Afrikaans Die krismis van Map Jacobs Adam Small
Afrikaans Die krismis van Map Jacobs – Adam Small
Krismis van Map Jacobs Adam Small Wat is ‘n drama? Die woord “drama” kom van die Griekse woord “dran” wat beteken om “te handel”. Die belangrikste kenmerk van die drama is dan ook dialoog en handeling. Die handeling in die drama lei uiteindelik tot konflik en botsing, wat die kern van die drama vorm. Spanning (tension) ontstaan daardeur, wat lei tot ‘n klimaks of hoogtepunt met die afloop of die oplossing van die probleem wat daarna volg.
Krismis van Map Jacobs – Adam Small Ken die agtergrond waarteen die drama afspeel: Ø Apartheidsera Ø Groepsgebiedewet Ø Kaapse Vlakte – bruin inwoners Ø Misdaad, bendes, werkloosheid, armoede Ø Soeke na identiteit Ø Soeke na plek om te “belong”
Die Groepsgebiedewet van 1950 (Wet nr. 41 van 1950) was 'n landswet wat ingevolge die apartheidstelsel in Suid Afrika geskep is om verskillende dele van residensiële en sakegebiede in stede en dorpe eksklusief aan verskillende rasse toe te ken. 'n Gevolg van die wet was dat sogenaamde “nie blankes” verhoed is om ekonomies lewensvatbaar gevestigde buurte in dorpe en stede te bewoon of ondernemings daar te bedryf. Hierdie gebiede is byna deurgaans tot wit gebiede verklaar. Mense van ander rasse moes ook groot afstande reis vanaf hul toegekende gebiede buite dorpe en stede om te kon werk of ander sosiale en ekonomiese aktiwiteite uit te voer. Die wet het ook tot gedwonge verskuiwing van Suid Afrikaners van kleur gelei. Bekende voorbeelde hiervan sluit in die verskuiwings in Distrik Ses, Sophia Town, Marabastad en Cato Manor. Die wet is uiteindelik 41 jaar later op 5 Junie 1991 saam met die Land Act of 1913 herroep. Apartheid, soms eufemisties afsonderlike ontwikkeling genoem, verwys na 'n politieke bestel, ideologie en beleid wat op rasseklassifikasie gegrond is en tussen 1948 en 1994 as amptelike beleid in Suid Afrika gegeld het. Die woord apartheid dui oorspronklik op 'n toestand van apart of afgesonder wees.
Krismis van Map Jacobs is vandag nog ‘n uiters relevante drama omdat die erflating van apartheid en gedwonge verskuiwings steeds gesien kan word. Baie van die maatskaplike probleme wat daardeur veroorsaak is, is vandag nog sterk teenwoordig. Op die Kaapse Vlakte voer die bendes nog altyd ‘n skrikbewind en is die mense steeds vasgevang in die armoedekultuur.
Ons gaan die Krismis van Map Jacobs na aanleiding van die volgende bespreek: Ø Titel Ø Plot of intrige Wat is die dramatiese struktuur? Hoe word die drama opgebou, bv. eksposisie, motoriese moment, verwikkeling, hoogtepunt en afloop. Ø Karakteruitbeelding Wie is die protagonis of hoofkarakter? Wie is die antagonis? Bespreek die swakhede/goeie hoedanighede van die hoofkarakter. Watter tegnieke gebruik die dramaturg vir karakteruitbeelding of karakterisering. Ø Ruimte/milieu Wat is die ruimte of agtergrond? Hoe dra die ruimte by tot die tema en die karakteruitbeelding? Ø Tema Wat is die tema van die drama? Hoe word dit oorgedra, bv. deur woorde of optrede van ‘n karakter? Is die tema universeel? Steeds relevant? Ø Konflik Wat lei tot die dramatiese botsing of konflik? Ø Ironie Ø Taalgebruik Is die taalgebruik natuurlik en oortuigend? Pas die dialoog by die onderskeie karakters?
