Afrikaans Taal Graad 11 en 12 Die nuwe

  • Slides: 14
Download presentation
Afrikaans Taal Graad 11 en 12

Afrikaans Taal Graad 11 en 12

Die nuwe soort kortvrae NB!! Hierdie soort vrae kom by Taal, sowel as by

Die nuwe soort kortvrae NB!! Hierdie soort vrae kom by Taal, sowel as by Letterkunde voor!!

WERKWYSE: ‘n Vraag van 3 of 4 punte word gestel. Daar is nie ‘n

WERKWYSE: ‘n Vraag van 3 of 4 punte word gestel. Daar is nie ‘n a. , b. of c. nie. Die hele vraag word as een lang sin gestel. Jy moet elkeen van die 3 dele van die vraag onder mekaar beantwoord. • Sorg dat jy vir elke deel ‘n antwoord, IN VOLGORDE, neerskryf. • •

Veronderstel die vraag is: • Sê watter woord in die paragraaf op bewegende water

Veronderstel die vraag is: • Sê watter woord in die paragraaf op bewegende water dui, skryf dan ‘n eienskap van hierdie verskynsel uit die paragraaf neer en evalueer of dit vir jou ‘n goeie ding is (3)

Die antwoord is dan: • STROOM, DIT VLOEI VINNIG en DIT HOU MY KOEL.

Die antwoord is dan: • STROOM, DIT VLOEI VINNIG en DIT HOU MY KOEL. • As jy vergeet om STROOM eerste te skryf, kry jy 0!!! • As jy nié geweet het wat om by STROOM te skryf nie, skryf enigiets, solank daar ‘n antwoord is as eerste deel, anders word antwoord 2 as eerste deel getel en is dan algeheel verkeerd.

Lees die volgende teks deur en beantwoord die vrae:

Lees die volgende teks deur en beantwoord die vrae:

Vrae: • 1. Gee die betekenis van “verknorsing” in die opskrif, sê dan hoe

Vrae: • 1. Gee die betekenis van “verknorsing” in die opskrif, sê dan hoe konflik reeds deur hierdie woord gesuggereer word en verduidelik dan hoe die konflik in reël 9 verskil van die konflik in reël 6. (3) • 2. Wie word weer in reël 25 en 26 deur mevrou September beskuldig, waarvan word sy beskuldig en hoe, dink jy, dra mevrou September se liggaamshouding by tot die konflik? (3)

 • 3. Mevrou September bring vir tant Wonnie warm koffie (reël 3): Sê

• 3. Mevrou September bring vir tant Wonnie warm koffie (reël 3): Sê eers watter verwagting deur hierdie daad geskep word, verduidelik dan hoekom konflik in die res van die paragraaf ‘n verrassingselement word en spreek dan jou opinie uit oor mev. September se reaksie. (3) • 4. Beskryf eers mev. September se reaksie in reël 13 en 14, sê dan hoe jý sou reageer as jy skuldig was EN DAN hoe jy sou reageer as jy onskuldig was.

 • 5. Vervang die emotiewe woord “smyt” in reël 5 met ‘n meer

• 5. Vervang die emotiewe woord “smyt” in reël 5 met ‘n meer neutrale woord, benoem dan die gevoelswaarde wat in “smyt” opgesluit lê en verduidelik waarom “smyt” hier ‘n beter woordkeuse is as die neutrale woord. • 6. Skryf ‘n voorbeeld neer van Kaaps/Kaapse Afrikaans in reël 17, herskryf dit dan in Standaardafrikaans en spreek jou uit oor die voorkeur wat hier aan Kaapse Afrikaans verleen is. (3) Totaal: 18

Memorandum • 1. *Die woord “verknorsing” beteken ‘n moeilikheid/penarie waarin jy jou bevind /

Memorandum • 1. *Die woord “verknorsing” beteken ‘n moeilikheid/penarie waarin jy jou bevind / ‘n onhanteerbare toestand. *Konflik word deur “verknorsing” gesuggereer, want jy kan innerlike konflik ervaar omdat jy jou eie probleme veroorsaak het, of uiterlike konflik omdat jy ‘n ander persoon daarvoor blameer. *In reël 6 is die konflik bloot verbaal, maar in reël 9 word dit ook fisiek. (3)

 • 2. *Tant Wonnie (word beskuldig) *Sy word daarvan beskuldig dat sy die

• 2. *Tant Wonnie (word beskuldig) *Sy word daarvan beskuldig dat sy die ring gesteel het. *Sy wys beskuldigend met haar vinger na tant Wollie. • 3. *Die verwagting word geskep dat sy vriendelik gaan wees. *In teenstelling met bogenoemde verwagting, gooi mev. September die koffie op die grond uit en skree op tant Wonnie. *Ek dink mev. September is ongeskik en het geen respek vir haar medemens nie.

 • 4. *Mev. September begin histeries vloek en skree. *As ek skuldig was,

• 4. *Mev. September begin histeries vloek en skree. *As ek skuldig was, sou ek innerlike konflik ervaar omdat ek jok. *As ek onskuldig was, sou ek dit ontken. • 5. *gooi *woede *”smyt” is ‘n beter woordkeuse, want “gooi” beeld nie woede so sterk uit nie.

 • 6. *Djy’s *Jy is *Die Kaapse Afrikaans pas beter in, want die

• 6. *Djy’s *Jy is *Die Kaapse Afrikaans pas beter in, want die sprekers in die stuk is Kaapse Bruinmense. NBBBB!!!! Onthou die volgorde waarin jy die vrae moet beantwoord, anders kry jy 0!!!!!!!