat hulle die vorige dag draad om hulle plaas gespan het. Piet sê dat dit sy boek is waarin Jan skryf. Ma vra of Piet sal onthou om oor twee daardie boek saam te bring.

UITROEPE IN DIREKTE EN INDIREKTE REDE • • • AG NEE! AI TOG! FOEI

UITROEPE IN DIREKTE EN INDIREKTE REDE • • • AG NEE! AI TOG! FOEI TOG! SIES TOG! WAT! NOOIT! GOEISTE! VERVLAKS! DEKSELS! ASSEBLIEF! DANKIE! EINA! VERVLAKS! WONDERLIK! HOERA! MAGGIES! SJOE! GMPF! JA! NEE! • • • TELEURGESTELD SIMPATIEK VERBAAS ONTSTELD BELEEFD WAARDEREND MET ‘N UITROEP VAN PYN OPGEWONDE BEÏNDRUK ONGELOWIG BEVESTIGEND ONTKENNEND

UITROEPE IN INDIREKTE REDE • • Hy vra: “Sies tog, het jy seergekry? ”

UITROEPE IN INDIREKTE REDE • • Hy vra: “Sies tog, het jy seergekry? ” Hulle skree: “Hoera! Môre is dit vakansie!” “Gmpf, dink jy ek glo jou? ” vra Ma. Sy sê: “Ja, ons bly al tien jaar in Kaapstad. ” Pa vra: “Sal julle asseblief julle voete afvee? ” “Allawêreld, dis darem ‘n besonder mooi motor!” sê Pa. Jan skree: “Eina! Die doring het my seergemaak!” Ma sê: “Dankie dat jy my gehelp het, Susan. ” • • Hy vra met ‘n uitroep van simpatie of hy seergekry het. Hulle skree opgewonde dat die volgende dag vakansie is. Ma vra met ongeloof of hy dink dat sy hom glo. Sy sê bevestigend dat hulle al tien jaar in Kaapstad bly. Pa vra beleefd of hulle voete sal afvee. Pa sê beïndruk dat dit darem ‘n besonder mooi motor is. Jan skree met ‘n uitroep van pyn dat die doring hom seergemaak het. Ma bedank Susan dat sy haar gehelp het.

OEFENING: DIREKTE EN INDIREKTE REDE • • Anne vra: “Gert, kan jy vir my

OEFENING: DIREKTE EN INDIREKTE REDE • • Anne vra: “Gert, kan jy vir my sê vir wie jy gister jou fiets geleen het? ” Pa: “Jan, kom dadelik hiernatoe en bring hierdie boek saam!” Francois het gesê: “Die son skyn darem warm vandag!” Ma: “Anne, was dadelik die skottelgoed op!” “Die motor, ” vertel Piet, “het op die draai omgeslaan. ” Pa: “Dankie vir al die lemoene wat julle eergister gebring het. ” Jack: “Het jy hoofpyn, Jan? ” • • Anne vra vir Gert of hy vir haar kan sê vir wie hy die vorige dag sy fiets geleen het. Pa beveel Jan om dadelik daarnatoe te kom en daardie boek saam te bring. Francois het gesê dat die son daardie dag darem warm skyn. Ma beveel Anne om dadelik die skottelgoed op te was. Piet vertel dat die motor op die draai omgeslaan het. Pa het hulle bedank vir al die lemoene wat hulle twee dae gelede gebring het. Jack het vir Jan gevra of hy hoofpyn het.