Die siel se asemhaling woorde Toe hul hom

  • Slides: 15
Download presentation
Die siel se asemhaling… …. woorde.

Die siel se asemhaling… …. woorde.

Toe hul hom vra: Wat is meer belangrik – om te bid, of om

Toe hul hom vra: Wat is meer belangrik – om te bid, of om Bybel te lees, antwoord hy: ”Ek vra jou, wat is meer belangrik, om IN te asem, of UIT te asem? ” Spurgeon ‘n Mens wat nie asemhaal nie, is reeds (steeds) dood. Asem gaan na die hart, die hart stuur dit na die brein – daarsonder is geen lewe moontlik nie. Net so is die Woord in, en woord uit, die siel se asem, en die siel neem dit na die gees – daarsonder is die gees dood.

Analogie met motors – die geluide vertel ‘n storie van verwaarlosing of krag…. .

Analogie met motors – die geluide vertel ‘n storie van verwaarlosing of krag…. . maar dit neem ‘n geleerde oor om die verskil te hoor. En dan is daar elektriese motors…… Mat 12: 20 ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, rook sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring (die proses van geregtigheid deurgevoer het).

Wanneer my asem op rym se ritme drom, dan word my siel se smagte

Wanneer my asem op rym se ritme drom, dan word my siel se smagte so duidelik as kan kom. Psa 130: 1 -8: ‘n Bedevaartslied. Uit dieptes roep ek U aan, o HERE! Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. Ek wag op JHWH; my siel wag, en ek hoop op sy woord. My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. Wag op JHWH, o Israel! want by JHWH is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede. Psalm 130 Uit dieptes, gans verlore, van redding ver vandaan, waar hoop se laaste spore in wanhoop my vergaan; uit diep van donker nagte roep ek, o Here, hoor, en laat my jammerklagte tog opklim in u oor! As U, o Heer, die sonde na reg wou gadeslaan, wie sou een enk'le stonde voor U, o Heer, bestaan? Maar nee, daar is vergewing altyd by U gewees; daarom word U met bewing reg kinderlik gevrees. Soos een wat op die mure as wagter uitgestel, gedurigdeur die ure met sy gedagte tel --só wag my siel, en sterker, gedurig op die Heer, tot Hy, die Ligbewerker, die nag in daagraad keer. Hoop, Isr'el, in jou klagte; vertrou, o volk, wat treur; sy guns verduur die nagte, sy heil breek eind'lik deur. Dan skyn 'n soete vrede: gans Israel word vry van ongeregtighede. Heer, doen ook so aan my! Totius

Soos motor enjins is die klanke van die woorde van ‘n mens…. . 1.

Soos motor enjins is die klanke van die woorde van ‘n mens…. . 1. Harde en baie geraas wys nie krag en waarde nie, maar dit vertel iets van die eienaar. 2. Stil enjins is nie noodwendig swak enjins nie 3. Alle geluide het nie die selfde betekenis nie – sommige klanke vertel die geleerde oor van probleme wat bestaan, iets wat gaan breek. 4. Meganiese foute kan baie keer gehoor word voor dit breek, terwyl elektriese foute stil is tot die enjin gaan staan (so verskil die siele van mense, en ook hul worsteling). 5. Klanke en enjins vertel normaalweg ‘n storie aan die hoorder – BEHALWE as die klanke nie van die enjin kom nie, maar van ‘n opname (elektriese motors).

Die geluide wat ons mond maak, is ‘n direkte konneksie met dit wat in

Die geluide wat ons mond maak, is ‘n direkte konneksie met dit wat in ons siele (harte) is. Mat 15: 16 Maar Jahshua sê: Is julle dan ook nog sonder verstand? Mat 15: 17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? Mat 15: 18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak. Mat 15: 19 Want uit die hart kom daar slegte sleg gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Mat 15: 20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maak maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie. Rom 10: 8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: Rom 10: 9 As jy met jou mond die Meester Jahshua bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; word Rom 10: 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Mens kan soms sommige hoorders kul met mooi klanke uit ‘n lelike hart, maar mens kan nie almal vir altyd daarmee kul nie – uiteindelik sal jou woorde die siel in jou openbaar.

JHWH haat “elektriese motors” – siele wat klanke speel omdat hul weet ander wil

JHWH haat “elektriese motors” – siele wat klanke speel omdat hul weet ander wil dit so hoor, maar dit is nie konnekteer aan die enjin in die motor nie. Mat 12: 33 Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken. Mat 12: 34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? is Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Mat 12: 35 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. Mat 12: 36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag Mat 12: 37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. Esg 33: 31 En hulle kom na jou toe soos ‘n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, woorde maar hulle doen dit nie; nie want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan Mat 15: 7 Geveinsdes, Geveinsdes tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Mat 15: 8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. af Mat 15: 9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is (klanke te maak wat hul opgeneem het om mooi te klink)