DIE TITEL Kersfees is ‘n vreugdevolle tyd wanneer families saamkom om die jaar af te sluit en die geboorte van Jesus Christus te herdenk. Die drama heet Krismis van Map Jacobs omdat Map Jacobs die hoofkarakter is en hy net voor Kersfees uit die tronk kom. Hoofkarakter: Map Jacobs. Sy tatoes is ‘n “map” – ’n kaart van sy bestaan. Die drama se intrige handel oor hom. Sy storie word vertel. Hy is die protagonis. Hy verander van ‘n positiewe karakter, Johnnie, na ‘n negatiewe bendelid en weer na ‘n positiewe karakter. Hy het ‘n groot invloed op sy: ma, suster, Blanchie en mr Cavernelis.
STRUKTUUR VAN DIE DRAMA Klimaks/ hoogtepunt Spanning Verwikkeling Afloop/ ontknoping Motoriese moment Eksposisie
Die aanloop/eksposisie/ bekendstelling. Die leser word in die openingstonele aan die ruimte, karakters en tema bekendgestel. Die drama word in die konteks van ‘n township op die Kaapse Vlakte geplaas en in ‘n gesprek met Maud en mister Cavernelis word dit beskryf as ‘n plek waaruit hul wil ontsnap. Ons maak kennis met die Cavernelisse en mr Cavernelis wat twee werke doen, Blanchie se werk, die skoorsoekerige Cyril en Richie asook Tommy as “skinnerbek”. Die Kersorkes wat reeds vir die einde van die jaar oefen. Hier sien ons reeds dat die mense in moeilike omstandighede woon.
Die motoriese moment – die gebeurtenis wat die handeling (wat uiteindelik na die klimaks of antiklimaks sal lei) aan die gang sit. In toneel drie kry ons die motoriese moment. Die motoriese moment word op bl. 9 ingelei toe Map teenoor sy ma bevestig dat hy “die sewende van anner maand” op parool vrygelaat word. Die moment wat die karakters uitvind Map Jacobs kom uit die tronk. Die spanning word hoër.
Die verwikkeling – toenemende spanning terwyl die situasie/verhouding/intrige/botsing/storie ontwikkel. Dit vind na die motoriese moment plaas. Dit dui op botsing en stuur op die klimaks af. Spanning bou hoër. Karakters vertel meer oor hul lewe en hoe hulle voel oor Map Jacobs wat uit die tronk gaan kom.
Die klimaks – die hoogtepunt/ uitbarsting/breekpunt/ katarsis/ ommekeer van die spanning of konflik. Spanning is op sy hoogste. Die monoloog van Map Jacobs waar ons hoor wat die aand van sy suster se verkragting gebeur het en die uiteindelike rede hoekom sy ma stom is en hy in die tronk beland het.
Die denouement/ oplossing/ ontknoping/ afloop/ afwikkeling – die ontrafeling van die botsing/ konflik/intrige/ spanning. Ons kry antwoorde op die vraag: ”Wat gaan nou gebeur? ” Blanchie kry nie die modelkontrak nie; Cavernelis pleeg selfmoord. Map en Blanchie vergewe mekaar. Auntie Grootmeisie praat weer vir Map vergewe.
KARAKTERISERING Tegnieke van karakterbeelding: • Direkte beskrywing wat betref karakter se voorkoms, maniere en aard. • Wat die karakters self sê en doen. • Die innerlike van die karakters ons hoor hoe hy/sy voel en dink. • ‘n Karakter word ook belig deur die sinvolle uitbreiding van die ruimte en atmosfeer waarmee sy/haar lewe deurweef is. • Karakterisering kan ook soms deur naamgewing plaasvind. • Dialoog kan ook karakteropenbarend wees. • Deur bewussynstroomtegniek kan die karakter dit wat lank reeds gebeur het in sy gedagtes herleef as sou dit op daardie oomblik plaasvind. Hy dink dan ook die dialoog wat deel van die gebeure was. • In ‘n drama kan die toeskouers die karakters of personasies net op twee maniere leer ken deur handeling en dialoog. Die dramaturg kan inligting oor die verskillende karakters op verskillende maniere oordra.
