Caro Corrie Vorster Steve Steyn Marcia Salome Eendag

  • Slides: 21
Download presentation
Caro Corrie Vorster Steve Steyn Marcia Salome

Caro Corrie Vorster Steve Steyn Marcia Salome

ʺEendag, lank gelede, was daar drie varkies wat ʼn plan moes maak met ʼn

ʺEendag, lank gelede, was daar drie varkies wat ʼn plan moes maak met ʼn lastige wolf wat hulle wou opvreet. ʺ

 • In ʼn verhaal gebeur daar iets met iemand op ʼn gegewe tyd

• In ʼn verhaal gebeur daar iets met iemand op ʼn gegewe tyd en op ʼn gegewe plek. Dit word vertel deur iemand. • ʼn Verhaal is basies ʼn reeks gebeure wat (soms) logies op mekaar volg. Dit het ʼn duidelike begin, middel en einde. • ʼn Verhaal bestaan dus uit sekere elemente / komponente wat alles saam die epiese elemente in die verhaal genoem word. • Epiek: Verwys na verhalend of vertellend

§ Wie tree op? : Karakters § Waar gebeur dit? : Ruimte § Wanneer

§ Wie tree op? : Karakters § Waar gebeur dit? : Ruimte § Wanneer gebeur dit? : Tyd § Wat kom die karakters oor? : Gebeure § Wie is aan die woord? : Verteller § Wat wil die verhaal vir ons sê? : Tema

§ "Caro Eksteen keer na 12 jaar terug na haar tuisdorp met net een

§ "Caro Eksteen keer na 12 jaar terug na haar tuisdorp met net een doel voor oë: vergelding. Diegene wat haar as jong tiener uitgebuit, gespot en verwerp het, moet weet hoe dit voel om verneder en verloën te word. Na soveel jare eien niemand die onderwyseressie as die oorgewig, naïewe Karolientjie van die verkeerde kant van die dorp nie, en kan sy haar planne in werking stel. § Maar Caro het nie rekening gehou daarmee dat sy emosioneel betrokke gaan raak by die lewens van haar kollegas en leerders nie - die aantreklike Steyn Brink, die oulike verloofde paartjie Betsie en Dirk, die bitsige Salome, en die plomp, ongelukkige tiener Lauren, in wie sy soveel van haar eie hartseer jeug herken. § Wanneer Caro aanbied om die skool se Graad 11 -krieketspan af te rig, raak dinge eers ingewikkeld. Die seuns vind dit moeilik om 'n vroulike afrigter te aanvaar, en wanneer rassisme in die span die kop uitsteek, kom Caro voor haar grootste toets te staan. Ironies is dit egter juis rassespanning onder die jong spelers wat Caro in staat stel om die tragiese gebeure van haar verlede te konfronteer. "

Redes waarom mense wil wraak neem: § Persoonlike verlies (materieel, persoonlik, ens. ) §

Redes waarom mense wil wraak neem: § Persoonlike verlies (materieel, persoonlik, ens. ) § Om eer te herstel § Om mense terug te kry vir wat hulle aan jou gedoen het § Nog redes? ?

§ Karakters is draers van verhaalgebeure. Sonder karakters sou die teks bloot ʼn beskrywing

§ Karakters is draers van verhaalgebeure. Sonder karakters sou die teks bloot ʼn beskrywing of bepeinsing wees. § Basies TWEE soorte karakters: Hoofkarakter(s) en newekarakters. § Die hoofkarakter (protagonis) word baie volledig uitgebeeld en deur sy/haar interaksie met ander karakters/omstandighede is daar karakterontwikkeling, d. w. s. die karakter aan die einde van die verhaal is nie meer dieselfde ˝persoon˝ as aan die begin van die verhaal nie. § Die hoofkarakter word ondersteun deur sommige newekarakters en ons noem hulle ook protagoniste. § Newekarakters wat die hoofkarakter teenstaan, is die antagoniste.

