BEGIN N BESIGHEIDSPLAN Kwartaal 3 Onderwerp 4 OMSKEP
BEGIN ‘N BESIGHEIDSPLAN Kwartaal 3 Onderwerp 4
OMSKEP ‘N BESIGHEIDSPLAN IN ‘N AKSIEPLAN • Om ‘n besigheidsplan op te stel sonder om dit in werking te stel, is ‘n sinlose oefening. • Die entrepreneur moet die besigheidsplan van die beplanningstadium tot die aksiestadium deurvoer.
SUBPLAN STRATEGIEË IN ‘N AKSIEPLAN 1. Bestuurstrategie 2. Bemarkingstrategie 3. Finansiële strategie 4. Produksiestrategie
SUBPLAN STRATEGIEË IN ‘N AKSIEPLAN 1. Bestuurstrategie • Hoe sal die onderneming georganiseer word? • Hoe sal die onderneming bestuur en bedryf word? • Watter besigheidsondervinding en kwalifikasies het of benodig die entrepreneur? • Watter vooraf-bedryfsuitgawes kan verwag word? • Watter vaste bates sal die onderneming benodig?
SUBPLAN STRATEGIEË IN ‘N AKSIEPLAN 2. Bemarkingstrategie • Wat is die produk? • Hoe vergelyk dit wat gehalte en prys betref met mededingers se produkte? • Waar is die onderneming geleë? • Aan wie in die markomgewing sal die onderneming sy produkte verkoop? • Watter aandeel van hierdie mark kan deur die onderneming verower word? • Wat is die verkoopsprys van die produk?
SUBPLAN STRATEGIEË IN ‘N AKSIEPLAN 3. Finansiële strategie • Wat is die totale kapitaalvereistes? • Is ‘n lening nodig? • Watter aanvullende sekuriteit kan vir die bank gegee word? • Wat is die skedule vir die terugbetaling van die lening? • Wat is die gelykbreekpunt? • Wat is die opbrengs op belegging?
SUBPLAN STRATEGIEË IN ‘N AKSIEPLAN 4. Produksiestrategie • Wat is die produksieproses? • Watter geboue en masjinerie is nodig, en wat kos dit? • Wat is die nuttige lewensduur van die geboue en masjinerie? • Hoe sal die onderhoud van masjinerie geskied, en is onderdele maklik beskikbaar? • Wanneer en waar kan masjinerie verkry word? • Hoeveel kapasiteit sal gebruik word?
FAKTORE WAT OORWEEG MOET WORD VOOR ‘N BESIGHEID BEGIN WORD 1. Kultuur van die organisasie 2. Omgewings veranderinge 3. Kliëntediens 4. Besigheidsgroei 5. Koste besparings
FAKTORE WAT OORWEEG MOET WORD VOOR ‘N BESIGHEID BEGIN WORD 1. Kultuur van die organisasie: Is ‘n stelsels van gemeenskaplike waardes en oortuigings, wat so ook in die onderneming uitgeleef word. Hierdie waardes het ‘n sterk invloed op die onderneming in hoe mense: aantrek • optree • presteer in hul werk. •
FAKTORE WAT OORWEEG MOET WORD VOOR ‘N BESIGHEID BEGIN WORD 2. Omgewings veranderinge Die besigheidsomgewing verander konstant, wat die onderneming geweldig beïnvloed. • Mededingers kom en gaan. • Ekonomiese toestande verander. • Nuwe reëls en regulasies word in plek gestel. Soos wat jou omgewings verander, so moet jou besigheidsplan verander
FAKTORE WAT OORWEEG MOET WORD VOOR ‘N BESIGHEID BEGIN WORD 3. Kliëntediens: Die bystand en raad wat deur jou onderneming aan diegene verleen wat jou produk of diens koop. Hierdie diens geskied na die verkope van die produk of diens.
FAKTORE WAT OORWEEG MOET WORD VOOR ‘N BESIGHEID BEGIN WORD 4. Kostebesparings ‘n Vermindering van uitgawes om sodoende die winste te verhoog.
