Die Minerale Revolusie in SuidAfrika LES 4 Die











































- Slides: 43
Die Minerale Revolusie in Suid-Afrika LES 4: Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand.
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand • Die mense wat in S. A. gewoon het, het reeds vir honderde jare geweet daar goud in die Oos-Transvaal (vandag Mpumalanga) is. • Wit setlaars het goud in 1872 in die gebied om Pelgrimsrus in die Oos. Transvaal ontdek.
Oos-Transvaal (Mpumalanga)
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand • Goud is in Lydenburg en Barberton gevind, en klein myndorpe het in hierdie gebiede gevorm. • Die goud wat hier ontdek is, was oppervlakgoud, gewoonlik met die riviere langs. • Daar was nie groot hoeveelhede goud nie.
Eerste delwers by Baberton
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand • • In 1886 het George Harrison, goud in rotse op 'n plaas met die naam Langlaagte ontdek. Vandag lê die gebied aan die westelike kant van Johannesburg. Gedurende hierdie tyd was die ZAR, onder leiding van Paul Kruger, bankrot. Die nuus het versprei en gou het mense in die gebied aangekom om te kyk of hulle hul fortuin met goud kon verdien.
Die Plaas Langlaagte
Die Plaas Langlaagte
Langlaagte ontwikkel
Langlaagte groei tot ‘n dorp
Groot myne by Langlaagte
Paul Kruger President van die ZAR
Kruger Rande
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand • • Klein mynkampe het oral in die gebied ontstaan, wat Witwatersrand genoem is. Die mynkampe het groter geword en het in 'n dorp ontwikkel, genaamd Johannesburg is vernoem na Johannes Joubert en Johannes Rissik, wat albei kartering in die area gedoen het. Daar is algemeen geglo dat die twee mans hul naam gekombineer het en ‘burg’ daarby gevoeg het, 'n sinoniem vir ‘stad’ in Afrikaans.
Langlaagte het gegroei tot ‘n stad = Johannesburg
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand • Die onafhanklike delwer kon gou nie meer sy kleims ontgin nie, want dit het duidelik geword dat die erts, diep ondergronds was. • Erts = Gouddraende rots • Die kleims is deur dieselfde mynboumaatskappye, wat ryk geword het uit diamante, gekoop.
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand • Hierdie mynboumaatskappye het die rykdom gehad om met dieptemynbou te begin. • Hulle het as die Randhere bekend gestaan, waarvan Cecil John Rhodes en Barney Barnato twee van die belangrikste was.
Dieptemynbou
Bekende Randhere
Waarom is goud waardevol?
Waarom is goud waardevol? • • • Geskiedkundiges glo dat goud ongeveer 5, 000 jaar gelede vir die eerste keer deur mense ontdek is. Sedertdien is dit deur mense waardeer vir die skoonheid daarvan, en dus is dit 'n waardevolle edelmetaal. Dit is 'n metaal wat universeel hoog aangeskryf word, en is deur antieke mense in samelewings oor die wêreld heen gebruik.
Waarom is goud waardevol? • Goud is 'n redelike sagte metaal wat maklik gesmee, gesmelt en gevorm kan word. • Goud korrodeer of roes nie, maar behou sy glans. • Goud is gebruik om juweliersware, muntstukke en ander dekoratiewe en kultureel simboliese items te maak.
Waarom is goud waardevol? • Baie min goud is op die aardoppervlak gevind. • Die meeste goud moet diep ondergronds ontgin word, wat 'n duur en ingewikkelde proses is. • Deesdae word goud in juweliersware en in gesofistikeerde elektronika, soos televisies, rekenaars en selfone, gebruik. • Talle chirurgiese instrumente bevat ook klein hoeveelhede goud.
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand EKSAMENGEBASEERDE VRAE EN AKTIWITEITE:
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand 1. Hoekom dink jy was die president van die ZAR, president Kruger, bly maar ook bekommerd daaroor dat goud in sy land ontdek is?
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand ANTWOORD:
Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand • President Kruger was baie bly dat goud in die ZAR ontdek is, aangesien die regering bankrot was en dit die ekonomie help floreer het. • Kruger was gegrief omrede al hoe meer buitelanders na die gebied gekom om ryk te word en oor die teenwoordigheid van die Britse maatskappye wat beheer oor die myne begin neem het.
Waarom is goud waardevol? EKSAMENGEBASEERDE VRAE EN AKTIWITEITE:
Waarom is goud waardevol? 2. Krugerrande word in vier groottes gekry: • een ons, • 'n halwe ons, • 'n kwart ons en • 'n tiende ons 'n Ons is net meer as 28 gram. In 1984 was 'n ons Krugerrand R 1, 000 werd. In 2014 was die waarde van 'n ons R 14, 000. Wat sê dit vir jou van die waarde van goud?
Waarom is goud waardevol? ANTWOORD:
Waarom is goud waardevol? • Vandag is goud baie waardevol. • Die waarde van goud verhoog met verloop van tyd. • Goud is ‘n goeie belegging. • Goud is 'n aanwyser van rykdom en status (ENIGE RELEVANTE ANTWOORD)
GOUD DIAMANTE 1 A B 2 C E 3 D G 4 F I 5 H J