BAIE WELKOM Ons gedagtes is die SLEUTEL tot
BAIE WELKOM
Ons gedagtes is die SLEUTEL tot oorwinning Efe 4: 27. . gee aan die duiwel geen plek nie. • God het geen vyande nie hulle is almal onder die voete van Jesus Christus en sy Liggaam Efe 1: 20 -21 … Hy het Christus opgewek en Hom laat sit aan sy regterhand in die hemele, bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. © Ed Silvoso 2003
Ons gedagtes is die SLEUTEL tot oorwinning Efe 4: 27. . gee aan die duiwel geen plek nie. • God het geen vyande nie hulle is almal onder die voete van Jesus Christus en sy Liggaam Efe 1: 22 -23 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, Efe 1: 23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. © Ed Silvoso 2003
• Ons sit saam met Christus in Hemelse plekke Efe 2: 5 -6…… ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus--uit genade is julle gered--en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, © Ed Silvoso 2003
• Ons het wapens om die vyand te verslaan 2 Kor 10: 3 -5 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om: vestings neer te werp om planne te verbreek om skanse af te breek om gedagtes gevange te neem © Ed Silvoso 2003
• Ons gedagtes moet gehoorsaam wees aan Christus (WOORD) Die gedagte wêreld van die mens is soos ‘n baarmoeder waar saad ontvang word. Goeie en slegte saad. Geestelike saad en vleeslike saad. © Ed Silvoso 2003
• Die goeie SAAD is die WOORD van God Heb 4: 12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. © Ed Silvoso 2003
• Dit is heeltyd ‘n geveg tussen die GEES en die VLEES Gal 5: 16 -17 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. © Ed Silvoso 2003
• Die geboorte kanaal van hierdie gedagtes is die mond……. . tong Spr 18: 21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. Ons moet leer om reg te praat…. . © Ed Silvoso 2003
• Die gedagtewêreld moet inligting verwerk. . . GEES of VLEES Rom 12: 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. © Ed Silvoso 2003
• God se WIL is Sy WOORD of God se WOORD is sy WIL Joh 1: 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Joh 1: 2 Hy was in die begin by God. Joh 1: 14 En die Woord het vlees geword…. © Ed Silvoso 2003
• LOGOS moet RHEMA word Luk 1: 37 Want geen ding (RHEMA) sal by God onmoontlik wees nie. Ons moet leer om God se woord te spreek © Ed Silvoso 2003
Spreek woorde van God in jou lewe en omstandighede in. 1 Pe 4: 11 As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; Joh 6: 63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. © Ed Silvoso 2003
Spreek woorde van God in jou lewe en omstandighede in. Mar 11: 23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see--en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur--hy sal verkry net wat hy sê. Mar 11: 24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. © Ed Silvoso 2003
SPREEK LEWE EN NIE DOOD NIE
- Slides: 15