2019 AFRIKAANS HOME LANGUAGE Welkom Vraestel 1 Begripslees
2019 AFRIKAANS HOME LANGUAGE Welkom
Vraestel 1 Begripslees, opsomming en taal
ALGEMENE KOMMENTAAR • 9767 kandidate het Vraestel 1 geskryf. • Die gemiddelde persentasie van 100 gerekordeerde skrifte is 54% teenoor 2017 se 52% (2% verbetering) • Afdeling A (Begripslees) verbeter met 6% (van 52 % tot 58%) • Afdeling B (Opsomming) verbeter met 7% • Afdeling C (Taal) verswak met 10% 3
ALGEMENE OPMERKINGS • Afdeling C Vraag 3 Advertensie : 49. 6% (2017: 38%) Vraag 4 Strokiesprent: 36. 9% (2017: 58%) Vraag 5 Artikel: 30. 1% (2017: 50%) Kandidate se algemene taalvaardigheid en sinskonstruksie bly ‘n groot rede tot kommer.
VRAAG 1 BEGRIPSLEES 5
§ VRAAG 1 BEGRIPSLEES Gemiddeld van 100 skrifte: 58% • Baie kandidate spel woorde wat in die teks voorkom verkeerd. (Byvoorbeeld: professionaliteit, kommunikasievaardighede, individue, ernstig, reputasie, Botox) 6
VRAAG 1 • Kandidate ken nie betekenis van die volgende woorde/ terminologie nie: ooreenstemmende sienswyse, geloofwaardige (1. 5), weerspreek (1. 10), outentieke (1. 13), afgunstige (1. 14), weerspreek (1. 10). • Antwoorde moet binne konteks van die teks gegee word. • Kandidate moenie engelse woorde in hulle antwoorde gee nie. (Bv. post iets op Facebook) 7
VRAAG 1 • Vraag 1. 5 Watter ooreenstemmende sienswyse huldig Fourie en Knoke? Motiveer jou antwoord? (2) - Baie kandidate het nie die tweede deel van die vraag beantwoord nie. • Kandidate sukkel met die beantwoording van vrae wat 3 punte tel. (1. 7)(1. 9)(1. 17) • Kandidate moet die dele van die vraag beantwoord in ‘n logiese volgorde soos dit 8 gevra is.
VRAAG 1 • Wanneer ‘n aanhaling gevra word moet die leestekens korrek aangehaal word. Die aanhaling moet woord vir woord korrek wees. Onthou jy, ons is mos van jongs af geleer om net onsself te wees? ”/ “ ’n Kameel hoef net ‘n kameel te wees…” (1. 17) • Kandidate moet nie die vraag in hulle antwoord herhaal nie. 9
VRAAG 1 • Visuele tekste moet onderrig word. Sien die vereistes in die KABV dokument • Kandidate moet hou by die vereiste aantal feite/ motiverings/ redes I Die puntetelling dui aan hoeveel feite gegee moet word. • Die vrae moet geanaliseer word. • Die instruksies van elke vraag moet uitgevoer word. • Die kernwoorde van die vraag moet 10 onderstreep word.
VRAAG 1 • Vereis die vraag een woord/ ‘n frase of ‘n sin as antwoord? • Moenie sinne met voegwoorde begin nie. • Moenie sinne met “om te…” begin nie. • Kritiese taalbewustheid en die lees van visuele tekste moet onderrig word. 11
VRAAG 2 OPSOMMING • Gemiddeld 67% 12
VRAAG 2 Instruksie: skryf in paragraafvorm. Trek die beplanning dood. Begin sinne met hoofletters. Woorde uit die teks word verkeerd gespel. Skryf volledige sinne. (Onderwerp en gesegde) • Gebruik punte aan die einde van sinne. • Kandidate skryf baie lang sinne met en. Skryf eerder sewe sinne. Een feit per sin. • • • 13
VRAAG 2 • Die aantal woorde wat gebruik is moet na die opsomming in hakies geskryf word. • Kandidate moet nie direk uit die teks aanhaal nie. 14
VRAAG 3 ADVERTENSIE • Gemiddeld: 49. 6% 15
VRAAG 3 ADVERTENSIE • Kandidate moet taalstrukture leer van gr. 8 tot gr. 12. • Hou die konteks in gedagte wanneer ‘n vraag beantwoord word. • Advertensietegnieke moet onderrig word. • Kritiese taalbewustheid bly ‘n uitdaging. • Kandidate sukkel met denotasie, konnotasie en geïmpliseerde betekenis. 16
VRAAG 4 STROKIESPRENT • Gemiddeld 36. 9% 17
VRAAG 4 STROKIESPRENT • Kandidate moes die werkwoord volledig benoem. (4. 1) • Onderrig geïmpliseerde betekenis. (4. 3) • Korrekte gebruik van die aksentteken: róói (4. 4) • Leerders moet geleer word hoe om visuele tekste te lees. Kyk na visuele leidrade. (4. 5) 18
VRAAG 4 STROKIESPRENT • Die korrekte gebruik van die komma saam met die voegwoord moet onderrig word: Jou regterflikkerlig is aan, maar jy draai links. (4. 6) • ‘n Aanhaling uit die teks moet 100% korrek wees om punte te verdien. “koop ek vir jou ook iets om te kou!” (4. 8) Die leestekens moet in die aanhaling wees. 19
VRAAG 5 ARTIKEL • Gemiddeld: 30% 20
VRAAG 5 ARTIKEL • Taalverskynsels moet onderrig word. kontaminasie: verloklike (5. 2) • Kandidate sukkel nog steeds met die lydende en die bedrywende vorm van die werkwoord. Bedrywende vorm: Dit kan jou kans op diabetes vergroot. Lydende vorm: Jou kans op diabetes kan daardeur vergroot word. 21
VRAAG 5 ARTIKEL • Leerders moet baie oefeninge doen om sinne oor te skryf in sowel die lydende as die bedrywende vorm. • Kandidate moet die leestekens by die direkte rede korrek gebruik. Piet Smit vra: ”Weet jy wat die effek op jou liggaam is? ” (5. 5) 22
VRAAG 5 ARTIKEL • Onderrig verlede deelwoorde : gevraagde (5. 6) • Ontkennende vorm : óf … óf nóg … nóg • Kandidate moet onderskei tussen bywoordelike bepalings/ bywoordelike bysinne en byvoeglike bepalings/ byvoeglike bysinne. (5. 8) 23
ALGEMEEN Kennis van die taalstrukture moet in graad 12 gekonsolideer word. Gebruik vorige jare se vraestelle om die vraagstelling met die leerders te bespreek. Skryf gereeld kort toetsies oor taalstrukture om die leerders se selfvertroue in die beantwoording van die vraestel te bou. 24
- Slides: 24