DANSBESERINGS EN HOEKOM ONS VAN HULLE MOET LEER
DANSBESERINGS EN HOEKOM ONS VAN HULLE MOET LEER! WKOD GRAAD 12 HERSIENING DANSSTUDIES 2013
• Dans vereis dat ons liggame op onnatuurlike maniere gebruik; en bewegings uitvoer buite die normale perke van bewegings • As dansers moet ons verstaan wat `n besering kan veroorsaak, en hoe om te voorkom dat dit gebeur • Ons moet verstaan hoe ons liggame funksioneer, en wat hulle realisties kan doen, asook ons eie beperkinge • Ons moet weet hoe om `n besering te behandel, en hoe om verdere skade aan ons liggame te voorkom
Wanneer ons oor dansbeserings leer IS DAAR BAIE VERSKILLENDE FAKTORE wat tot `n besering kan bydra
FISIESE BEPERKINGE Bespreek wat hierdie beperkinge kan wees? 1. Stywe spiere – Dit kan verbeter word deur daagliks te strek. Spiere kan verleng word, en `n wyer reeks van beweging kan deur oefening ontwikkel. Hierdie is `n komponent van fiksheid wat … BUIGSAAMHEID genoem word Die Reeks Van Bewegingsomvang rondom `n gewrig (ROM)
2. Skeletale onreëlmatighede - Ons beenstruktuur kan nie verstel word nie, dus kan dit nie in die dansklas verander nie, bv. ØKromming van die ruggraat - skoliose ØTerugswaaiende knieë ØKnop knieë Ons moet dan met hierdie beperkinge werk om beserings te voorkom. VERSTERKING van die spiere rondom hierdie areas sal baie help, en dit kan in die dansklas gedoen word
DANSTEGNIEK Beide jy en jou dansonderwyser is verantwoordelik vir die voorkoming van beserings – bespreek dit Ø Wanneer nuwe bewegings aangeleer word, moet jou onderwyser jou lei & reghelp en wys hoe om hulle korrek uit te voer Ø Jy sal `n ervare dansonderwyser nodig hê Ø Dit is dan die dansers se werk om seker te maak dat hulle dit, onder toesig, by elke klas uitvoer
OORGEBRUIK/ TE LANK OEFEN Beide jy en jou dansonderwyser is verantwoordelik vir hierdie soort besering – bespreek dit Ø Jou onderwyser moet jou lei om binne jou perke te werk, en geleidelik te ontwikkel Ø Elke danser is anders, en moet teen hulle eie pas werk Ø Indien jy of jou onderwyser te vinnig, of te hard druk, kan jou liggaam maklik beserings opdoen aangesien jy nie die voldoende komponente van fiksheid ontwikkel het om die fisiese vereistes te hanteer nie
OMGEWING VAN DIE DANSATELJEE Bespreek watter faktore dit moontlik kan wees? 1. DIE VLOER Ø Ø Ø Om op `n betonvloer te oefen is baie gevaarlik aangesien dit nie meegee nie Dit kan lei tot gewrigbeserings, haarlynfrakture, skeenbeensplinters, ruggraatprobleme ens. Die regte vloer is `n GEVEERDE HOUTVLOER wat as `n skokabsorbeerder dien
Ø Die vloer moet geen splinters, gate ens, hê nie. Dit kan tot lei beserings soos verstuite enkels, gesplete vel Ø Die vloer moet nie taai wees, of `n opbou van harpuis hê nie. Dit sal draai moeilik maak en kan lei tot verstuite enkels en knieë Ø Die vloer moet nie nat wees nie. Dit kan `n gly gevaar inhou, en `n ernstige besering veroorsaak
2. DIE TEMPERATUUR Ø Indien die dansateljee te warm is, sal dansers te warm kry en dehidreer. Dit kan lei tot spierkrampe, moegheid en afname in konsentrasie Ø Indien die dansateljee te koud is, kan dansers nie die spiere goed genoeg opwarm nie, en dit kan tot spierbeserings lei
3. KLERE Ø Klere moet goed pas, sodat jou onderwyser jou liggaam kan sien en jou reghelp Ø Indien jou klere te los is, bv. broekspype onder jou voete, kan jy gly Ø Om met sokkies aan te dans, is baie gevaarlik (gly) Ø Indien klere te styf sit, verhinder dit beweging en lei tot verkeerde tegnieke Ø Indien jy juweliersware dra kan dit lei tot beserings by jou of `n mede danser If you look like this in anyway shape or form GO HOME & CHANGE
4. SKOENE Ø Dansskoene wat sleg pas kan lei tot liddorings, eelte, blase, ens. Ø Indien skoene te glad is/ vassteek kan dit `n besering veroorsaak.
