Boekmerk deur Marlise Joubert Letterlike betekenis n strokie
Boekmerk deur Marlise Joubert • Letterlike betekenis : ‘n strokie leer, karton of materiaal wat ons in ‘n boek sit om te wys waar ons ophou lees het. • In die rekenaar is dit ‘n gestoorde kortroete wat jou na ‘n spesifieke webblad lei.
• Figuurlike betekenis : Dit is die herinnering wat jy in jou geheue wegbêre as ‘n belangrike of self lewensveranderende gebeurtenis en jy sal elke keer daarheen “teruggaan” om die geluk van daardie oomblik te smaak. • Negatief : om weer die hartseer te onthou om nie dieselfde foute te begaan nie.
Uiterlike bou • • • Die gedig bestaan uit 3 strofes. Strofes varieer in lengte. Geen vaste rymskema nie. Gedig is ‘n vrye vers. Inkeping in strofes 1, 3, 5 en 6. Afwesigheid van leestekens is opvallend.
Woordverklaring • mossies – tipe voëltjie • stoei – baklei of veg • woerende – bewegende
• vlerke – ledemate van voëltjie gebruik vir vlieg • seilende – bewegende • waterspieël – weerkaatsing / mirage (prentjie van waterspieël)
• klipvloergang – loopvlak van klip • vlytig – hardwerkend • verbaas – geskok • jasmyn – soort blom met soet reuk (jasmyn)
• mor – neul of kla • protesteer – om te betoog teen iets (prentjie van protes) • toentertyd – lank gelede • pars - druk
• onheil – slegte gebeurtenis • ellelange – baie lank
• Reëls 1 – 2 : kinders / met wange soos mossies (Die kinders se wange is vol net soos die van mossies in vlug. ) • Reël 3 : wat teen elke oggend stoei (Sukkel elke oggend om op te staan vir skool) • Reël 4 – 5 : hande altyd woerende vlerke / elke lyfie ‘n seilende gesang (Die beskrywing van die kinders. Hulle hande en arms is altyd aan die beweeg net soos die vlerke van die voël en hulle liggaampies is aan die beweeg en hulle is ‘n gawe van God. )
• Reël 6 – 7 : vlak bo die waterspieël / van ‘n klipvloergang (Die liggaampies van die kinders word gereflekteer op die blink gepoleerde klipvloer van die skool se gang soos hulle op en af in die gange beweeg. )
• Reël 8 – 9 : vlytig stort die druppels klank / oor haar uit … (Die onderwyseres hoor die lawaai / geraas / gepraat van die kinders en dit klink vir haar soos druppels se klank. ) • Reël 9 – 11 : …totdat sy verbaas / die reuk van bittersoet jasmyn / uit haar skooljare proe (En terwyl sy die kinders se geraas hoor, bring dit aangename herinneringe van haar eie skooljare terug. Die herinnering is so sterk dat sy self die reuk van jasmyn kan proe. Die dae was egter nie net aangenaam nie – bittersoet. )
• Reël 12 – 13 : waar sy ook kon mor / en protesteer (Dit wat sy in haar skooljare gedoen het en wat die kinders vandag ook nog doen, nl. “mor” en “protesteer”.
• Reël 14 – 21 : Hier is sommige van die vrae wat die leerders die onderwysers vra. Vrae soos waarom moet hulle wiskunde doen, van dooie digters leer en aardrykskunde leer? Vir die kinders is hierdie dinge vervelig en hulle soek meer opwindende dinge om te doen.
• Reël 22 : toe maak sy die dag weer oor – (Die onderwyser besef dat die leerders, net soos sy, ook die sillabus vervelig vind. Sy besluit toe om haar metodiek van onderrig te verander om dit vir die kinders aangenaam te maak. ) • Reël 23 – 24 : met elke skoolklok werk sy / namens mossiekind • (Elke les wat sy nou doen, spreek tot die kind en word vir die kind uitgewerk sodat die kind daarby baat vind. )
• Reël 25 – 26 : kom ons pars die wind / met wange soos soldaatjies (Die onderwyser wil die leerders druk sodat hulle verander en nie meer die skool as iets onaangenaams sien nie. )
• Reël 27 – 28 : totdat elkeen net die geur / van jasmyn boekmerk (Die onderwyser wil dus elke dag vir die leerders spesiaal maak sodat hulle dit sal onthou – boekmerk. ) • Reël 29 – 30 : teen die onheil van ons / ellelange reis (En sy wil keer dat hulle nie net slegte of treurige gebeurtenisse in die skool ervaar nie. Sy wil elke dag ‘n boekmerk maak waarna die kinders kan teruggaan en met vrede en geluk aan die skool kan dink. )
Verstegniese Aspekte • Alleenplasing (reël 1) – Beklemtoon oor wie die gedig gaan. • Vergelyking (reël 1 – 2) - Verduidelik hoe die kinders lyk • Metafoor (reël 4) – Die kinders se arms word beskryf. Gepaste beskrywing, want dit som die beweging raak op. (reël 5) – “elke lyfie ‘n seilende gesang” • Klanknabootsing (reël 4) – “woerende” – afgelei van die woer-woer se klank. • Sinekdogee (reël 5) – “lyfie” wat eintlik dui op die leerder.
• Sinestesie (reël 10 – 11) – Die spreker proe die reuk van jasmyn. Die smaaksintuig word vir die reuksintuig aangewend. • Oksimoron (reël 10) – “bittersoet” • Herhaling (iteratief) van “waarom” beklemtoon die kinderlike kwaliteit van wil weet.
- Slides: 18