2019 Afrikaans First Additional Language Welcome Die lewe

  • Slides: 13
Download presentation
2019 Afrikaans First Additional Language Welcome

2019 Afrikaans First Additional Language Welcome

“Die lewe van ‘n ONDERWYSER begin wanneer jy besef dat jy altyd ‘n leerling

“Die lewe van ‘n ONDERWYSER begin wanneer jy besef dat jy altyd ‘n leerling is” – Benjamin Franklin

ALGEMEEN Dit is baie belangrik om te onthou dat die doel van die Road

ALGEMEEN Dit is baie belangrik om te onthou dat die doel van die Road Show is om te reflekteer oor die vorige jaar se eindeksamen. • Herinner kandidate daaraan dat slegs rofwerk in potlood gedoen word. Geen antwoorde in potlood word nagesien nie. Indien hulle vrae in potlood beantwoord, word dit beskou as ‘n onreëlmatigheid. • Nog ʼn baie groot probleem is leerlinge wat Tipp. Ex gebruik. Hulle mag nie Tipp. Ex gebruik nie; dit word ook beskou as ʼn onreëlmatigheid. Skerp dit asb. by die leerlinge in. • Kandidate moet onthou dat Afrikaans ‘n geheel is. Terminologie is nie net tot sekere afdelings beperk nie – wat hulle in letterkunde, stelwerk en taal leer, kan in enige van die vraestelle voorkom. Bv. die ellips en alliterasie.

AFDELING A: LEESBEGRIP • Kandidate moet nie by die Leesbegrip net klakkeloos aanhaal nie.

AFDELING A: LEESBEGRIP • Kandidate moet nie by die Leesbegrip net klakkeloos aanhaal nie. Daar word baie interpretasievrae gevra en ‘n aanhaling beantwoord dan nie die vraag nie. • n Groot probleem by die beantwoording van vrae is dat kandidate nie die nodige woordeskat het nie en hulle gebruik dus Engelse woorde. Baie van die kandidate sukkel steeds met die beantwoording van eie opinie-vrae. • Indien twee of meer redes bv. gevra word, word slegs die eerste twee nagesien. Kandidate moet daarteen waak om ‘n hele paragraaf aan te haal. Hulle moet ook nie koeëlpunte gebruik nie, want as die twee korrekte antwoorde in die eerste koeëlpunt is, kan hulle nie 2 punte kry nie.

AFDELING A: LEESBEGRIP (vervolg) • Kandidate lees steeds nie hul opdragte behoorlik nie. Wys

AFDELING A: LEESBEGRIP (vervolg) • Kandidate lees steeds nie hul opdragte behoorlik nie. Wys weer op die uitvoer van opdragte, bv. Gee EEN WOORD/DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE. • HAAL ‘n sin AAN. (ʼn Aanhaling moet 100% korrek wees. ) • Die kandidate het redelik goed gevaar in Teks A want dit was iets wat hulle verstaan het. • Stel kandidate bloot aan ‘n groot verskeidenheid tekste by Teks B, bv. koerantartikel, tydskrifartikel, resensie, ‘n program, ‘n rooster (bus/trein), tabel, grafiek, tydskrifvoorblad, spotprent, ens. Moenie in vraestelle vashaak by ‘n sekere patroon nie (bv. gee altyd ‘n grafiek by Teks B).

AFDELING A: LEESBEGRIP (vervolg) • Baie van die leerlinge het gesukkel om die spotprent

AFDELING A: LEESBEGRIP (vervolg) • Baie van die leerlinge het gesukkel om die spotprent te verstaan en hulle beperkte woordeskat het glad nie gehelp nie. Kandidate sukkel nogsteeds om lyftaal en gesigsuitdrukking in standaard Afrikaans te verduidelik. Hierdie aspekte moet met hulle ingeskerp word.

AFDELING B: OPSOMMING • Hierdie vraag is redelik goed beantwoord. • Kandidate moet geleer

AFDELING B: OPSOMMING • Hierdie vraag is redelik goed beantwoord. • Kandidate moet geleer word om die INSTRUKSIES te lees. Wat moet opgesom word? • Kandidate moet ook die tegnieke by die skryf van ‘n opsomming geleer word. • Kandidate moet blootgestel word aan verskillende formate tekste, bv. 1 paragraaf, 3 paragrawe, 7/8 paragrawe. • Stel kandidate ook bloot aan verskillende dinge wat hulle moet opsom, bv. die redes, wenke, stappe, dinge om te doen.

AFDELING B: OPSOMMING (vervolg) • Onthou kandidate moet in volsinne antwoord, m. a. w.

AFDELING B: OPSOMMING (vervolg) • Onthou kandidate moet in volsinne antwoord, m. a. w. daar moet ‘n hoofwerkwoord in die sin wees. Let daarop dat die infinitief nie ‘n gesegde is nie. • Verlede jaar het die kandidate wat 7 aanhalings geskryf het, beter punte gekry as die leerlinge wat hulle eie woorde gebruik het. • Kandidate dink “eie volsinne” beteken eie gedagtes. Kandidate moet ‘n opsomming maak van wat in die teks staan – nie wat hulle dink nie. • Party kandidate het bv. hulle eie redes gegee waarom ‘n gemeenskaptuin goed is i. p. v. om te verduidelik hoe om ‘n gemeenskaptuin te begin.

AFDELING C: TAAL • Probleme in hierdie vraag: • Kandidate ken nie die terminologie

AFDELING C: TAAL • Probleme in hierdie vraag: • Kandidate ken nie die terminologie van die taalafdeling nie – hulle gee dus verkeerde antwoorde, bv. vergrotende/ oortreffende trap in plaas van die intensiewe vorm, voorsetsels i. p. v. voornaamwoorde. • Wanneer kandidate die vergrotende trap gevra word, moet hulle slegs die korrekte woord neerskryf – nie “as” byvoeg. By die oortreffende trap mag hulle nie die woord “die” voor die oortreffende trap skryf nie. • Spelling: die intensiewe vorm moet EEN woord wees. Ook by samestellings moet die antwoord as EEN woord geskryf word.

AFDELING C: TAAL (vervolg) • As daar ‘n klein spasie/ of spasie tussen die

AFDELING C: TAAL (vervolg) • As daar ‘n klein spasie/ of spasie tussen die twee woorde is, kan ons onmiddellik sien dat die kandidate onseker is. Hier het kandidate onnodige punte verloor. • Lyftaal: Leer kandidate om na lyftaal te kyk en hoe om dit te interpreteer. • VISUELE GELETTERDHEID word deeglik getoets. Daar moet baie meer aandag in die vroeër grade (vanaf gr. 8) aan hierdie deel van die sillabus afgestaan word. • KRITIESE TAALBEWUSTHEID moet ook deeglik onderrig word.

AFDELING C: TAAL (vervolg) • Leer kandidate wat die verskil tussen ‘n leesteken en

AFDELING C: TAAL (vervolg) • Leer kandidate wat die verskil tussen ‘n leesteken en ‘n skryfteken is. Baie leerlinge het die gravis en akuutteken verkeerd geskryf en het dus die punt verloor. • Kandidate sukkel om geïmpliseerde betekenisse te verstaan en om dit in standaard Afrikaans uit te druk. Hierdie aspek moet ingeskerp word.

Navrae • Sidney M. Plaatjies 0813843485 (Hoofnasiener) • Caroline Pillay 0727828225 (Interne moderator) DANKIE!

Navrae • Sidney M. Plaatjies 0813843485 (Hoofnasiener) • Caroline Pillay 0727828225 (Interne moderator) DANKIE!