Ydele (onbedoelde) woorde is ‘n rooi doek voor ons Vader. Hos 7: 8 Efraim—hy

Ydele (onbedoelde) woorde is ‘n rooi doek voor ons Vader. Hos 7: 8 Efraim—hy vermeng hom met die volke; Efraim is ‘n roosterkoek wat nie omgekeer is nie (bo wit, onder swart) Hos 7: 9 Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; nie ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie Hos 7: 10 Ja, die trotsheid (arrogansie / uitnemendheid) van Israel getuig openlik teen hom; hom en tog bekeer hulle hul nie tot JHWH hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie Hos 7: 11 So het Efraim dan geword soos ‘n onnosele duif sonder verstand; verstand hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur (hul mond en daad is gediskonnekteer) Hos 7: 12 Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; uitsprei soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; neer Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is. is Hos 7: 13 Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! Ék tog wou hulle verlos, verlos maar húlle het leuens teen My gespreek Hos 7: 14 Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My. My Hos 7: 15 Alhoewel Ek hulle arms geoefen, geoefen versterk het, het hulle kwaad teen My beraam Hos 7: 16 Hulle keer terug, maar nie na bo nie; nie hulle is soos ‘n bedrieglike bedrieglik boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong Dit is hulle bespotting in Egipteland.

Om “Christin” te praat en te speel sonder dat die hart verander om soos

Om “Christin” te praat en te speel sonder dat die hart verander om soos Christus te word, is om te sê Here, maar nie te doen wat Hy sê nie. Jou vertroue op God en jou geloof sal teleurstel wanneer die beproewing jou tref. Luk 6: 45 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; is en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; is want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond Luk 6: 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? nie Luk 6: 47 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is. Luk 6: 48 Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was. Luk 6: 49 Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ‘n man wat ‘n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot. Kom + Luister + Doen (ook woorde) = Goeie (geredde en geborge siel) mens.

Hierdie beginsel is nie eers Nuwe Testamenties nie, dit is reeds van die begin

Hierdie beginsel is nie eers Nuwe Testamenties nie, dit is reeds van die begin af so. Deu 30: 10 ……as jy na die stem van JHWH jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot JHWH jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel Deu 30: 11 Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Deu 30: 12 Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Deu 30: 13 Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Deu 30: 14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, hart om dit te doen. Deu 30: 15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk. Deu 30: 16 Wat ek jou vandag beveel, is om JHWH jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en JHWH jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. Mar 12: 29 En Jahshua antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here; Here Mar 12: 30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. Mar 12: 31 En die tweede, hieraan gelyk, gelyk is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.

Dis nie so eenvoudig om die hart se foute te ken nie, selfs nie

Dis nie so eenvoudig om die hart se foute te ken nie, selfs nie vir die eienaar van daardie hart nie. Jer 17: 5 So sê JHWH: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, maak terwyl sy hart van JHWH afwyk Jer 17: 6 En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land. Jer 17: 7 Geseënd is die man wat op JHWH vertrou, vertrou en wie se vertroue JHWH is. is Jer 17: 8 Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie. Jer 17: 9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

Daarom doen die HG groot werk in ons, en word Hy die openbaarder van

Daarom doen die HG groot werk in ons, en word Hy die openbaarder van ons ware aard – sodat ons gekonfronteer kan word met die gebreekte parte in ons enjin – om dit te herstel. 1 Ko 2: 10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, geopenbaar want die Gees ondersoek alle dinge, dinge ook dieptes van God. 1 Ko 2: 11 Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? is So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. Rom 8: 12 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; Rom 8: 13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe Rom 8: 14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God Rom 8: 15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Rom 8: 16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; is Rom 8: 17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. Joh 16: 7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; Joh 16: 8 en as Hy kom, kom sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel

Jahshua het van die hemel gekom om die Woord op aarde vir ons te

Jahshua het van die hemel gekom om die Woord op aarde vir ons te kom doen – en Sy Woord is liefde. Deu 30: 11 Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Deu 30: 12 Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Joh 3: 9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? Joh 3: 10 Jahshua antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? Joh 3: 11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. Joh 3: 12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? Joh 3: 13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. Joh 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Joh 3: 17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Joh 3: 18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. Joh 3: 19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos

Drie tipe mense: 1. Koud: Slegte hart, en slegte klanke (woorde) 2. Lou: Slegte

Drie tipe mense: 1. Koud: Slegte hart, en slegte klanke (woorde) 2. Lou: Slegte hart, maar mooi klanke (woorde) – met kennis van wat goed is, maar geen “doen” in die hart nie. 3. Warm: Goeie hart, en goeie klanke (woorde) – en elke dag meer soos Christus. Watter een is ek, wat is my huis, wat is ons volk? Die Gees kan help om die hart te openbaar, sodat die herstel kan begin. Sonder besef, kan daar nooit berou wees, en sonder berou, nooit bekering. ‘n Motor met ‘n skeet kan vir lank rond kapittel in die stad, kort afstande en ligte werk. Maar as die langpad en swaar vrag opdraandes bring, sal die verswakte part swig, en jou langs die pad laat staan. Moenie die venster toedraai om die klop geluid in die enjin nie te hoor nie, die tyd is te min en die risiko is te hoog.

Amen

Amen