KARAKTER EN KARAKTERISERING Indië verhaalkuns praat ons gewoonlik van ‘n ronde karakter of ‘n plat karakter. Die ronde karakter is multidimensioneel en ontwikkel met die verloop van die verhaal – hy/sy is gewoonlik nie dieselfde aan die einde van die verhaal as aan die begin nie. Hierteenoor is die plat karakter een of tweedisioneel, oppervlakkig en ondergaan geen karakterontwikkeling nie. Die volgende twee tipes karakters word in Krismis van Map Jacobs onderskei: Hoofkarakters Bykomende karakters • Staan sentraal in die storie. • Hulle is betrokke by die meeste of die belangrikste konflikte. • Ons leer hulle baie goed ken. • Hulle karakters groei gewoonlik. • Ons sê ook hulle is ronde karakters. • Hulle rolle kan wissel van belangrik tot onbelangrik. • Hulle maak soms net ‘n klein deel uit van die verhaal. • Dit is nie vir ons altyd nodig om hulle ten volle te leer ken nie. • Hulle karakters groei nie. • Hulle is gewoonlik plat karakters. • Map • Blanchie, Mr Cavernelis, Antie Grootmeisie, Apostel George, Maud. Cyril, Richie, Tommy Sobotker en Willy la Guma.
PROTAGONIS Die protagonis is die held in die verhaal, die een wat gewoonlik die ontvanger van die aanslae van die antagonis is. In hierdie geval is dit Map Jacobs. Map kan as ‘n ronde karakter beskou word omdat dit lyk of hy verander het van ‘n gevreesde bendeleier na iemand wat probeer om ‘n goeie lewe te lei. Johnnie Jacobs – gematrikuleer, slim – kon egter net werk kry as bode. Al die goeie werke was vir wittes gereserveer. By bendes betrokke geraak – leier van drie bendes. Naam – Map a. g. v. al die tatoes op sy lyf – “map” is ook simbolies van Map wat rigting soek in sy lewe. Mense beroof, in die tronk beland. Twaalf jaar tronkstraf gekry – na sewe jaar parool. Almal wonder of hy wel verander het in die tronk of nie. In die tronk met die hulp van Apostel George tot bekering gekom. Is verlief op Blanchie – het op skool uitgegaan. Uit tronk gekom – Blanchie vergewe – aan einde saam.
ANTAGONIS Die teenstellende karakter wat die protagonis bedreig of met hom bots. In Map Jacobs is die antagonis die sosio politieke stelsel van apartheid. Weens apartheid het Map nie die werk gekry wat hy wou gehad het nie en so by bendes betrokke geraak. Apartheid het veroorsaak dat die mense van Distrik Ses uitgeskuif is na die Kaapse Vlakte, waar hulle ‘n troostelose en uitsiglose bestaan voer. Hulle voel asof hulle in ‘n tronk vasgekeer is. Die verskuiwings het gelei tot werkloosheid, misdaad en armoede en die gebied is ook ver van enige geriewe soos bus of treinhaltes. TRITAGONIS Is die karakter wat TUSSEN die protagonis en die antagonis staan. Hierdie karakter kan verskillende rolle vervul bv. hy kan die aanstigter van die konflik wees OF hy kan die afweerder van die aanval wees of die moontlike versoener van die teenstanders. In hierdie drama is dit Tommy Sobotker wat by Map stories aandra oor Blanchie se betrokkenheid by wit mans en haar aborsie. Tommy hou ook daarvan om skinderstories te vertel – en as sy storie moeilikheid veroorsaak, staan hy terug en sê hy steek nie sy neus in ander mense se sake nie.
DIE CAVERNELISSE Mister Cavernelis • Wil nie in daardie omgewing woon nie • Doen twee werke om van sy omstandighede te ontsnap. • Werk by poloniefabriek in die dag en in die aand ry hy rond met sy fiets en sy koffer agterop hy verkoop “soft goods” • Word baie gespot deur Cyril en Richie omdat hy uit die omgewing wil weg – hulle sê hy dink hy is beter as die res. • Hulle spot hom ook oor sy taalgebruik omdat sy Afrikaans anders as hulle s’n klink, Mr Cavernelis sê egter dat hy van die Boland kom, daarom klink hy anders • Ironie: pleeg selfmoord aan die einde en ontsnap nie uit die omgewing nie. Blanchie • Cavernelis se dogter • Baie mooi • Dit blyk dat mr Cavernelis Blanchie aangemoedig het om onder die dekmantel van modelwerk as prostituut te werk met wit mans as haar kliënte. • Het op skool met Map uitgegaan, maar haar pa het nie daarvan gehou nie. Het hom aanvanklik skelm in die tronk gaan besoek. • Noem hom regdeur drama Johnie, wat wys dat sy in sy onskuld glo. • Gedink sy gaan ‘n modelkontrak kry wat toe nie gebeur het nie sy en Maud het handgemeen geraak en Cavernelis die skuld vir alles gegee dit het tot sy selfmoord gelei. Maud • Cavernelis se tweede vrou. Sy kla omdat hy so min by die huis is. • Sy praat die meeste van die tyd Engels dink sy is beter as die ander mense van die omgewing. • Doen naaldwerk om geld in te bring. • Alewig in botsing/konflik met Cyril en Richie.