Karakterisering (vervolg) • • • Caro is die hoofkarakter. Sy keer tydelik terug na

Karakterisering (vervolg) • • • Caro is die hoofkarakter. Sy keer tydelik terug na die skool waar sy jare gelede ʼn leerder was sodat sy kan wraak neem vir wat aan haar gedoen is. Ou Dok, Steyn en Betsie ondersteun vir Caro Salome, ʼn kollega van Caro (wat jaloers is op Caro oor haar groeiende vriendskap met Steyn) en George Thompson, ʼn graad 11 -leerder (hy is kwaad vir Caro omdat sy nie sy rassistiese houding ondersteun nie), is die antagoniste in die verhaal – hulle opponeer haar. Ou Dok, Steyn, Betsie, Dirk, Salome, George, die ander leerders, Steve, Marcia, Steyn se ma en mnr. Buys, is almal newekarakters. Deur haar omgang met hulle, ontwikkel Caro en sien sy uiteindelik af van haar vergeldingsplanne en vind liefde by Steyn.

Karakterbeelding en karakterisering geskied deur: § Uiterlike beskrywing en naamgewing § Uiterlike houding van

Karakterbeelding en karakterisering geskied deur: § Uiterlike beskrywing en naamgewing § Uiterlike houding van karakter wat spruit innerlike emosies § Dialoog en handeling § Wat ander karakters van die hoofkarakter sê of dink § Hoofkarakter se reaksie op ander karakters § Wat die verteller vir ons van die karakter sê

 • Beskrywing deur die verteller: “Pieter is ’n dief”. • Die handeling van

• Beskrywing deur die verteller: “Pieter is ’n dief”. • Die handeling van ’n karakter: “Pieter druk die sjokolade skelm in sy sak. ” • Dialoog: “Het jy gehoor? ’ vra Susan. “Hulle het Pieter gevang met sjokolade in sy sak. En hy het nie daarvoor betaal nie!” • Denke, gedagtes: “Ag, niemand sal sien as ek die sjokolade vat nie, dink Pieter. ” • Benaming: “Het jy gesien wat Lang Vingers gedoen het? ” • Selfbeskouing: “Ag, ek is mos ’n gawe ou. ”

§ Gebeure is alle handelinge, dialoog, emosies en denke van karakters § Dit ontwikkel

§ Gebeure is alle handelinge, dialoog, emosies en denke van karakters § Dit ontwikkel die spanningslyn logies en hou die leser geïnteresserd § Gebeure moet funksioneel wees § Verskillende soorte romans gebaseer op die gebeure: histories, romanties, jeug, speur, ens. § Die driehoekige sirkel is basies ʼn liefdesverhaal (Caro en Steyn) § Dit het ook raakpunte met ʼn jeugverhaal (Caro en die leerders)

Verwys na die plek waar die gebeure afspeel. Sluit in: § Sosiale § Kulturele,

Verwys na die plek waar die gebeure afspeel. Sluit in: § Sosiale § Kulturele, en § Politieke omgewing Karakters beweeg in hierdie ruimte sodat die verhaal realisties vertoon Word deur die verteller of karakters beskryf / ervaar

Ruimtes in die verhaal: § Caro se skool (waar sy leerder was en nou

Ruimtes in die verhaal: § Caro se skool (waar sy leerder was en nou onderwyseres is) § Skoolkoshuis § Blikkiesdorp – waar arm mense bly aan die rand van die dorp § Die Steyns se plaas § Verwysing na Tshwane § Skool se sportvelde – baie belangrik! (Waar Caro draf en wat in haar gedagtes omgaan; waar sy as leerder swanger geword het)

Twee soorte tyd: § Verteltyd: getal bladsye in die boek (216 pp) § Vertelde

Twee soorte tyd: § Verteltyd: getal bladsye in die boek (216 pp) § Vertelde tyd: Algehele tyd waaroor die verhaalgebeure afspeel. (In Caro se geval is dit vanaf haar kinderdae tot en met die huidige) § Tyd kan chronologies verloop: A → B → C of dit kan teen die einde begin en dan deur terugflitse na die verlede die verhaalgebeure beskryf. § Vooruitskouings van gebeure kan spanning / afwagting verhoog (Caro se gedagtes laat die middag by die verlate skool) § Terugflitse vanuit die hede na die verlede skep ook spanning