HOEKOM BENODIG ‘N BESIGHEID BEFONDSING? Om ‘n besigheid te begin kos geld, sonder befonding gaan jou besigheidsplan nooit ‘n werklikheid word nie. • Om finansiële sekuriteit te verkry en om fondse op te bou vir noodgevalle, waar daar onvoorsiene uitgawes mag voorkom. • Daaglikse besigheidsaktiwiteite kos geld, sonder geld gaan die besigheid nie kan funksioneer nie. •
VERKRYGING VAN BEFONDSING 1. Eie fondse • Eienaars van ‘n onderneming kan hul eie finansiering verskaf, wat kapitaal uit hul spaargeld kan wees of winste wat hul onderneming kan genereer. • Die voordeel van die gebruik van eie fondse is dat geen rente daarop betaal word nie. 2. Geleende fondse • Geld wat die onderneming leen van individu of finansiële instellings, soos banke. Banke sal slegs geld leen aan ondernemings indien hul oortuig is daarvan dat dit goed bestuur sal word. • Die nadeel van geleende geld is dat die skuld met rente terugbetaal moet word.
BRONNE VAN BEFONDSING 1. Lenings • Lenings is geld wat by finansiële instellings geleen word en wat oor ‘n spesifieke tydperk terugbetaal moet word. Korttermynlenings – vir een jaar of minder. Langtermynlenings – vir ‘n jaar of langer. • Verbandlenings is lenings wat gebruik word om die aankoop van vaste bates soos eiendom te finansier. • Oortrokke bankrekening, waar banke en besigheidseienaaars ‘n ooreenkoms aangaan wat die onderneming toelaat om ‘n onderhandelde bedrag te onttrek, waarop die besigheid rente sal betaal.
BRONNE VAN BEFONDSING 2. Skuld Afbetalingsverkoopooreenkomste is wanneer ‘n besigheid duur items wil koop en nie genoeg kontant beskikbaar het om dit te doen nie. Die verskaffer sal die besigheid toelaat om ‘n deposito te betaal, en dan die verskuldigde balans, plus die rente, in die vorm van paaiemente terug te betaal. Bruikhuur is ‘n ooreenkoms waarvolgens die onderneming (huurder) ‘n item soos ‘n fotokopieermasjien huur in plaas van koop. Die onderneming betaal ‘n maandelikse bedrag, en gewoonlik word die item aan die einde van die ooreenkoms teruggegee aan die verhuurder.
BRONNE VAN BEFONDSING ‘n Maatskappy kan skuldbriewe aan die publiek uitreik wanneer geld nodig is. Sodoende leen die maatskappy geld by die onderneming en moet die geleende bedrag aan die einde van die ooreengekome tydperk terugbetaal word. Verskaffers kan vir ‘n onderneming handelskrediet gee, wat beteken dat die onderneming toegelaat sal word om goedere en dienste te koop en later daarvoor te betaal.
BRONNE VAN BEFONDSING 3. Ander bronne van befondsing: Vriende en familie – hierdie terugbetalingsooreenkoms kan meer buigsaam wees, met laer of geen rentekoerse op terugbetalings. Waagkapitaal – maatskappye of beleggers wat geld in ‘n nuwe onderneming belê en wat gewoonlik ‘n sê het in daardie onderneming se bestuur. Regeringstoekennings in die vorm van kontantaansporings – kontant of belastingverligting om belegging in sekere ekonomiese sektore aan te moedig; kan ook ‘n betaling aan werkers wees om produktiwiteit aan te moedig.
FAKTORE WAT DIE KEUSE VAN BEFONDSING GAAN BEÏNVLOED • Aard van die finansiering. • Hoeveelheid kapitaal wat benodig gaan word. • Risiko’s verbonde aan die kapitaal benodig. • Koste van die finansiering. • Terugbetalings ooreenkoms. • Totale koste van kapitaal
- Slides: 19