Mense is dikwels onredelik, onlogies en self-gesentreerd; Vergewe hulle in elk geval.
As jy vriendelik is, mag mense jou beskuldig van selfsugtige, bybedoelings; Wees in elk geval vriendelik.
As jy suksesvol is , sal jy sommige vals vriende en sommige egte vyande wen; Wees in elk geval suksesvol.
As jy eerlik en opreg is, mag mense jou verkul; Wees in elk geval eerlik en opreg.
Wat jou jare geneem het om op te bou, mag iemand oornag vernietig; Bou in elk geval.
As jy gemoedsrus en blydskap gevind het, mag ander jaloers wees; Wees in elk geval gelukkig.
Die goeie wat jy vandag doen, vergeet mense dikwels teen die dag van môre; Doen in elk geval goed.
Gee die wêreld die beste wat jy het, en dit mag nooit genoeg wees nie; Gee in elk geval die wêreld die beste wat jy het.
Jy sien, per slot van rekening is dit alles tussen jou en God; Dit was in elk geval nooit tussen jou en hulle nie. NEEM VRYMOEDIGHEID OM HIERDIE BOODSKAP MET ANDER TE DEEL! Vir nog Power. Point aanbiedinge besoek: www. tommyswindow. com