Cyril en Richie: • Werkloos • Sit op straat en kerrim speel die heeldag. • Soek nie eers werk nie. • Ons leer hul deur die oë van Maud ken – noem hul skorriemorries. • Hulle “moveer” vir Blanchie. • Tart vir Mr Cavernelis oor hy uit die omgewing wil wegkom, sy taalgebruik en die feit dat hy sy fiets aan die trappe vasketting. Apostel George: • Lekeprediker • Gereeld vir Map in tronk besoek. • Map het saam met hom gebid. • Map gelei tot bekering. • Dit het daartoe gelei dat Map Antie Grootmeisie om vergifnis gevra het vir die aand se gebeure. Willy la Guma • Het altyd sweetpak aan. • Fiksheidsfanatikus • Politieke kommentator – deur hom leer ons die omgewing ken – hy praat van “matchbox huisies en sementstrippies vir strate ens. • Vat Cyril en Richie aan omdat hullle niks in die lewe wil bereik nie.
RUIMTE Die term ruimte het te doen met die plek waar die drama afspeel. Die Kaapse Vlakte is die breër ruimte waarin die gebeure afspeel. Die townships is die meer spesifieke area. Vanaf 1966 is 60 000 gesinne uit Distrik Ses verwyder nadat die apartheidsregering hierdie gebied blank verklaar het. Oor ‘n periode van twaalf jaar het stootskrapers die huise en lewens van al hierdie mense platgestoot en net twee moskees het bly staan. Die Kaapse Vlakte verwys na 'n sanderige gebied wat vanaf die Kaapse Skiereiland na die binneland strek en die grootste gedeelte van die landengte tussen Tafelbaai en Valsbaai dek. Dit strek ongeveer tot teenaan Somerset Wes. Die N 2 loop deur die Kaapse Vlakte.
KAAPSE VLAKTE Dit is ‘n uitgestrekte, sanderige gebied ver van die middestad van Kaapstad en al sy infrastruktuur en geriewe. Daar is omtrent geen ontspanningsgeriewe nie. Die Kaapse Vlakte is kunsmatig geskep met die doel om die meer eksklusiewe areas rondom die middestad vir die wittes te reserveer. Die blokke en blokke grys woonstelle is kenmerkend van die Kaapse Vlakte. Die gebrek aan kleur en tuin en die alewige wind help om ‘n mistroostige omgewing te skep. In die drama word van “wasteland” gepraat. La Guma verwoord dit soos volg: “Never mind the match box houses, die sement strippies wat pass vir strate, never mind die busfares ennie trainfares wat julle moet betaal om te travel werk toe. ” Weer eens La Guma: “…kaal Cape Flats sand, hierso waar die South easter op sy worse waai. . Here where flowers an’ grass jus’ don’t grow. . ” Die Kaap is bekend vir sy suidooster en nêrens waai hy erger as op die Kaapse Vlakte nie – dit dra ook by tot die troostelose atmosfeer.
SENTRALE TEMA Die tema is die sentrale gedagte of betekenis van die drama. Die volgende gedagtes kan as sentrale temas in die drama uitgelig word: • Mense wat in ‘n uitsiglose bestaan vasgevang is se uitkoms is min. • In die mens se soeke na ‘n eie identiteit kan hy ontspoor. • Gedwonge rasseverskuiwings het verreikende gevolge vir die bruin gemeenskap gehad. MOTIEWE Daar is baie terugkerende motiewe in Krismis van Map Jacobs • Politieke/ maatskaplike milieu • Apartheid • Gedwonge verskuiwings • Misdaad/ bendegeweld/ armoede/werkloosheid • Godsdiens/ geloof en ongeloof, vergifnis, boetedoening.