§ Verteltyd is 216 bladsye en vertelde tyd etlike jare § Gebeure geskied chronologies

§ Verteltyd is 216 bladsye en vertelde tyd etlike jare § Gebeure geskied chronologies met terugflitse na Caro se geheim § Spanning / vooruitskouende afwagting word geskep oor Caro se drang na vergelding § Die sirkel in die titel dui ook op die verlede wat voltrek word in die hede – die verlede en die hede kom weer bymekaar uit

§ Die verteller is die ˝stem˝ / spreker in die verhaal. Moenie verwar word

§ Die verteller is die ˝stem˝ / spreker in die verhaal. Moenie verwar word met die skrywer nie, behalwe wanneer dit outobiografies is Soorte vertellers § Eerstepersoonsverteller / ek-verteller § Derdepersoonsverteller Ek-verteller kan meer geloofwaardig voorkom, maar is beperk tot sy eie persepsie van ander karakters, bv. hy kan nie in hul koppe lees nie, maar oordeel / lewer kommentaar op grond van ander se optrede, ens. Nog ʼn nadeel is dat wanneer daar lewensgevaarlike situasies is, die leser nie verwag dat die verteller sal sterf nie want daar is daar niemand om die storie verder te vertel nie (met uitsonderings). Derdepersoonsverteller kan ʼn karakter in die verhaal wees, maar nie noodwendig nie. Hy tree ook alwetend en alomteenwoordig op

Konflik lei tot spanning en laat dinge gebeur. Soorte konflik § Innerlike konflik. Caro

Konflik lei tot spanning en laat dinge gebeur. Soorte konflik § Innerlike konflik. Caro se worsteling met haarself oor haar vergeldingsdrang en onsekerheid wat die einde gaan inhou § Uiterlike konflik. Caro se interaksie met Salome (haar jaloesie op Caro oor haar vriendskap met Steyn); konflik tussen Caro en George oor sy rassistiese houding. Ook botsing met Steve wanneer hy gekonfronteer word met hul verlede § Botsing met omstandighede / omgewing. Haar herinneringe aan die minder gegoede deel waar sy gebly het, Blikkiesdorp; die rugbyveld by die skool waar sy swanger geraak het, ens

Stemming en toon verwys na die gemoedstemming of atmosfeer wat in die roman geskep

Stemming en toon verwys na die gemoedstemming of atmosfeer wat in die roman geskep word deur die interaksies van karakters. § Stemming van afwagting oor Caro se redes vir haar terugkeer na haar alma mater. Ook die naderende konfrontasie tussen Caro en Steve White § ʼn dreigende stemming weens Salome se katterigheid met Caro en die onderonsies tussen Caro en George en sy pa § ʼn rustige stemming op Steyn-hulle se plaas § Wisselende spanning van moedeloosheid oor George se invloed in die krieketspan en ekstase wanneer hulle die sterker span klop § ʼn positiewer en liefdevoller stemming tussen Caro en Steyn namate hul verhouding groei

§ Sentrale tema: KIES DIE WAARHEID BO DIE LEUEN § TEMA IS GEWOONLIK UNIVERSEEL

§ Sentrale tema: KIES DIE WAARHEID BO DIE LEUEN § TEMA IS GEWOONLIK UNIVERSEEL Caro het as skooldogter verkeerde keuses gemaak wat haar tot in haar volwasse lewe beïnvloed het. Eers nadat sy die waarheid aan Steyn-hulle openbaar het, kry sy bevryding. § BOODSKAP: IETS MEER SPESIFIEK WAT DIE SKRYWER IN SY TEKS WIL OORDRA

§ Misplaaste waardes lei tot persoonlike en sosiale wanverhoudings § Geestelike rykdom word laer

§ Misplaaste waardes lei tot persoonlike en sosiale wanverhoudings § Geestelike rykdom word laer geag as materiële rykdom § Rassevooroordele vernietig harmonie binne ʼn spanverband § Vergeldingsdrang bring nie vrede en geluk nie § ʼn Liefdesverhouding kan slegs op wedersydse vertroue en eerlikheid gebou word.

DANKIE

DANKIE