KOMPONENTE VAN FIKSHEID Verduidelik hoe BUIGSAAMHEID bydra tot dansbeserings? 1. Buigsaamheid word benodig om `n wye reeks bewegings uit te voer in die gewrigte & spiere wat met dans benodig word Indien `n danser nie buigsaamheid het nie, kan beserings dikwels plaasvind aangesien die liggaam nie in staat is om die bewegings buite die normale reeks uit te voer nie. Dit kan lei tot gespanne spiere & beskadigde kraakbeen
Verduidelik hoe KRAG bydra tot dansbeserings? 2. Krag is die vermoë van die spiere om die krag van gravitsie te weerstaan. Indien `n danser nie krag het nie, kan beserings dikwels plaasvind aangesien die liggaam nie in staat is om die beweging wat in dans gebruik word, te beheer nie. Dit kan lei tot gespanne spiere & beskadigde gewrigte
Verduidelik hoe KERNSTABILITEIT bydra tot dansbeserings? 3. Kernstabiliteit word benodig om postuurbeheer, belyning en balans in alle bewegins te beheer Indien `n danser nie kernstabiliteit het nie, kan beserings dikwels plaasvind, aangesien die danser nie in staat is om bewegings in daardie ruimte te beheer nie Dit kan lei tot stres en stremming wat op al die gewrigte en die ruggraat geplaas word
Verduidelik hoe UITHOUVERMOË bydra tot dansbeserings? 4. Uithouvermoë word benodig om vir lang periodes op te tree sonder om moeg te raak. Dit vereis `n sterk hart en longe Indien `n danser nie uithouvermoë het nie, kan beserings plaasvind, aangesien die danser nie in staat is om bewegings te beheer of akkuraat uit te voer nie Konsentrasie word ook geaffekteer, wat dan lei tot swak oordeel, verkeerde tegniek en tekort aan beheer
Verduidelik hoe NEUROMUSKULÊRE VAARDIGHEDE bydra tot dansbeserings? 5. Neuromuskulêre vaardighede word benodig sodat die brein boodskappe na die spiere kan stuur oor hoe om dadelik te beweeg Indien`n danser nie neuromuskulêre vaardighede ontwikkel het nie, kan beserings plaasvind aangesien die danser nie in staat is om te onthou, of bewegings dadelik uit te voer nie Koördinering word geaffekteer wat lei tot swak oordeel, verkeerde tegnieke, en gebrek aan beheer.
ØNeuromuskulêre vaardighede word deur herhaling ontwikkel ØIndien jy nie gereeld klas bywoon nie, kan dit tot beserings lei, aangesien jy agter is, en dus nie in staat is om by te bly met die ander dansers nie ØDansers moet ook met nuwe roetines uitgedaag word om sodoende die aktiwiteit van die brein te aktiveer en stimuleer
BEHANDELING VAN BESERINGS Bespreek wat die ONMIDDELLIKE behandeling vir baie dansbeserings is? • RUS moet nie aangaan met aktiwiteite wat die besering kan erger nie • YS • KOMPRESSIE • ELEVASIE word op die beseerde area aangebring om swelling te verminder op die beseerde area om swelling te verminder, en om as ondersteuning te dien van die beseerde area om toe te laat dat opgeboude vloeistof weg dreineer vanaf die area
BEHANDELING VAN BESERINGS • • Medikasie soos anti-inflammatoriese pille Fisioterapie Akupunktuur Chirurgie
- Slides: 20