INNERLIKE EN UITERLIKE KONFLIK Uiterlike konflik Innerlike konflik Dit is ‘n botsing tussen die karakters, maar dit kan ook die geweld, argumente en botsings tussen ‘n karakter en sy omgewing, omstandighede of die natuur wees. Dit is ‘n karakter se innerlike botsing van emosies, begeertes, drange, ambisies, ens. Karakters ervaar dit wanneer hulle moeilike besluite moet neem of voor keuses te staan kom. ü Maud wat alewig met Cyril en Richie ü Map worstel met die vraag of God hom baklei. werklik sal kan verander. ü Cyril en Richie wat met mr Cavernelis ü In toneel 9 voer hy ‘n monoloog – het hy skoorsoek. weer innerlike konflik, want hy is uit die ü Maud en Blanchie wat handgemeen raak tronk vrygelaat, maar kry nêrens werk nadat Blanchie nie die modelkontrak nie. Die oomblik as die mense hoor dat gekry het nie. hy ‘n misdaadrekord het, wil hul nie vir hom werk gee nie. ü Blanchie ervaar innerlike konflik nadat sy en Maud handgemeen geraak het en sy ervaar ‘n intense skuldgevoel omdat sy haar pa in die voorval met Maud beskuldig het dat alles sy skuld is.
Bron: LOK- simposium 2010 – opgestel deur Alta Nel
SIMBOLIEK EN DRAMATIESE IRONIE • Sewe jaar: Sewe is ‘n simboliese getal. Daar is die verskeie Bybelse konnotasies van sewe, onder meer as die volmaakte getal, wat moontlik impliseer dat Map met sy sewe jaar tronkstraf afsluit en nooit weer tronk toe sal gaan nie. • Sewende: Map is op die sewende van die maand vrygelaat. • Saxofoon (saksofoon): in die drama is dit die koning van instrumente – Map is ‘n goeie saksofoonspeler. Aan einde van drama klanke van saksofoon dui op antie Grootmeisie se vergifnis van Map Jacobs. • Map se wit klere: Wit simboliseer volgens die Christelike geloof reinheid, skoonwas van sonde. Map het met sy bekering wit klere aangetrek wat simboliseer dat hy nou skoongewas is van sy sonde. • Flats: simboliseer vir die gemeenskap duidelik al die onreg wat hulle deur die apartheidsregering aangedoen is. Beklemtoon ook dat hul vasgevang is in hul omstandighede. Dramatiese ironie: in ‘n drama word ironie bewerkstellig wanneer die gehoor die ironiese handeling snap en nie die oningeligte karakter(s) nie. In Krismis van Map Jacobs blyk Miriam salig onbewus te wees van die vrees wat die res van die karakters oor Map Jacobs het en dat hy in die tronk was.
TAALGEBRUIK Kaapse Afrikaans word ryklik in die drama gebruik. Hierdie variëteit van Afrikaans word gekenmerk deur die volgende verskynsels: Ø Die gebruik van “ge ” saam met Engelse woorde: “gechange” (bl. 15) Ø Die weglating van konsonante aan die einde van woorde: “vi” i. p. v. “vir” (bl. 20) Ø Die gebruik van Engelse woorde asof dit Afrikaans is: “social worker” (bl. 17) Ø ‘n Eiesoortige gebruik van woorde vir verwysings na dinge: “koppe” vir “bekers” (bl. 12) Ø Assimilasie kom besonder baie voor: “ammal” (bl. 14) Ø Ontronding: “hys” i. p. v. huis.
BRONNELYS Krimis van Map Jacobs skooluitgawe – notas opgestel deur Danie Steenkamp Afrikaans Huistaal Graad 12 – Elektroniese LOK gids/ onderwysersgids Saamgestel deur Steward van Wyk/ Sylvia H. Fourie LOKS simposium 2012 aangebied deur Alta Nel. Nasionale Senior Sertifikaatvraestelle 2009 2018.
- Slides: 34