Bybel Speletjies Bybelvers Woord Speletjie Instruksies Ons gee
Bybel Speletjies Bybelvers Woord Speletjie
Instruksies: • Ons gee vir jou prentjies en jy moet kyk of jy kan raai watter Bybelversie dit is. • Daarna kyk jy of jy die Bybelvers kan opsê. • Daarna gee ons vir jou waar die Bybelvers staan en jy gaan lees dit self in jou Bybel
Esegiël 36: 26 Hart van vlees en hart van klip
Matteus 19: 24 Dis makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan
Matteus 10: 29 Is 2 mossies nie vir ‘n sent te koop nie
Matteus 5: 14 Julle is die lig vir die wêreld
Spreuke 6: 6 Gaan kyk na die mier luiaard
Johannes 3: 16 God het die wêreld so liefgehad
Psalm 103: 12 So ver soos die Ooste van die weste is
Jesaja 40: 31 Hy wat op die Here wag kry nuwe krag
Jesaja 49: 16 Ek het jou naam in my handpalms gegraveer
Johannes 10: 27 My skape luister na my stem
Matteus 10: 30 Hare op ons koppe getel
Matteus 5: 13 Julle is die sout vir die wêreld
Sagaria 4: 6 Nie met mag en krag nie, maar deur God se Gees
Josua 24: 15 Ek en my huis, ons sal die Here dien.
Openbaring 3: 20 Ek staan by die deur en ek klop.
Spreuke 4: 23 (1933) Bewaak jou hart
Matteus 9: 37 Die oes is groot, die arbeiders is min
Lukas 14: 28 Bereken die koste
Psalm 42: 2 Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome.
Jakobus 5: 16 (1933) Die gebed van ‘n regverdige het groot krag
Matteus 25: 21 Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel
Lukas 6: 41 Haal eers die balk uit jou eie oog
Spreuke 16: 25 (1933) Daar is ‘n pad wat reg lyk, maar die einde is die dood
Psalm 31: 16 My tye is in U hande
Lukas 6: 48 -49 Huis op die rots en huis op die sand
Romeine 8: 37 Ons is meer as oorwinnaars deur Christus
Romeine 6: 23 Die loon van die sonde is die dood
Openbaring 3: 16 Was jy maar warm of koud, maar omdat jy lou is, spoeg ek jou uit my mond
2 Samuel 22: 34 Voete soos die van ‘n ribbok
Spreuke 18: 10 (1933) Die naam van die Here is ‘n sterk toring
- Slides: 32